{"id":172531,"date":"2026-11-09T16:41:25","date_gmt":"2026-11-09T14:41:25","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=172531"},"modified":"2026-11-09T16:41:25","modified_gmt":"2026-11-09T14:41:25","slug":"2026-11-09to1700","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-11-09to1700\/","title":{"rendered":"2026-11-09TO17:00"},"content":{"rendered":"<p>Gesondheidministers van 16 lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap vergader vandeesweek in Durban om oplossings vir die streek se gesondheidsprobleme te vind. Een van die sleutelkwessies is om hul afhanklikheid te verminder van medisyne en entstowwe wat van buite die streek verkry word. Die samesprekings kom te midde van uitdagings soos die uitbreking van ebola in die Demokratiese Republiek die Kongo, klimaatverwante gesondheidsrisiko&#8217;s en onsekerheid oor die befondsing van MIV\/Vigs-programme. Die ministers sal na verwagting die gesamentlike verkryging van farmaseutiese produkte, verhoogde plaaslike produksie van noodsaaklike medisyne, en sterker oorgrens-siektetoesig oorweeg.<\/p>\n<p>Nege buitelandse burgers in hul twintigs is by OR Tambo Internasionale Lughawe en &#8216;n hotel in Bruma, in die ooste van Johannesburg, in hegtenis geneem. Hulle was glo van plan om Suid-Afrika te verlaat om deel te neem aan die Rusland-Oekra\u00efne-oorlog. Die woordvoerder van die Valke, Katlego Mogale, s\u00ea die verdagtes was besig om aan boord van vlugte te gaan toe hulle aangekeer is na &#8216;n gesamentlike operasie waarby verskeie plaaslike en internasionale wetstoepassingsagentskappe betrokke was. Die verdagtes verskyn binnekort in die Kempton Park-landdroshof.<\/p>\n<p>Onmin binne die MK-party-geledere het na vore gekom n\u00e1 die bekendmaking van verkiesingsuitslae gisteraand. Ontevrede lede het by Gandhi-plein in die Johannesburgse middestad byeengekom om hul kommer oor die party se interne prosesse uit te spreek. Die lede beskuldig die streeksleierskap van Ekurhuleni daarvan dat hulle nie party se riglyne gevolg het by die opstel van kandidaatlyste nie. Hulle het nou die nasionale leierskap gevra om in te gryp. Die ontevrede lede beweer dat sekere individue voortgaan om toesig oor die proses te hou, ondanks &#8216;n opdrag om die verkiesingstaakspan te ontbind.<\/p>\n<p>Twee mense is dood en nog tien beseer in &#8216;n botsing tussen &#8216;n taxi-minibus en &#8216;n vragmotor op die N12 in &#8216;n westelike rigting, net voor die Gillooly&#8217;s-wisselaar in Bedfordview in Ekurhuleni. Volgens die nooddienste was daar 12 mense, insluitend die bestuurder, in die minibus. Die twee oorledenes, &#8216;n man en &#8216;n vrou, was in die minibus vasgekeer en is op die toneel dood verklaar. Die beseerdes is na verskeie mediese fasiliteite vervoer.<\/p>\n<p>Die voorloper om die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers te lei wanneer die Demokrate in Januarie oorneem &#8211; Hakeem Jeffries &#8211; s\u00ea hy ondersteun die resolusie om die minister van verdediging, Peter Hegseth, in &#8216;n staat van beskuldiging te plaas. Hegseth word van verskeie oortredings beskuldig, insluitend die skending van die resolusie oor oorlogsmagte van 1973. Jeffries het aan die media ges\u00ea Hegseth het sy magte misbruik, nasionale veiligheid ondermyn, en &#8216;n roekelose en duur oorlog teen Iran begin. Dit het tot gevolg gehad dat die lewenskoste in Amerika die hoogte ingeskiet het, en die land minder veilig is.<\/p>\n<p>RUGBY: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het twee veranderinge aangebring aan die span wat Vrydagaand by die Stade de France in Parys teen Frankryk te staan sal kom. Die stut Wilco Louw skuif na die beginspan, en Thomas du Toit na die plaasvervangersbank. Grant Williams is uit die span gelaat, terwyl die skrumskakel, Cobus Reinach, ingesluit is op die bank. Die Bokke moet Frankryk klop om in die wedloop vir die Nasieskampioenskap te bly.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-172531","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1700","nuus_datum":"20261109"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/172531","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=172531"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=172531"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}