{"id":117916,"date":"2025-07-24T13:18:18","date_gmt":"2025-07-24T11:18:18","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/luister-donderdagaand-na-n-dokumenter-oor-geslagsgeweld\/"},"modified":"2025-08-11T12:50:31","modified_gmt":"2025-08-11T10:50:31","slug":"luister-donderdagaand-na-n-dokumenter-oor-geslagsgeweld","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/luister-donderdagaand-na-n-dokumenter-oor-geslagsgeweld\/","title":{"rendered":"Luister weer na \u2018n dokument\u00ear oor geslagsgeweld"},"content":{"rendered":"<p>Luister weer na die dokument\u00ear \u00a0<em>Agter Geslote Deure, <\/em>saamgestel deur Heindrich Wyngaard.<\/p>\n<h2><a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/omny\/agter-geslote-deure-deur-heindrich-wyngaard\/\">AGTER GESLOTE DEURE deur Heindrich Wyngaard<\/a><\/h2>\n<p>Die pandemie van geslagsgeweld in Suid-Afrika word in hierdie dokument\u00ear deur Heindrich Wyngaard ondersoek. Heindrich waarsku dat van die vertellings moontlik sensitiewe luisteraars mag pla, maar hy s\u00ea dit was nodig om dit in te sluit sodat die harde werklikheid van geslagsgeweld deur die luisteraars ervaar kan word. Hy hoop dit sal luisteraars \u2013 veral mans \u2013 tot aksie dryf.<\/p>\n<p><strong>Agtergrond-inligting<\/strong><\/p>\n<p>\u201cDit was \u2018n behoorlike uitdaging om as \u2018n man die tema van geslagsgeweld, oftewel GBV, aan te pak,\u201d s\u00ea Heindrich Wyngaard, wat sorg vir hierdie week se RSG-dokument\u00ear. \u201cEk moes regdeur ook my eie idees en vooroordele of gebrek aan bepaalde sensitiwiteite in ag neem en bid dat ek wyser anderkant sou uitkom.\u201d<\/p>\n<p>Heindrich s\u00ea die titel van die dokument\u00ear, \u201cAgter Geslote Deure\u201d, gee \u2018n aanduiding van hoedat geslagsgeweld in die meeste gevalle in die geheim plaasvind. Wat dit ook na die oppervlak bring, as \u2018n mens na deelnemers se insette luister, is die verskynsel dat daar in die algemeen nie sommer hieroor uitgepraat word deur slagoffers of hul nabye familie of vriende nie.<\/p>\n<p>\u201cStilswye oor wat lank reeds \u2018n epidemie of pandemie genoem word, is een van die opvallende kenmerke van hoe geslagsgeweld deur ons samelewing gehanteer word,\u201d s\u00ea Heindrich.<\/p>\n<p>In die dokument\u00ear word die stilte egter verbreek.<\/p>\n<p>Heindrich het besluit om met die deur in die huis te val deur die dokument\u00ear in te lei met die verhaal van \u2018n GBV-oorlewende, Lena Lombaard van Worcester. Haar verhaal word in die soort detail vertel waarteen sensitiewe luisteraars gewaarsku moet word, maan Heindrich, \u201cmaar ek dink tog as \u2018n mens haar woorde sou versag of uitdoof, sal dit ondermynend wees teenoor die graad van mishandeling wat sy moes verduur\u201d.<\/p>\n<p>Die ander deelnemers \u2013 almal vroue, met die uitsondering van een \u2013 is op een of ander wyse by die bevegting van geslagsgeweld betrokke.<\/p>\n<p>Hulle is dr. Marlene le Roux, hoof van die KunsteKaap-teater; die regsgeleerde Maryna Marengo-Barnard; die GBV-aktivis Tanya Bippert, politieke wetenskaplike prof. Amanda Gouws en die operasanger Lynelle Kenned. Ook Kenned se verhaal is volgens Heindrich \u201cdiep aangrypend en slaan nogal hard\u201d.<\/p>\n<p>Die joernalis en skrywer Julian Jansen praat spesifiek in die dokument\u00ear oor \u201cmislukkings in die stelsel\u201d wat hy in die navorsing vir sy onlangs-gepubliseerde boek, <em>Die dood van Deveney Nel<\/em>, waargeneem het.<\/p>\n<p>Dit was Kenned wat Heindrich aan die \u201ctemalied\u201d vir die dokument\u00ear bekend gestel het: anders as die bekende Gloria Gaynor-treffer \u201cI will survive\u201d, vind Kenned groter aanklank by Laura Mvula se \u201cFather, Father\u201d, het sy hom vertel. Teenoor Heindrich het sy ook verduidelik dat die lied vir haar klink \u201csoos \u2018n kerkgesang amper\u201d met lirieke wat herinner aan \u2018n hunkering of \u2018n \u201cpleitroep\u201d oor verlore intimiteit tussen, byvoorbeeld, \u2018n pa en dogter.<\/p>\n<p>Heindrich s\u00ea hy wil spesifiek op manlike luisteraars \u2018n beroep doen om na die dokument\u00ear te luister en hy hoop dat sal gesprekke oor GBV onderling onder mans aanvuur.<\/p>\n<p>\u201cOns staan in die beskuldigde bank. Ons hande drup van die bloed,\u201d s\u00ea hy. \u201cNou is dit tyd dat ons rol moet verander \u2013 ons wat rolmodelle is vir jong seuns \u2013 deur onder mekaar oor GBV te begin praat en tesame met vroue aan oplossings te werk.\u201d<\/p>\n<p>In die algemeen is Heindrich se wens dat luisteraars \u2013 nadat hulle na die dokument\u00ear geluister het &#8211; hulself sal afvra, soos die RSG-bekende Amore Bekker in reaksie op Bettina Wyngaard se boek <em>Onverskrokke vroue \u2013 Uitdagings en oorwinnings van Bybelse tye tot vandag<\/em> gedoen het. \u201cAmore se vraag in die flapteks was: \u2018Nou dat ons dit alles weet, wat gaan ons doen?\u2019 en ek wil dit persoonlik maak: \u201cWat gaan JY doen?\u201d<\/p>\n<p>Heindrich was voorheen aanbieder op Monitor, Spektrum, Kommentaar en Praat Saam. Tussen Januarie en Maart vanjaar het hy \u2018n tweede aflewering van die gewilde musiekreeks \u201cToe Ons Sterre Was\u201d aangebied. In September verlede jaar het hy ook vir RSG \u2018n dokument\u00ear vervaardig oor die Zephany Nurse-verhaal. Luister hier daarna: <a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/omny\/op-soek-na-levona-die-zephany-nurse-verhaal-deur-heindrich-wyngaard\/\">https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/omny\/op-soek-na-levona-die-zephany-nurse-verhaal-deur-heindrich-wyngaard\/<\/a><\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"open","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Luister weer na \u2018n dokument\u00ear oor geslagsgeweld","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/LEADING-LADY.jpg","short-description":"Luister weer na die dokument\u00ear \u00a0<em>Agter Geslote Deure, <\/em>saamgestel deur Heindrich Wyngaard.\r\n\r\n\r\n","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/LEADING-LADY.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[],"class_list":["post-117916","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","has-post-thumbnail","hentry"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/117916","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=117916"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/117916\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":118036,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/117916\/revisions\/118036"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media\/87654"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=117916"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=117916"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}