{"id":172532,"date":"2026-11-09T17:29:27","date_gmt":"2026-11-09T15:29:27","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=172532"},"modified":"2026-11-09T17:29:27","modified_gmt":"2026-11-09T15:29:27","slug":"2026-11-09to1800","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-11-09to1800\/","title":{"rendered":"2026-11-09TO18:00"},"content":{"rendered":"<p>Die moordbeskuldigde, Vusimuzi &#8216;Cat&#8217; Matlala, het die akkuraatheid van sy Artikel 204-be\u00ebdigde verklaring voor die Madlanga-kommissie betwis. Artikel 204 van die Strafproseswet bepaal dat &#8216;n getuie vrygestel kan word van vervolging vir oortredings wat in hul getuienis bekend gemaak is, onderhewig aan sekere voorwaardes. Volgens Matlala was lede van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie &#8211; Idac &#8211; betrokke by die opstel van die verklaring. Dit het volgens hom oordrywings en inligting bevat wat hy nie verskaf het nie. Hy beweer ook dat die ondersoekers &#8211; Dylan Perumal, Suneel Bellochun en Brian Padyachee &#8211; hom onder druk geplaas het om &#8216;n staatsgetuie te word &#8211; en hom gunstige behandeling aangebied het in ruil vir sy samewerking. Matlala het die bewerings gemaak terwyl hy gedeeltes van sy be\u00ebdigde verklaring tydens sy getuienis voor die Kommissie aangepas het.<\/p>\n<p>Gesondheidministers van 16 lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap vergader vandeesweek in Durban om oplossings vir die streek se gesondheidsprobleme te vind. Een van die sleutelkwessies is om hul afhanklikheid te verminder van medisyne en entstowwe wat van buite die streek verkry word. Die samesprekings kom te midde van uitdagings soos die uitbreking van ebola in die Demokratiese Republiek die Kongo, klimaatverwante gesondheidsrisiko&#8217;s en onsekerheid oor die befondsing van MIV\/Vigs-programme. Die ministers sal na verwagting die gesamentlike verkryging van farmaseutiese produkte, verhoogde plaaslike produksie van noodsaaklike medisyne, en sterker oorgrens-siektetoesig oorweeg.<\/p>\n<p>Die regering het &#8216;n beroep op nuut-verkose raadslede gedoen om hulle gemeenskappe met integriteit, aanspreeklikheid en deursigtigheid te dien. Volgens die regering behoort dienslewering, en die bou van veilige en inklusiewe gemeenskappe die fokus te wees n\u00e1 afloop van die plaaslike verkiesing. Gemeenskappe word ook gevra om saam te werk met hulle raadslede om plaaslike regerings te versterk. Die Verkiesingskommissie het die verkiesing as vry en regverdig verklaar. 540 partye en bykans 137-duisend kandidate het die verkiesings betwis.<\/p>\n<p>Twee mense is dood en nog tien beseer in &#8216;n botsing tussen &#8216;n taxi-minibus en &#8216;n vragmotor op die N12 in &#8216;n westelike rigting, net voor die Gillooly&#8217;s-wisselaar in Bedfordview in Ekurhuleni. Volgens die nooddienste was daar 12 mense, insluitend die bestuurder, in die minibus. Die twee oorledenes, &#8216;n man en &#8216;n vrou, was in die minibus vasgekeer en is op die toneel dood verklaar. Die beseerdes is na mediese fasiliteite vervoer.<\/p>\n<p>Rusland se bekendste onafhanklike koerant, Nowaja Gazeta, het sy laaste redaksionele vergadering gehou voordat hy sy deure gesluit het. N\u00e1 &#8216;n bestaan van meer as 30 jaar het die koerant uiteindelik geswig onder die volgehoue druk van die staat. Die medestigter van Nowaja Gazeta &#8211; Dmitri Moeratof &#8211; wat ook bekroon is met die Nobel-vredesprys, s\u00ea voorstanders van vrede in Rusland het nie die reg om te lees wat hulle wil nie. Die Kremlin het die koerant as &#8216;n buitelandse agent geklassifiseer. Volgens Steve Rosenberg van die BBC het die Gazeta lig gewerp op gevaarlike onderwerpe in Rusland soos korrupsie en menseregtevergrype. Ses joernaliste van die koerant is in sy bestaan vermoor.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-172532","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1800","nuus_datum":"20261109"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/172532","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=172532"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=172532"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}