{"id":134451,"date":"2026-02-09T17:04:31","date_gmt":"2026-02-09T15:04:31","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/vloekwoorde-verslawing-en-flieks-wat-die-lagspiere-lawe-in-ons-nuwe-dokumentere-reeks\/"},"modified":"2026-02-09T17:04:31","modified_gmt":"2026-02-09T15:04:31","slug":"vloekwoorde-verslawing-en-flieks-wat-die-lagspiere-lawe-in-ons-nuwe-dokumentere-reeks","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/vloekwoorde-verslawing-en-flieks-wat-die-lagspiere-lawe-in-ons-nuwe-dokumentere-reeks\/","title":{"rendered":"Donderdagaand:  Dokument\u00ear oor ons w\u00eareldklas-sportfotograaf Roger Sedres"},"content":{"rendered":"<p class=\"wp-block-paragraph\">Die volgende dokument\u00eare is geskeduleer:<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>19 Februarie: W\u00eareldklas-sportfotograaf sonder aansit: die storie van Roger Sedres<\/strong><br \/>\nDie veelbekroonde<strong> Roger Sedres<\/strong> se foto\u2019s is w\u00eareldbekend. Haidee Muller-Isaacs gaan kuier op Donderdag 19 Februarie by di\u00e9 fotograaf van Gordonsbaai wat magiese momente deur sportsterre soos Chad le Clos en Wayde van Niekerk vasgevang het. Talle van die bekende Springbokrugbyspelers is reeds op skool deur Sedres op film verewig, lank voordat hulle roem verwerf het.<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Met verskeie Olimpiese Spele en \u00a0ander internasionale sportbyeenkomste agter die blad, het Roger baie belangrike oomblikke in Suid-Afrikaanse sportgeskiedenis vasgevang. Hy is tans Team SA se amptelike sportfotograaf.<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Roger het ikoniese foto\u2019s geneem van Suid-Afrikaanse sportsterre soos Chad le Clos en Wayde van Niekerk by die Olimpiese Spele en ander groot sportbyeenkomste. In 2025 het hy die Sport Visual Journalist of the Year-toekenning by die Suid-Afrikaanse Sporttoekennings gewen en hy het in 2022 ook die Fotograaf van die Jaar-toekenning ontvang.<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Roger word wyd beskryf as nederig, passievol en professioneel, en is toegewyd om ander se stories met respek en empatie te vertel. Hy het \u2018n opregte liefde vir wat hy doen en sy foto\u2019s gaan nie oor sensasie nie, maar oor die oomblik en die mense daaragter.<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie dokument\u00ear gee \u2018n nader kykie oor Sedres se loopbaan, sy benadering tot sportfotografie en die rol wat sy unieke foto\u2019s speel in hoe sport gesien en onthou word.<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>26 Februarie<\/strong><br \/>\nOp Donderdag 26 Februarie volg Kobus Rudolph se <strong><em>Waar is Luitenant Mielie Meiring?<\/em><\/strong> Die dokument\u00ear volg \u2019n 2018-toer van veterane van die 61 gemeganiseerde bataljon na Angola, waar hulle n\u00e1 dekades se trauma en onverwerkte herinneringe weer die slagvelde van hul jeug besoek. \u2019n Kernfokus is die emosionele soektog na lt. Mielie Meiring se ratel-pantservoertuig, wat in 1988 vernietig is.<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Onderhoude met oud-soldate, kundiges en beraders toon die diep pyn, verliese en behoefte aan afsluiting. die uiteindelike ontdekking van die ratel bring groot ontlading en herinnering vir die veterane, terwyl \u2019n gesprek met Meiring se moeder in Australi\u00eb \u2019n aangrypende blik bied op die blywende impak van haar seun se dood op die gesin.<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>5 Maart<\/strong><em><br \/>\n<strong>Vryloop is toe glad nie vry<\/strong><\/em> op Donderdag 5 Maart is \u2018n diepte-ondersoek deur Martelize Brink waarin sy kyk na wat \u201cvryloop\u201d en \u201corganies\u201d werklik beteken, aangesien produkte dikwels nie die ho\u00eb standaarde haal wat die etikette impliseer nie. Kenners, wetenskaplikes, regeringsamptenare en boere soos Farmer Angus word geraadpleeg om te verduidelik hoe hierdie terme gereguleer word, hoekom dit duurder is en of dit gesonder is.<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>12 Maart<\/strong><br \/>\nVloek perfeksioniste meer as mense vir wie die lewe maar net altyd \u2018n lied is? Vloek mans meer as vroue? Gebruik sommige mense vloekwoorde as \u2018n manier om sosiaal aanvaarbaar te wees, en ander dit onbewustelik om tameletjies in die lewe beter te probeer hanteer? Wat presies gebeur in ons breine wanneer ons vloek? Kan vloek pyn- en stresverligting bring &#8211; maar m\u00e9\u00e9r so vir mense wat nie gereeld vloek nie? Hoekom is vloek so taboe? En is daar ook kragwoorde in Die Bybel?<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In <em><strong>O Vloek! Om te swets of nie<\/strong>,<\/em>\u00a0 gaan krap Este de Klerk op Donderdag 12 Maart om 20:00 so klein bietjie dieper. Sy praat met \u2018n taalkundige, \u2018n sielkundige, \u2018n afgetrede dominee, \u2018n skrywer, en iemand wat, nou ja, toevallig bekend geword het omdat sy \u2018n vloekwoord ges\u00ea het.<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>19 Maart<\/strong><br \/>\nJaco de Waal gaan loer op Donderdag 19 Maart <strong><em>In die skadu van verslawing<\/em>.<\/strong> Hy vra \u2013 watter rol speel skaamte (\u201cshame\u201d) in die tentakels van \u2018n magdom verslawings. Wat maak dat mense nie eetversteurings of alkoholisme kan oorkom nie. En watter rol speel emosies?<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>26 Maart<\/strong><br \/>\nDie bekroonde dokument\u00earmaker Christelle van Tonder sluit die seisoen af met <strong><em>Lagspore: \u2019n Reis van 75 jaar deur komedie<\/em><\/strong>, op Donderdag 26 Maart. Leon Schuster se 75 jaar in die komediebedryf getuig van \u2019n loopbaan waarin hy oor dekades miljoene Suid-Afrikaners laat lag het met sy flieks, verborge-kamera-poetse, radiowerk en musiek. Die dokkie fokus op Leon asook komedie in die algemeen. Die dokument\u00ear fokus op Leon asook komedie in die algemeen. (Nie \u2018n profiel dokkie)<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir meer inligting besoek rsg.co.za.<\/p>\n<table>\n<tbody>\n<tr>\n<td colspan=\"3\" width=\"433\"><strong>Dokument\u00eare Seisoen JAN \u2013 MAART 2026<\/strong><\/td>\n<td width=\"168\"><strong>\u00a0<\/strong><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"130\"><strong>Uitsaaidatum<\/strong><\/td>\n<td width=\"147\"><strong>Aanbieder<\/strong><\/td>\n<td width=\"156\"><strong>Onderwerp<\/strong><\/td>\n<td width=\"168\"><strong>Beskrywing<\/strong><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"130\"><strong>\u00a0<\/strong><\/td>\n<td width=\"147\"><strong>\u00a0<\/strong><\/td>\n<td width=\"156\"><strong>\u00a0<\/strong><\/td>\n<td width=\"168\"><strong>\u00a0<\/strong><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"130\">1 Jan<\/td>\n<td width=\"147\">Argief &#8211; Mariska Spoormaker<\/td>\n<td width=\"156\">Argief &#8211; Die baai se hondeman<\/td>\n<td width=\"168\">Port Elizabeth se hondeman Johnson Ndlakuza.<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"130\">8 Jan<\/td>\n<td width=\"147\">Argief \u2013 Heindrich Wyngaard<\/td>\n<td width=\"156\">Adam en Jakes: gespreksgenote in en oor Afrikaans<\/td>\n<td width=\"168\">Die digter-filosoof, Adam Small, en die letterkundige en UWK-rektor,Jakes Gerwel, se rolle as Afrikaanse ikone word belig.<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"130\">15 Jan<\/td>\n<td width=\"147\">Argief &#8211; Johan Rademan<\/td>\n<td width=\"156\">Argief &#8211; Oom Hannes Coetzee: lepel en snaar<\/td>\n<td width=\"168\">Oom Hannes Coetzee het die verbeelding van menige Suid-Afrikaner aangegryp met sy unieke optel-en-knyp kitaarspeelstyl.<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"130\">22 Jan<\/td>\n<td width=\"147\">Flip loots<\/td>\n<td width=\"156\">Reuse wat rekords laat spat<\/td>\n<td width=\"168\">Dit is die verhaal van enkele van die G<em>uinness book of records<\/em> se\u00a0 w\u00eareldrekordhouers.<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"130\">29 Jan<\/td>\n<td width=\"147\">Wihann Nel<\/td>\n<td width=\"156\"><\/td>\n<td width=\"168\">Ons neem luisteraars op \u2019n klankgedrewe reis deur die ontwikkeling van Afrikaanse musiekkonserte in Suid-Afrika.<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"130\">5 Feb<\/td>\n<td width=\"147\">Geen dokkie<\/td>\n<td width=\"156\">SONA<\/td>\n<td width=\"168\"><\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"130\">12 Feb<\/td>\n<td width=\"147\">Tharien<\/td>\n<td width=\"156\">Het ons nog groen vingers?<\/td>\n<td width=\"168\">Ons kyk na kwekerye in die algemeen.<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"130\">19 Feb<\/td>\n<td width=\"147\">Haidee<\/td>\n<td width=\"156\">Roger Sedres se lens laat sport skitter<\/td>\n<td width=\"168\">Profiel dokument\u00ear\u00a0oor die bekende fotograaf Roger Sedres.<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"130\">26 Feb<\/td>\n<td width=\"147\">Kobus Rudolph<\/td>\n<td width=\"156\">Waar is Luitenant Mielie Meiring?<\/td>\n<td width=\"168\">Ons volg \u2019n 2018-toer van veterane van die 61 gemeganiseerde bataljon na Angola, waar hulle n\u00e1 dekades se trauma en onverwerkte herinneringe weer die slagvelde van hul jeug besoek.<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"130\">5 Maart<\/td>\n<td width=\"147\">Martelize Brink<\/td>\n<td width=\"156\">Vryloop is toe glad nie vry<\/td>\n<td width=\"168\">Beteken \u201cvryloop\u201d en \u201corganies\u201d werklik wat verbruikers dink dit beteken?<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"130\">12 Maart<\/td>\n<td width=\"147\">Est\u00e9<\/td>\n<td width=\"156\">O Vloek! Om te swets of nie<\/td>\n<td width=\"168\">Este de Klerk krap so klein bietjie dieper oor hoekom mense vloek.<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"130\">19 Maart<\/td>\n<td width=\"147\">Jaco de Waal<\/td>\n<td width=\"156\">In die skadu van verslawing<\/td>\n<td width=\"168\">Wat is die rol van skaamte\u00a0 in alle tipes verslawing?<\/td>\n<\/tr>\n<tr>\n<td width=\"130\">26 Maart<\/td>\n<td width=\"147\">Christelle van Tonder<\/td>\n<td width=\"156\">Lagspore: \u2019n Reis van 75 jaar deur komedie<\/td>\n<td width=\"168\">Ons fokus op Leon Schuster asook komedie in die algemeen.<\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Reeds Uitgesaai:<\/h2>\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>1 Januarie 2026<\/strong><br \/>\nOp Nuwejaarsdag om 20:00 vertel Mariska Spoormaker in die argiefdokument\u00ear <strong><em>Die Baai se hondeman<\/em><\/strong> van Johnson Ndlakuza, \u2018n pamperlanger wat al vir sowat \u2018n halfeeu lank na die honde in Gqeberha omsien. Johnson is al diep in sy sewentig en \u2018n entrepreneur wat verseker dat die Baai se vierpotiges perfekte tande en toonnaels het.<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis eintlik jammer dat honde nie kan praat nie, want as d\u00edt die geval was, sou Port Elizabeth se honde jou alles van Johnson Ndlakuza, hulle pamperlanger, kan vertel. hy gee al nagenoeg 50 jaar lank baie baaise honde alles wat hulle nodig het om pure perfekte hond van toonnael tot tand te lyk. en dis ook nie sommer enigiemand wat al diep in sy sewentigs soos &#8216;n entrepreneur in &#8216;n noodsituasie sal kan dink nie. mariska spoormaker het tydens drie huisbesoeke oor johnson se skouer geloer.<br \/>\n<a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/rsg-dokument-r\/die-baai-se-hondeman-deur-mariska-spoormaker\">https:\/\/omny.fm\/shows\/rsg-dokument-r\/die-baai-se-hondeman-deur-mariska-spoormaker<\/a><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>8 Januarie<\/strong><br \/>\nOp 8 Januarie is Heindrich Wyngaard se <strong><em>Adam en Jakes: Gespreksgenote in en oor Afrikaans<\/em> <\/strong>weer uitgesaai, waarin die lewens en nalatenskap van die digter-filosoof Adam Small en die letterkundige en voormalige UWK-rektor Jakes Gerwel belig.<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gerwel sou in 2026 sy tagtigste verjaardag gevier het.<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In hierdie dokument\u00ear gesels die digter Antjie Krog, die musikant Frazer Barry en die teoloog Allan Boesak oor hierdie twee merkwaardige mense se erflatings.<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Luister hier na die gesprek:<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/rsg-dokument-r\/adam-en-jakes-gespreksgenote-in-en-oor-afrikaans-d\">https:\/\/omny.fm\/shows\/rsg-dokument-r\/adam-en-jakes-gespreksgenote-in-en-oor-afrikaans-d<\/a><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>15 Januarie<\/strong><em><br \/>\n<strong>Oom Hannes Coetzee: Met lepel en snaar<\/strong><\/em> op Donderdag 15 Januarie om 20:00 is Johan Rademan se kykie na hierdie musikant wat gehore w\u00eareldwyd bekoor het met sy \u201coptel-en-knyp-kitaarstyl\u201d. Hy was in David Kramer se veelbekroonde verhoogproduksie <em>Karoo Kitaar Blues<\/em> te sien en het selfs in Amerika meestersklasse in sy spesiale talent aangebied. Kom luister saam hoe oom Hannes met \u2018n lepel kitaar speel in hierdie argief-dokument\u00ear.<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Oom Hannes Coetzee het die verbeelding van menige Suid-Afrikaner aangegryp met sy unieke optel-en-knyp kitaarspeelstyl. Hy het in Amerika selfs meestersklasse aangebied by &#8216;n glykitaar-byeenkoms. die unieke lepel-en-snaar metode is ongekend in die w\u00eareld. Wat min mense egter weet is dat hy ongeletterd is en nie kan lees of skryf nie. Hierdie program is &#8216;n laaste poging van RSG om iets te verewig uit &#8216;n geslag plaaswerkers wat ontneem is van skoling en blootstelling omdat die swerwersbestaan so uitdagend was. Troostelose en droefgeestige w\u00earelde word dikwels opgehef deur kuns en musiek, en dit is wat Hannes Coetzee gered het van totale vergeteldheid.<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/rsg-dokument-r\/oom-hannes-coetzee-lepel-en-snaar-deur-johan-radem\">https:\/\/omny.fm\/shows\/rsg-dokument-r\/oom-hannes-coetzee-lepel-en-snaar-deur-johan-radem<\/a><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>22 Januarie<\/strong><br \/>\nDr. Flip Loots gaan op Donderdag 22 Januarie om 20:00 kyk na die mense wat jaarliks in die Guinness Book of World Records opgeneem word. Wie is hierdie eietydse helde, vra Loots in <strong><em>Reuse wat die rekords laat spat<\/em>.<\/strong><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die prestasies van entrepreneur Billy Cowley en haarkapper Andr\u00e9 Green het hulle elk twee Guinness Book of Records laat behaal. Billy het eers 420 g Marmite binne een uur ge\u00ebet, en toe \u2018n kar vol kankerstrikkies geplak. Andr\u00e9 het eers binne 24 uur die meeste vroue se hare gesny, en toe onderwater die meeste vroue se hare binne een uur gesny.<br \/>\n<a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/rsg-dokument-r\/reuse-wat-rekords-laat-spat-deur-flip-loots\">https:\/\/omny.fm\/shows\/rsg-dokument-r\/reuse-wat-rekords-laat-spat-deur-flip-loots<\/a><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>29 Januarie<\/strong><em><br \/>\n<strong>Agter die musiek \u2013 Van Skouspel tot Groot<\/strong><\/em> is \u2018n dokument\u00ear deur Wihann Nel wat luisteraars op \u2018n klankgedrewe reis deur die ontwikkeling van Afrikaanse musiekkonserte gaan neem. Die program, wat op Donderdag 29 Januarie om 20:00 uitgesaai word, ondersoek hoe hierdie groot produksies nie net kunstenaars se loopbane gevorm het nie, maar ook \u2019n hele kultuur van saamwees, trots en emosie rondom Afrikaanse musiek geskep het. Dit bevat onderhoude, argiefmateriaal en persoonlike stories oor hierdie \u201chardklop van Afrikaans\u201d.<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/rsg-dokument-r\/agter-die-musiek-van-skouspel-tot-groot-deur-wihann-nel\">https:\/\/omny.fm\/shows\/rsg-dokument-r\/agter-die-musiek-van-skouspel-tot-groot-deur-wihann-nel<\/a><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>5 Februarie<\/strong><br \/>\nOp Donderdag 5 Februarie om 20:00 sluit luisteraars by Tharien Oosthuizen aan vir<strong><em> Het ons nog groen vingers?<\/em>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Het ons nog groen vingers in \u2019n w\u00eareld van beton, skerms en gejaagde lewens?<br \/>\nIn die RSG-dokument\u00ear <em>Het ons nog groen vingers<\/em> neem Tharien Oosthuizen luisteraars op \u2019n insiggewende reis deur tuine, kwekerye en die mense wat steeds glo aan die krag van groei, al is dit net in \u2019n pot op \u2019n stoep.<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die dokument\u00ear ondersoek hoe tuinmaak veel meer is as net \u2019n stokperdjie. Dit word \u2019n vorm van terapie: \u2019n manier om stres te verlig, emosionele balans te herstel en weer aan te sluit by iets lewend en tasbaar. Van ervare kwekerywerkers tot alledaagse mense met \u2019n liefde vir plante, elke stem dra by tot die vraag: wat doen groen met die mens se gemoed?<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Met praktiese wenke vir tuinmaak in beperkte ruimtes, en \u2019n fokus op die waarde van plaaslike kwekerye as bronne van kennis en gemeenskap, herinner hierdie dokument\u00ear ons daaraan dat groei soms stadig is \u2014 maar altyd betekenisvol.<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gaste wat aan die program deelneem is die kliniese sielkundige, Dr Wilmien Human, Kobus de Villiers, mede-eienaar van Sterlig kwekery, Petrus Mohlomi, werksaam by Sterlig kwekry, Linda Greyling, Hoof van Tegniese Ondersteuning by Kelpak en Nikky Knuijf wat tuinmaak as stokperdjie bedryf.<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Fotos:\u00a0 Cara Oosthuizen<\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/rsg-dokument-r\/het-ons-nog-groen-vingers-deur-tharien-oosthuizen\">https:\/\/omny.fm\/shows\/rsg-dokument-r\/het-ons-nog-groen-vingers-deur-tharien-oosthuizen<\/a><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die volgende dokument\u00eare is geskeduleer: 19 Februarie: W\u00eareldklas-sportfotograaf sonder aansit: die storie van Roger Sedres Die veelbekroonde Roger Sedres se foto\u2019s is w\u00eareldbekend. Haidee Muller-Isaacs gaan kuier op Donderdag 19 Februarie by di\u00e9 fotograaf van Gordonsbaai wat magiese momente deur sportsterre soos Chad le Clos en Wayde van Niekerk vasgevang het. Talle van die bekende [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":22,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-134451","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-1"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/134451","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/users\/22"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=134451"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/134451\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=134451"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=134451"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=134451"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}