{"id":167367,"date":"2026-08-24T09:00:12","date_gmt":"2026-08-24T07:00:12","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=recipes&#038;p=167367"},"modified":"2026-08-22T09:18:34","modified_gmt":"2026-08-22T07:18:34","slug":"surita-se-romerige-hoender-met-n-botterskorsie-en-aartappelbolaag","status":"publish","type":"recipes","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/resepte\/surita-se-romerige-hoender-met-n-botterskorsie-en-aartappelbolaag\/","title":{"rendered":"Surita se romerige hoender met \u2019n botterskorsie- en aartappelbolaag"},"content":{"rendered":"","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Surita se romerige hoender met \u2019n botterskorsie- en aartappelbolaag","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Surita-se-romerige-hoender-.jpg","synopsis":"<p>\u2019n Heerlike, romerige huisgereg met sagte hoender, soet botterskorsie en geurige aartappelbolaag. Dis die soort kos wat jou aan \u2019n warm kombuis, \u2019n vol tafel en goeie geselskap laat dink.<\/p>\n","ingredients":"<p><strong>Vulsel<br \/>\n<\/strong>400 g hoenderfilette, in repe gesny<br \/>\nsout en vars gemaalde swartpeper, na smaak<br \/>\n3 vet knoffelhuisies, fyngekap<br \/>\nfyn gerasperde skil van 1 suurlemoen<br \/>\n2 eetlepels vars pietersielie, fyngekap<br \/>\n2 uie, opgesny<br \/>\n1 soetrissie, opgekap<br \/>\n1 eetlepel botter of margarien<br \/>\n1 eetlepel koekmeel<br \/>\n\u00bd koppie melk, plus \u2019n bietjie ekstra indien nodig<\/p>\n<p><strong>Bolaag<br \/>\n<\/strong>4 aartappels, geskil<br \/>\n400 g botterskorsie<br \/>\n3 \u2013 4 heel knoffelhuisies<br \/>\n3 takkies vars tiemie, of 5 ml dro\u00eb tiemie<br \/>\n1 eetlepel botter of margarien<br \/>\n\u00bc koppie (60 ml) melk<br \/>\nsout en peper, na smaak<\/p>\n","recipe":"<p><strong>Die hoender<br \/>\n<\/strong>Verhit \u2019n bietjie olie in \u2019n groot pan, en braai die uie en soetrissie totdat dit sag en geurig is. Voeg die hoenderrepies by en braai oor lae hitte vir ongeveer 15 minute, of totdat die hoender gaar is.<br \/>\nVoeg die knoffel by, gevolg deur die koekmeel en botter.<br \/>\nRoer goed.<br \/>\nVoeg die melk geleidelik by terwyl jy roer. Laat dit saggies prut totdat \u2019n heerlike romerige sous vorm. Die sous moet lekker dik en romerig wees \u2013 nie loperig nie. Voeg \u2019n klein bietjie ekstra melk by indien nodig.<br \/>\nGeur met die vars pietersielie, suurlemoenskil, sout en peper.<br \/>\nSkep die romerige hoendermengsel in \u2019n gesmeerde oondbak en versprei dit eweredig.<\/p>\n<p><strong>Die bolaag<br \/>\n<\/strong>Plaas die aartappels, botterskorsie, heel knoffelhuisies en tiemie in \u2019n kastrol.<br \/>\nBedek met water en kook totdat die groente sag genoeg is om fyn te druk.<br \/>\nDreineer die groente en verwyder die tiemietakkies.<br \/>\nPlaas dit terug in die pot en maak seker daar is geen vloeistof in die pot nie.<br \/>\nDruk die aartappels en botterskorsie, tesame met die knoffel, fyn en geur met die botter\/margarien.<br \/>\nVoeg die melk bietjie-vir-bietjie by. Die groente moet sag en fyn gedruk wees, maar nie pap nie - gebruik dus nie baie melk nie.<br \/>\nSkep die mengsel versigtig bo-op die hoender en smeer dit liggies gelyk. Vir \u2019n meer rustieke voorkoms kan jy die bokant met die agterkant van \u2019n lepel effens grof laat.<br \/>\nBak in \u2019n voorverhitte oond teen 170 \u00b0C vir ongeveer 20 minute, of totdat die gereg deurwarm is en die bolaag liggies goudbruin begin verkleur.<br \/>\nSprinkel tiemieblaartjies bo-op vir ekstra geur.<br \/>\nBedien met geurige wit rys soos jasmyn of basmati, maar gewone rys sal net so lekker wees, asook enige ander gestoomde groente.<\/p>\n<p><strong>Wenke<br \/>\n<\/strong>Ek hou daarvan om die knoffel saam met die aartappels en botterskorsie te kook. Wanneer dit sag is, druk ek dit sommer saam met die groente fyn. Dit gee die bolaag daardie sagte, geroosterde knoffelgeur sonder dat dit oorweldigend is.<br \/>\nVir \u2019n ekstra bietjie goue heerlikheid kan jy \u2019n handvol gerasperde kaas oor die bolaag strooi voordat dit oond toe gaan.<\/p>\n","gallery":[],"video":"","3rd-party-content":"","contributor":"Surita Riffel"},"recipe-category":[345],"resepte-kategorie":[],"class_list":["post-167367","recipes","type-recipes","status-publish","hentry","recipe-category-hoofgereg"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/recipes\/167367","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/recipes"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/recipes"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=167367"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=167367"}],"wp:term":[{"taxonomy":"recipe-category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/recipe-category?post=167367"},{"taxonomy":"resepte-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/resepte-kategorie?post=167367"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}