{"id":122346,"date":"2025-08-26T11:02:34","date_gmt":"2025-08-26T09:02:34","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=122346"},"modified":"2025-08-26T11:38:01","modified_gmt":"2025-08-26T09:38:01","slug":"reis-saam-met-rsg-op-bessie-se-onthoupad","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/reis-saam-met-rsg-op-bessie-se-onthoupad\/","title":{"rendered":"Reis saam met RSG op Bessie se onthoupad"},"content":{"rendered":"<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie saamstap op Bessie se onthoupad herroep die lief en leed van \u2018n klein gemeenskap in die tyd van houtstowe, Valiants, inryteaters, aanmaakkoeldrank, tuisgebakte koekies, dikwielfietse, en laagwaterbruggies; die kortsigtigheid, veroordeling en na\u00efwiteit wat daarmee saam gegaan het, maar ook die samehorigheid en onbaatsugtige naasteliefde.\u201d So skryf die resensent Anschen Conradie oor wyle Madelein Rust se roman, <em>Bessie se hangkasbiblioteek<\/em>.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Di\u00e9 boek, wat op \u2018n ware karakter geskoei is, word vanaf Dinsdag 26 Augustus elke weeksoggend om 10:45 op RSG voorgelees. Die veelbekroonde aktrise en stemkunstenaar Rika Sennett skuif agter die mikrofoon in vir di\u00e9 nuwe voorlesing. Sy was onder andere die voorleser van Elsa Joubert se <em>Spertyd<\/em> op RSG.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Madelein Rust was nie net \u2019n briljante en veelsydige skrywer nie, maar ook \u2019n merkwaardige mens. Intelligent met \u2019n sin vir humor, deernisvol, en altyd blymoedig, ondanks die fisieke stryd wat sy so dapper die laaste vyf jaar trotseer het. Sy is vroe\u00ebr vandeesmaand in die ouderdom van 58 jaar oorlede.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Meer oor die storie<\/strong><\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Bessie Botha, deesdae weduwee Botha, woon saam met haar broer, Willem, op \u2019n kleinhoewe buite Bloemfontein. 1974 was tot dusver nie \u2019n goeie jaar nie, en om alles te kroon is oorlede Stefaans se welgestelde broer en sy jong neus-in-die-lug vrou op pad om te kom kuier. Wanneer die veertienjarige Annatjie de Villiers weer een Sondag n\u00e1 kerk langs die treinspoor staan en flikkers gooi vir al wat \u2019n treindrywer is, besluit Bessie om die tiener onder haar vlerk te neem.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">RSG nooi jou om saam met ons uit te vind wat <em>Bessie se hangkasbiblioteek <\/em>alles oplewer. Dis Madelein Rust op haar joligste, deernisvolste beste!<\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar is geen potgooi van die oggendboekvoorlesing nie, so maak seker dat jy elke weeksoggend inskakel.<\/p>\n<p><\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Reis saam met RSG op \u2018Bessie se onthoupad\u2019","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/Madelein-Rust-deur-Annemarie-Wichman-2022-18-copy-scaled.jpg","short-description":"\u201cDie saamstap op Bessie se onthoupad herroep die lief en leed van \u2018n klein gemeenskap in die tyd van houtstowe, Valiants, inryteaters, aanmaakkoeldrank, tuisgebakte koekies, dikwielfietse, en laagwaterbruggies; die kortsigtigheid, veroordeling en na\u00efwiteit wat daarmee saam gegaan het, maar ook die samehorigheid en onbaatsugtige naasteliefde.\u201d So skryf die resensent Anschen Conradie oor wyle Madelein Rust se roman, Bessie se hangkasbiblioteek.","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/Omslag_Bessie-copy.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"true"},"rsg-nou-kategorie":[434],"class_list":["post-122346","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-boeke-temas"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/122346","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=122346"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/122346\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=122346"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=122346"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}