{"id":169330,"date":"2026-09-14T09:31:30","date_gmt":"2026-09-14T07:31:30","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=recipes&#038;p=169330"},"modified":"2026-09-14T09:31:30","modified_gmt":"2026-09-14T07:31:30","slug":"lentehoender-met-geurige-pastarys","status":"publish","type":"recipes","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/resepte\/lentehoender-met-geurige-pastarys\/","title":{"rendered":"Lentehoender met geurige pastarys"},"content":{"rendered":"","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Lentehoender met geurige pastarys","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Lentehoender-met-geurige-pastarys.jpg","synopsis":"<p>\u2019n Heerlike, kleurvolle eenpotgereg waarin sagte hoender, soet preie, suurlemoen en romerige pastarys bymekaarkom. Die gestoomde groente gee die gereg \u2019n vars, ligte aanslag, terwyl die feta en vars pietersielie dit daardie ekstra iets gee.<\/p>\n","ingredients":"<p><strong>Vir die hoender<br \/>\n<\/strong>6 hoenderstukke<br \/>\nsout en vars gemaalde swartpeper<br \/>\nbraaispeserye van jou keuse<br \/>\nolie, vir braai<br \/>\n4 preie, in ringe gesny (3 medium uie kan ook gebruik word)<br \/>\n3 knoffelhuisies, fyngekap of gerasper<br \/>\nsap en fyngerasperde skil van \u00bd suurlemoen<br \/>\n1 skeut witwyn (opsioneel)<br \/>\n1 handvol vars pietersielie, fyngekap<br \/>\n\u00bd - 1 koppie room<br \/>\ngekrummelde feta, vir afronding (opsioneel)<\/p>\n<p><strong>Vir die pastarys en groente<br \/>\n<\/strong>1 koppie pastarys (risoni)<br \/>\n600 g roerbraaigroente van jou keuse<br \/>\n5 ml sout, vir die pastarys se kookwater<\/p>\n","recipe":"<p>Geur die hoenderstukke goed met sout, peper en jou gunsteling braaispeserye.<br \/>\nVerhit \u2019n bietjie olie in \u2019n groot pan en braai die hoenderstukke oor matige hitte tot goudbruin aan albei kante - ongeveer 15 minute.<br \/>\nHaal die hoender uit die pan en hou eenkant.<br \/>\nPlaas die preie of uie in dieselfde pan en braai stadig tot sag en deurskynend.<br \/>\nVoeg die knoffel by en braai dit vir \u2019n minuut of twee saam.<br \/>\nGeur liggies met sout en peper.<br \/>\nPlaas die hoenderstukke terug in die pan, bo-op die uie.<br \/>\nVoeg die suurlemoensap en \u2019n klein bietjie water by - net genoeg om te keer dat die hoender of uie aan die bodem vassit.<br \/>\nDie uie moet sag en lig van kleur bly en nie verbruin nie, aangesien dit die kleur en voorkoms van die gereg sal verander.<br \/>\nVoeg die witwyn by indien jy dit gebruik.<br \/>\nBedek, en laat die hoender ongeveer 30 minute oor lae hitte stadig prut en gaar word.<br \/>\nVerwyder die pan van die hitte en hou eenkant.<br \/>\nKook die risonirys volgens die aanwysings op die verpakking. Ek kook dit gewoonlik in kokende water met ongeveer 5 ml sout vir sowat 12 minute.<br \/>\nDreineer die pastarys goed, maar moenie dit onder koue water afspoel nie. Hou dit in die pot waarin dit gekook het.<br \/>\nStoom intussen die roerbraaigroente in \u2019n vergietes oor \u2019n pot kokende water totdat dit net sag genoeg is, maar steeds \u2019n bietjie byt behou.<br \/>\nSkep die gaar pastarys by die hoender-en-uiemengsel.<br \/>\nRoer dit baie versigtig deur sodat die hoenderstukke heel bly.<br \/>\nGeur weer met sout, peper en \u2019n bietjie braaispeserye indien nodig.<br \/>\nGiet die room oor die hoender en pastarys, bedek die pan en laat dit vir ongeveer 5 minute baie sag prut. Die room moet net warm word en die geure mooi laat saamsmelt - moenie dit hard laat kook nie.<\/p>\n<p><strong>Om voor te sit<br \/>\n<\/strong>Skep die romerige hoender en pastarys op \u2019n groot opdienbord.<br \/>\nRangskik die gestoomde groente bo-oor en rond af met \u2019n ruim strooisel gekrummelde feta, vars gekapte pietersielie en die fyn gerasperde suurlemoenskil.<\/p>\n<p><strong>Wenk<br \/>\n<\/strong>Moenie bang wees om die suurlemoen te gebruik nie. Die vars suurlemoengeur sny deur die romerigheid en bring die hele gereg mooi in balans. Soos met baie van my kos, is dit \u2019n gereg wat jy maklik jou eie kan maak - gebruik groente wat in seisoen is en waarvan jy hou.<\/p>\n","gallery":[],"video":"","3rd-party-content":"","contributor":"Surita Riffel"},"recipe-category":[345],"resepte-kategorie":[],"class_list":["post-169330","recipes","type-recipes","status-publish","hentry","recipe-category-hoofgereg"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/recipes\/169330","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/recipes"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/recipes"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=169330"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=169330"}],"wp:term":[{"taxonomy":"recipe-category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/recipe-category?post=169330"},{"taxonomy":"resepte-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/resepte-kategorie?post=169330"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}