{"id":117928,"date":"2025-08-01T07:30:39","date_gmt":"2025-08-01T05:30:39","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/n-liefdesgeskiedenis-ons-nuwe-middagvervolgverhaal-uit-die-argief\/"},"modified":"2025-08-13T13:57:37","modified_gmt":"2025-08-13T11:57:37","slug":"n-liefdesgeskiedenis-ons-nuwe-middagvervolgverhaal-uit-die-argief","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/n-liefdesgeskiedenis-ons-nuwe-middagvervolgverhaal-uit-die-argief\/","title":{"rendered":"\u2018n Liefdesgeskiedenis &#8211; ons &#8216;nuwe&#8217; middagvervolgverhaal uit die argief"},"content":{"rendered":"<p><em>\u2018n Liefdesgeskiedenis<\/em> is ons volgende middagvervolgverhaal.<\/p>\n<p>Luisteraars kan vanaf Maandag 4 Augustus, weeksdae om 14:45 inskakel vir \u2018n verhaal vol romantiese intrige. Luister weeksdae om 14:45 in op RSG, of aanlyn by rsg.co.za, na <em>\u2018n Liefdesgeskiedenis<\/em> deur Cor Nortj\u00e9 (1938 \u2013 2020), met regie deur Margot Luyt (1984 \u2013 2021) en Joanie Combrink. \u00a0Die episodes is ook na afloop van die uitsending op potgooi en Spotify beskikbaar<\/p>\n<p>Di\u00e9 argiefopname is \u2018n juweel uit die ryk geskiedenis van radiovervolgverhale in Afrikaans. Dit is ook \u2018n huldeblyk aan die groot geeste wat die weg gebaan het vir vervolgverhale om vandag nog te floreer.<\/p>\n<p>Die regie van die 2008-opname is aanvanklik deur Margot Luyt behartig terwyl Joanie Combrink as regisseur opgelei is. Combrink het later die regie van die reeks oorgeneem. Luyt, wat vanaf 1978 by radio en televisie betrokke was, het \u2018n groot rol gespeel in menige spelers en regisseurs se loopbane.<\/p>\n<p><em>\u2018n Liefdesgeskiedenis<\/em> is geskryf deur Cor Nortj\u00e9. Nortj\u00e9 het diep spore getrap in radio sowel as televisie. Hy was ook \u2018n \u00a0gerekende radiodramaskrywer. Erika Terblanche skryf in \u2018n artikel op LitNet dat Nortj\u00e9 vanaf 1968 tot 1972 Organiseerder: Afrikaanse radiodrama was. Sy skryfloopbaan het \u00a0radio- en televisiewerk ingesluit, en hy het verskeie boeke op sy kerfstok gehad. Hy het ook Regte studeer en is in 1985 as prokureur toegelaat. Die vervolgverhaal, <em>\u2018n Liefdesgeskiedenis,<\/em> is \u00a0die eerste keer in 1979 op Radio Suid-Afrika uitgesaai.<\/p>\n<p>Pieter van Zyl, een van die spelers in <em>\u2018n Liefdesgeskiedenis<\/em>, onthou oor die eerste opnames in 2008: \u201cMet die aanvang van die opnames het ek gesukkel om die regte aanslag te vind vir Louis Klopper Junior, die karakter wat ek vertolk het. Daar was &#8216;n effense gestremde, maar mooi en onskuldige kwaliteit aan hom. Margot Luyt, wat die regie van die eerste episodes behartig het, het vir my ges\u00ea daar is &#8216;n spesifieke gesigsuitdrukking wat hierdie karakter het. Ek herroep dit n\u00e1 al die jare nog so goed toe sy deur die glasvenster van die regiekamer aan haar voorkop, tussen haar o\u00eb raak en s\u00ea : &#8220;Pieter, jy gaan hom hier kry&#8221;. Ek het onmiddellik verstaan wat sy bedoel.<\/p>\n<p>By \u00a0nabetragting was ek weereens verstom deur die allesomvattende kwaliteit van radiowerk &#8211; dat selfs &#8216;n fisieke kenmerk in die stem (en dus in luisteraars se verbeelding) gestalte kry.\u201d<\/p>\n<p><strong>Die storie en karakters<\/strong><br \/>\nDie storie handel oor \u2018n skrywer, Louis Klopper, wat n\u00e1 twaalf jaar weer terugkeer huis toe vir \u2018n nuwe avontuur as draaiboekskrywer.<\/p>\n<p>Geskei, ietwat vervreem van sy gesin en onseker oor wat op hom wag, pak Louis die nuwe avontuur aan. Een van sy bekende boeke word in \u2018n televisiereeks verwerk. Dis juis op \u2018n televisiestel waar Louis sy vele talente ten toon stel wat tot \u2018n warrelwind romanse lei, met verreikende gevolge.<\/p>\n<p>Soos dit enige storie betaam is daar genoeg drama, intrige en hartseer om hierdie verhaal waarlik <em>\u2018n Liefdesgeskiedenis<\/em> te noem.<\/p>\n<p><strong>Die spelers<\/strong><\/p>\n<p>Nic de Jager kan as Louis Klopper gehoor word, Susanne Beyers speel Louis se eks, Th\u00e9r\u00e8se.<\/p>\n<p>Die rolverdeling bestaan verder uit<\/p>\n<p>Leon Kruger (Jan Klopper),<\/p>\n<p>Pieter van Zyl (Louis Junior),<\/p>\n<p>Nina Swart (Liz Klopper),<\/p>\n<p>Roeline Daneel (Wilma Louwrens),<\/p>\n<p>Francois Toerien (Peet Steyn),<\/p>\n<p>Pedro Kruger (Ben Loots),<\/p>\n<p>Marko van der Colff (Schalk de Villiers),<\/p>\n<p>Frieda van den Heever (Nita du Toit),<\/p>\n<p>Deon van Zyl (Wimpie Louw),<\/p>\n<p>Th\u00e9r\u00e8se Hulme (Joan du Toit),<\/p>\n<p>Johan Nel (Fritz du Toit),<\/p>\n<p>Freidrich Smit (Roelf du Toit) en<\/p>\n<p>Stephanie Badenhorst (Ans Nel).<\/p>\n<p>Lees gerus verder oor:<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.litnet.co.za\/cor-nortje-1938-2020\/\">Cor Nortj\u00e9<\/a><\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/www.rsgplus.org\/rus-sag-margot\">Margot Luyt<\/a><\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"open","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"\u2018n Liefdesgeskiedenis - ons 'nuwe' middagvervolgverhaal uit die argief","cover-image":"","short-description":"<em>\u2018n Liefdesgeskiedenis<\/em> is ons volgende middagvervolgverhaal.\r\n\r\nLuisteraars kan vanaf Maandag 4 Augustus, weeksdae om 14:45 inskakel vir \u2018n verhaal vol romantiese intrige. Luister weeksdae om 14:45 in op RSG, of aanlyn by rsg.co.za, na <em>\u2018n Liefdesgeskiedenis<\/em> deur Cor Nortj\u00e9 (1938 \u2013 2020), met regie deur Margot Luyt (1984 \u2013 2021) en Joanie Combrink. ","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/02\/heart-love-romance-dark-background-feelings-wallpaper-preview-1.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[402],"class_list":["post-117928","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","has-post-thumbnail","hentry","rsg-nou-kategorie-vervolgverhale-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/117928","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=117928"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/117928\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":117994,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/117928\/revisions\/117994"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media\/117929"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=117928"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=117928"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}