{"id":172538,"date":"2026-11-09T21:00:26","date_gmt":"2026-11-09T19:00:26","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=172538"},"modified":"2026-11-09T19:47:05","modified_gmt":"2026-11-09T17:47:05","slug":"09-11-2026t2100","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/09-11-2026t2100\/","title":{"rendered":"09-11-2026T21:00"},"content":{"rendered":"<p>Die poging-tot-moord-beskuldigde Vusimuzi &#8216;Cat&#8217; Matlala het aan die Madlanga-kommissie ges\u00ea dat &#8216;n ontmoeting vir hom gere\u00ebls is met die destydse adjunkminister van Openbare Werke, Bernice Swarts. Volgens Matlala het &#8216;n bondgenoot van die voormalige nasionale adjunkpolisiekommissaris Shadrack Sibiya di\u00e9 vergadering gere\u00ebl. Hy s\u00ea die gesprek het gehandel oor moontlike toegang tot eiendomme van die departement van Openbare Werke vir gesondheidsgeriewe. Matlala ontken aantygings dat die verkryging van die polisiediens se hospitaal-leenooreenkoms bespreek is, wat volgens hom, toe reeds toegestaan was. Hy het voorts ges\u00ea dat daar geen betaling, gunste, of vergoeding bespreek is of aangebied is vir Swarts tydens die vergadering nie. Swarts is tans een van twee adjunkministers van Bosbou, Vissery en die Omgewing.<\/p>\n<p>Die borgtogaansoek van die Noordwes-sakeman Suliman Carrim is in die Musina-landdroshof in Limpopo voorbehou tot volgende Maandag. Carrim se borgtogaansoek is deur middel van &#8216;n be\u00ebdigde verklaring gedoen wat voorgelees is in die hof. Hy staan tereg op aanklagte van bedrog, poging tot motordiefstal en uitgifte. Volgens die senior staatsaanklaer Jan Krijt is Carrim &#8216;n vlugrisiko wat hom in enige land kan vestig indien borgtog toegestaan sou word. Volgens Krijt moet die probleme in ag geneem word wat Suid-Afrika die afgelope jare ondervind het om die Verenigde Arabiese Emirate sover te kry om verdagtes soos AJ Gupta uit te lewer. Krijt het ook aangevoer dat Carrim eiendomsbelange het wat hy nie in sy aansoek bekend gemaak het nie.<\/p>\n<p>Die saak teen tien mense wat in hegtenis geneem is nadat hulle stembriewe opgeskeur het in Douglas in die Noord-Kaap, is uitgestel tot m\u00f4re. Die tien staan tereg op oortreding van die kieswet. Hulle het tydens stemtellery by die Bongani-gemeenskapsaal nagenoeg honderd stembriewe opgeskeur en kiesbeamptes ge\u00efntimideer. Ontevrede partylede het na bewering die stemlokaal bestorm n\u00e1 &#8216;n geskil oor stembriewe. Die uitslae vir di\u00e9 wyk word teruggehou omdat die stemproses weer moet plaasvind.<\/p>\n<p>Die regering het &#8216;n beroep op nuut-verkose raadslede gedoen om hulle gemeenskappe met integriteit, aanspreeklikheid en deursigtigheid te dien. Volgens die regering behoort dienslewering, en die bou van veilige en inklusiewe gemeenskappe die fokus te wees n\u00e1 afloop van die plaaslike verkiesing. Gemeenskappe word ook gevra om saam te werk met hulle raadslede om plaaslike regerings te versterk. Die Verkiesingskommissie het die verkiesing as vry en regverdig verklaar. 540 partye en bykans 137-duisend kandidate het die verkiesings betwis.<\/p>\n<p>Die regering van Bangladesj het &#8216;n versoek van sy voormalige eerste minister Sheikh Hasina vir &#8216;n nuwe paspoort verwerp. Hasina is twee jaar gelede uit die kussings gelig tydens &#8216;n gewelddadige opstand en het uit die land gevlug. Die Bangladesjiese owerheid s\u00ea dat sy &#8216;n vlugteling is wat uitgelewer moet word deur Indi\u00eb. Daar bestaan &#8216;n uitleweringsooreenkoms tussen die buurlande en &#8216;n versoek in di\u00e9 verband word aan die Indiese regering gerig.<\/p>\n<p>Die luggehalte in die Indiese hoofstad, Delhi, het verder verswak n\u00e1 die viering van die Hindoe Fees van Ligte, Diwali. Inwoners het &#8216;n hofverbod op vuurwerk verontagsaam en tot laatnag klappers en vuurwerk geskiet. Vanoggend het &#8216;n giftige waas inwoners begroet. Die Indiese hooggeregshof het vroe\u00ebr vandeesmaand gelas dat slegs gesertifiseerde lae-besoedelingsvuurwerk gebruik mag word en slegs gedurende beperkte ure van die Diwali-naweek. Gedurende die noordelike halfrond se wintermaande is Delhi gehul in rookmis wat vererger word deur motors se uitlaatgas, rook van kap-en-brand-landbou en nywerheidsaktiwiteit.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-172538","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"2100","nuus_datum":"20261109"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/172538","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=172538"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=172538"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}