{"id":172539,"date":"2026-11-09T23:00:18","date_gmt":"2026-11-09T21:00:18","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=172539"},"modified":"2026-11-09T22:10:50","modified_gmt":"2026-11-09T20:10:50","slug":"09-11-2023t2300","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/09-11-2023t2300\/","title":{"rendered":"09-11-2023T23:00"},"content":{"rendered":"<p>Die moordbeskuldigde, Vusimuzi &#8216;Cat&#8217; Matlala, het die akkuraatheid van sy Artikel 204-be\u00ebdigde verklaring voor die Madlanga-kommissie betwis. Artikel 204 van die Strafproseswet bepaal dat &#8216;n getuie vrygestel kan word van vervolging vir oortredings wat in hul getuienis bekend gemaak is, onderhewig aan sekere voorwaardes. Volgens Matlala was lede van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie &#8211; Idac &#8211; betrokke by die opstel van die verklaring.<\/p>\n<p>Matlala het ook aan die Madlanga-kommissie ges\u00ea dat hy vergader het met die destydse adjunkminister van Openbare Werke, Bernice Swarts. Volgens Matlala het &#8216;n bondgenoot van die voormalige nasionale adjunkpolisiekommissaris Shadrack Sibiya di\u00e9 vergadering gere\u00ebl.<\/p>\n<p>Die borgtogaansoek van die Noordwes-sakeman Suliman Carrim is in die Musina-landdroshof in Limpopo voorbehou tot volgende Maandag. Carrim staan tereg op aanklagte van bedrog, poging tot motordiefstal en uitgifte. Volgens die staat is Carrim &#8216;n vlugrisiko en moet die probleme in ag geneem word wat Suid-Afrika die afgelope jare ondervind het om die Verenigde Arabiese Emirate sover te kry om verdagtes, soos AJ Gupta uit te lewer.<\/p>\n<p>Nege buitelandse burgers tussen die ouderdomme 20 en 26 jaar is by OR Tambo Internasionale Lughawe en &#8216;n hotel in Bruma, in die ooste van Johannesburg, in hegtenis geneem oor &#8216;n beweerde poging om Suid-Afrika te verlaat om deel te neem aan die Rusland-Oekra\u00efne-oorlog. Die verdagtes verskyn binnekort in die Kempton Park-landdroshof op aanklagte dat hulle die Wet op die Regulering van Buitelandse Milit\u00eare Bystand oortree het.<\/p>\n<p>Gesondheidministers van 16 lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap vergader vandeesweek in Durban om oplossings vir die streek se gesondheidsprobleme te vind. Een van die sleutelkwessies is om minder afhanklik te word van medisyne en entstof van buite die streek. Die samesprekings kom te midde van uitdagings soos die uitbreking van ebola in die Demokratiese Republiek die Kongo, klimaatverwante gesondheidsrisiko&#8217;s en onsekerheid oor die befondsing van MIV\/Vigs-programme.<\/p>\n<p>BUITELANDSE NUUS: Die waarskynlike leier van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers wanneer die Demokrate in Januarie oorneem &#8211; Hakeem Jeffries &#8211; s\u00ea hy ondersteun die resolusie om die minister van verdediging, Pete Hegseth, in &#8216;n staat van beskuldiging te plaas. Jeffries het ges\u00ea Hegseth het sy magte misbruik, nasionale veiligheid ondermyn, en &#8216;n roekelose en duur oorlog teen Iran begin.<\/p>\n<p>RUGBY: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het twee veranderinge aangebring vir die span wat Vrydagaand vir Frankryk in Parys pak. Die stut Wilco Louw skuif na die beginspan, en Thomas du Toit na die plaasvervangersbank. Grant Williams is weggelaat, terwyl die skrumskakel, Cobus Reinach, ingesluit is op die bank.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-172539","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"2300","nuus_datum":"20261109"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/172539","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=172539"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=172539"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}