{"id":117905,"date":"2025-07-21T10:33:44","date_gmt":"2025-07-21T08:33:44","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/luister-weer-na-die-dokumener-oor-woutrine-theron\/"},"modified":"2025-08-03T11:15:26","modified_gmt":"2025-08-03T09:15:26","slug":"luister-weer-na-die-dokumener-oor-woutrine-theron","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/luister-weer-na-die-dokumener-oor-woutrine-theron\/","title":{"rendered":"Luister weer na die dokument\u00ear oor Woutrine Theron"},"content":{"rendered":"<p>Luister weer na\u00a0<em>Veelsydige vakmeester \u2013 \u2018n profieldokument\u00ear oor Woutrine Theron,<\/em> saamgestel deur Ina Strydom.<\/p>\n<p><strong>\u00a0Agtergrond-inligting<\/strong><\/p>\n<p>Die land het Woutrine Theron leer ken as <em>Grieta<\/em> in die televisiereeks Nommer Asseblief, wat in 1979 uitgesaai is. Maar haar loopbaan het heelwat vroe\u00ebr begin by die destydse Kruik, n\u00e1 haar dramastudies op Stellenbosch. Sy was toe ook reeds \u2018n gereelde speler in radiodramas, en het in verskeie rolprente opgetree. Maar televisie het \u2018n nader soort bekendheid gebring: skielik was hulle weeklikse gaste in mense se sitkamers.<\/p>\n<p>Woutrine het egter \u2018n \u00e1nder pad begin loop \u2013 di\u00e9 van dramadosent aan die destydse Pretoria Technikon, vandag die Tshwane Universiteit van Tegnologie. Vir 30 jaar het sy die lewens en loopbane van jongmense geslyp, mense wat van die land se bekendste akteurs en teatermakers geword het.<\/p>\n<p>Sy het hulle die praktiese \u00a0vaardighede geleer wat in die teaterbedryf benodig word \u2013 maar ook die lewensvaardighede om in di\u00e9 moeilike bedryf te oorleef en te floreer. Sy het hulle geleer van dissipline, en harde werk, en selfkennis; en dat \u2018n rol jou nie definieer nie.<\/p>\n<p>Maar Woutrine het ook verder in die bedryf bel\u00ea deur die Nasionale Toneelkompetisie vir ho\u00ebrskoolleerlinge op die been te bring, en vir die eerste dekade van die kompetisie se bestaan, dit self bestuur. Die kompetisie leef vandag voort in die gedaante van die Proscenium-toneelkompetisie vir ho\u00ebrskoolleerlinge.\u00a0 Sy tree steeds as beoordelaar op vir verskeie dramakompetisies.<\/p>\n<p>Wanneer die geleentheid hom voorgedoen het, soos tydens \u2018n tydperk van sabbatsverlof, het Woutrine die kans aangegryp om televisierolle te vertolk. Sy was onder meer te sien as Sussie, Bertie se vriendin, in Franz Marx se Egoli, en \u2018n meisie uit Garies wat in Hilda van Sewende Laan se slaai kom krap het.\u00a0 Sy het ook reeds twee boeke agter haar naam. Sy het \u2018n eenvrou-vertoning geskep oor die werk van die Audrey Blignault wat twee jaar by die Woordfees opgevoer is en ook in 2016 tydens die RSG-Kunstefees uitgesaai is.<\/p>\n<p>Woutrine het verlede jaar 80 geword; \u2018n jeugdige, vrolike 80. Sy het nog vanjaar in \u2018n rolprent en in \u2018n televisiereeks gespeel, en sy beoog nog \u2018n boek, en \u2018n eenvroustuk.<\/p>\n<p>Jare gelede op universiteit moes sy kies tussen Liggaamlike Opvoedkunde \u2013 sy het immers op ho\u00ebrskool provinsiale kleure in drie sportsoorte gekry \u2013 en Drama. Gelukkig het sy Drama gekies. En dit is waarskynlik nie ongegrond om te s\u00ea dat Woutrine Theron een van die invloedrykste mense in die land se teaterbedryf was die afgelope halfeeu nie.<\/p>\n<h2><a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/omny\/veelsydige-vakmeester-woutrine-theron-deur-ina-strydom\/\">VEELSYDIGE VAKMEESTER: WOUTRINE THERON deur Ina Strydom<\/a><\/h2>\n<p>Aktrise, dosent, skrywer, teaterbeoordelaar, en stigter van die Nasionale Toneelkompetisie is maar net v\u00e1n die beskrywings wat van Woutrine Theron gegee kan word. Sy het algemene bekendheid verwerf as Grieta in die destydse televisiereeks, Nommer Asseblief; was vir 30 jaar as dosent verbonde aan die destydse Pretoria Technikon, vandag TUT, en het twee boeke op haar kerfstok. Sy het verlede jaar 80 geword, en beplan om nog \u2018n boek te skryf en om weer \u2018n stuk op die verhoog, haar voorkeurmedium, te doen. Ina Strydom belig enkele van die vele aspekte van haar loopbaan.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"open","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Luister weer na die dokument\u00ear oor Woutrine Theron","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/whatsapp-image-2025-07-09-at-16.13.59-scaled-1.jpeg","short-description":"Luister weer na\u00a0<em>Veelsydige vakmeester \u2013 \u2018n profieldokument\u00ear oor Woutrine Theron,<\/em> saamgestel deur Ina Strydom.\r\n\r\n","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/whatsapp-image-2025-07-09-at-16.13.59-scaled-1.jpeg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[403],"class_list":["post-117905","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","rsg-nou-kategorie-dokumentere"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/117905","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=117905"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/117905\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":118055,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/117905\/revisions\/118055"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media\/107790"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=117905"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=117905"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}