{"id":131054,"date":"2025-12-25T13:00:00","date_gmt":"2025-12-25T13:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/nuus-artikels\/n-wonderwerk-vir-kersfees-deur-riana-scheepers\/"},"modified":"2025-12-25T13:00:00","modified_gmt":"2025-12-25T13:00:00","slug":"n-wonderwerk-vir-kersfees-deur-riana-scheepers","status":"publish","type":"podcast-clips","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooisnitte\/n-wonderwerk-vir-kersfees-deur-riana-scheepers\/","title":{"rendered":"&#8216;N WONDERWERK VIR KERSFEES deur Riana Scheepers"},"content":{"rendered":"<p>Die \u201cwonderwerk\u201d in hierdie drama is gebasseer op &#8216;n werklike gebeurtenis. Dit het regtig so gebeur dat tannie Bettie Nysschen, &#8216;n bekende en geliefde figuur van buite Wildernis, haar huisdeur se sleutel gebruik het om haar bakkie oop te sluit en weg te ry nadat haar huis aan die brand geslaan het. (Egter nie tydens Kersfees nie.) Die res van die gebeure en karakters is fiktief. Tannie Sara is \u2019n weduwee, Sy bedryf \u2018n padwinkel wat groente, vrugte, tuisgemaakte produkte, melk en eiers verkoop. Wilhelm, haar seun, help haar op die plot. Sy ideaal is om eendag sy ma te ondersteun. Hy is begaafd en wil graag gaan studeer met die bietjie geld wat hy en sy ma bymekaar kon maak. Marie is Sara se dogter, en hoog swanger. Wilhelm het nie een goeie woord vir sy suster en haar k\u00earel, Chrisjan nie. Chrisjan identifiseer homself as \u2018n profeet wat gedurig die Woord voorhou as sy morele kompas. Hy sien \u2018n eienaardige ooreenkoms tussen Marie se swangerskap en di\u00e9 van Maria met die geboorte van Jesus. Hy en Marie is nie getroud nie, maar onderneem om die kind groot te maak asof hy die Messias is. Dis Oukersdag, \u2018n boom word versier, kerse word aangesteek, en \u2018n feesmaal word voorberei vir die klein Barnard-gesin en Chrisjan. Die karakters wens elk vir hulle eie wonderwerk, en dit is die katalisator wat \u2018n wonderwerk vir almal laat gebeur. Vir sommiges goed en vir ander minder goed.Die spelers is Joanie Combrink, Mariechen Vosloo, Anrich Herbst, Dean Balie en Rolanda Marais. Johan Rademan is die regisseur.<\/p>\n","protected":false},"featured_media":0,"template":"","meta":{"_acf_changed":false,"podcast-clip-id":"5e2ec81d-5150-4887-b140-ad440183c1a2","podcast-id":"94f9c8bf-d6b7-4f8e-af0a-ad440125bf01","podcast-name":"'N WONDERWERK VIR KERSFEES deur Riana Scheepers","title":"radioteater","podcast-description":"Die \u201cwonderwerk\u201d in hierdie drama is gebasseer op 'n werklike gebeurtenis. Dit het regtig so gebeur dat tannie Bettie Nysschen, 'n bekende en geliefde figuur van buite Wildernis, haar huisdeur se sleutel gebruik het om haar bakkie oop te sluit en weg te ry nadat haar huis aan die brand geslaan het. (Egter nie tydens Kersfees nie.) Die res van die gebeure en karakters is fiktief. Tannie Sara is \u2019n weduwee, Sy bedryf \u2018n padwinkel wat groente, vrugte, tuisgemaakte produkte, melk en eiers verkoop. Wilhelm, haar seun, help haar op die plot. Sy ideaal is om eendag sy ma te ondersteun. Hy is begaafd en wil graag gaan studeer met die bietjie geld wat hy en sy ma bymekaar kon maak. Marie is Sara se dogter, en hoog swanger. Wilhelm het nie een goeie woord vir sy suster en haar k\u00earel, Chrisjan nie. Chrisjan identifiseer homself as \u2018n profeet wat gedurig die Woord voorhou as sy morele kompas. Hy sien \u2018n eienaardige ooreenkoms tussen Marie se swangerskap en di\u00e9 van Maria met die geboorte van Jesus. Hy en Marie is nie getroud nie, maar onderneem om die kind groot te maak asof hy die Messias is. Dis Oukersdag, \u2018n boom word versier, kerse word aangesteek, en \u2018n feesmaal word voorberei vir die klein Barnard-gesin en Chrisjan. Die karakters wens elk vir hulle eie wonderwerk, en dit is die katalisator wat \u2018n wonderwerk vir almal laat gebeur. Vir sommiges goed en vir ander minder goed.Die spelers is Joanie Combrink, Mariechen Vosloo, Anrich Herbst, Dean Balie en Rolanda Marais. Johan Rademan is die regisseur.","audio-url":"https:\/\/traffic.omny.fm\/d\/clips\/8f7208d2-db6e-4bfa-85b5-ad3d00776f1f\/b1f7d9a2-0013-4376-8e84-ad440125befc\/5e2ec81d-5150-4887-b140-ad440183c1a2\/audio.mp3?in_playlist=94f9c8bf-d6b7-4f8e-af0a-ad440125bf01","image-url":"https:\/\/www.omnycontent.com\/d\/clips\/8f7208d2-db6e-4bfa-85b5-ad3d00776f1f\/b1f7d9a2-0013-4376-8e84-ad440125befc\/5e2ec81d-5150-4887-b140-ad440183c1a2\/image.jpg?t=1623454309&in_playlist=94f9c8bf-d6b7-4f8e-af0a-ad440125bf01&size=Medium","published-url":"https:\/\/omny.fm\/shows\/radioteater\/n-wonderwerk-vir-kersfees-deur-riana-scheepers","duration":"54:11","published-state":"Published","published-date":"2025-12-25T13:00:00Z","highlight":""},"class_list":["post-131054","podcast-clips","type-podcast-clips","status-publish","hentry"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/podcast-clips\/131054","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/podcast-clips"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/podcast-clips"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=131054"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}