{"id":139006,"date":"2026-04-20T09:00:53","date_gmt":"2026-04-20T07:00:53","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=recipes&#038;p=139006"},"modified":"2026-04-17T15:00:04","modified_gmt":"2026-04-17T13:00:04","slug":"surita-se-groenboontjiebredie-met-n-slaai","status":"publish","type":"recipes","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/resepte\/surita-se-groenboontjiebredie-met-n-slaai\/","title":{"rendered":"Surita se groenboontjiebredie met \u2018n slaai"},"content":{"rendered":"","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Surita se groenboontjiebredie met \u2018n slaai","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/Surita-bredie.jpeg","synopsis":"<p>Bedien 4 - 6 persone<\/p>\n","ingredients":"<p>1 kg stowe lamsvleis (lam- of skaapskenkels, bladtjops of skaapnek)<br \/>\n2 eetlepels olie van jou keuse<br \/>\n500 g gesnyde groenboontjies<br \/>\n6 aartappels, in kwarte gesny<br \/>\n1 groenerige tamatie (tamatie moenie ryp wees nie)<br \/>\n2 groot uie, grofweg opgekap<br \/>\n5 naeltjies<br \/>\n3 lourierblare<br \/>\n5 heel wonderpeperkorrels (Allspice)<br \/>\n5 ml (1 teelepel) fyn koljander<br \/>\nSap van \u2018n halwe suurlemoen<br \/>\nwitpeper<br \/>\nsout na smaak<br \/>\nknippie neutmuskaat<\/p>\n<p><strong>Uie-en-komkommerslaai<br \/>\n<\/strong>1 groot ui, in dun ringe gesny<br \/>\n1 medium komkommer<br \/>\n3 eetlepels bruinasyn<br \/>\n1 eetlepel suiker<br \/>\nsout en witpeper na smaak<br \/>\n1 klein rissie, fyn opgesny (opsioneel)<\/p>\n","recipe":"<p>Verhit die olie in \u2019n diep pot, en braai die uie, naeltjies, lourierblare en wonderpeperkorrels tot die uie sag en deurskynend is.<br \/>\nVoeg die vleis en koljander by, plaas die deksel op en kook tot die vleis verbruin en amper aan bodem van die pot vassit. Dit moenie aanbrand nie.<br \/>\nVoeg \u2018n bietjie warm water by en skraap die vleis en uie van die bodem van pot af.<br \/>\nKook vir omgeveer 30 minute.<br \/>\nVoeg die boontjies en tamatie by, en laat dit stadig prut oor lae hitte vir 30 minute tot die boontjies en vleis sag is.<br \/>\nVoeg die aartappels by, en kook tot heeltemal sag.<br \/>\nSkakel die plaat af.<br \/>\nGeur die bredie met sout en peper, wn roer versigtig deur sodat die aartappels nie breek nie.<br \/>\nStrooi \u2018n knippie neutmuskaat oor en drup die suurlemoensap by.<br \/>\nLaat dit vir minstens \u2018n uur staan voordat jy opskep. Die bredie smaak selfs lekkerder as dit die volgende dag ge\u00ebet word.<br \/>\nBedien met rys en beetslaai of \u2018n eenvoudige uie-en-komkommerslaai.<\/p>\n<p><strong>Uie-en-komkommerslaai<br \/>\n<\/strong>Bedek die uie met kookwater, en laat dit daarin l\u00ea vir 10 minute.<br \/>\nSpoel dit goed af in koue water, en druk droog met kombuispapier.<br \/>\nRasper die komkommer met skil en al, en druk meeste van die water uit.<br \/>\nPlaas dit saam met uie in \u2019n glasbak.<br \/>\nVoeg die asyn, suiker, sout, witpeper en rissie by.<br \/>\nMeng alles goed saam.<\/p>\n<p><strong>Wenke<\/strong><br \/>\nRasper 1 aartappel, en voeg dit in die pot wanneer jy die vleis by die uie voeg. Dit sal sag kook en aan die bredie \u2018n natuurlike dik sous gee. Op hierdie manier hoef jy nie van souse en verdikkingsmiddels gebruik te maak nie. Hierdie souse bevat preserveermiddels en onnodige ekstra sout en ander poeiers wat soms die smaak van die bredie heeltemal verander.<br \/>\nBredies is nie iets wat jy vinning kan maak nie. Dit moet verkieslik langsaam kook vir beste smaak en geur.<\/p>\n","gallery":[],"video":"","3rd-party-content":"","contributor":"Surita Riffel"},"recipe-category":[345,347],"resepte-kategorie":[],"class_list":["post-139006","recipes","type-recipes","status-publish","hentry","recipe-category-hoofgereg","recipe-category-slaai"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/recipes\/139006","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/recipes"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/recipes"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=139006"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=139006"}],"wp:term":[{"taxonomy":"recipe-category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/recipe-category?post=139006"},{"taxonomy":"resepte-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/resepte-kategorie?post=139006"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}