{"id":122561,"date":"2025-08-27T13:24:42","date_gmt":"2025-08-27T11:24:42","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=122561"},"modified":"2025-09-08T12:41:23","modified_gmt":"2025-09-08T10:41:23","slug":"hartversaking-tref-een-uit-elke-ses-mense","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/hartversaking-tref-een-uit-elke-ses-mense\/","title":{"rendered":"Hartversaking tref een uit elke ses mense"},"content":{"rendered":"<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hartversaking beteken letterlik dat jou hart versaak en nie voldoende bloed uit jou hart pomp sodat jou liggaam en brein goed kan funksioneer nie.<\/p>\n<p>Luister hier na die program: <a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-27-augustus-2025\">https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-27-augustus-2025<\/a><\/p>\n<p>\u2018n Gesonde en sterk hart pomp sowat 60 tot 65% van die bloed met elke sametrekking\/pompslag\/klopslag uit jou linkerventrikel na jou liggaam en jou brein sodat al jou organe en weefsel voldoende suurstof kry.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar \u2018n hart in versaking funksioneer nie optimaal nie.<\/p>\n<p>Daar is twee hoofsoorte hartversaking, verduidelik dr Sumanth Karamchand van die Cape Town AF Center in Panorama Mediclinic.<br \/>1. As jou hart minder as 50% van die bloed uit jou linkerventrikel pomp, word dit hartversaking met \u2018n verminderde uitwerpingsfraksie genoem. Die brein en res van die liggaam kry dan minder suurstof.<br \/>2. Dan is daar \u2018n tweede hoofgroep waar die hart steeds 60 tot 65% bloed uitpomp, maar die hartspier is hard, en dik en styf. Dit is hartversaking met \u2018n normale uitwerpingsfraksie. Maar omdat die hart styf is, verplaas dit sy drukking na die longe. Die hoofsimptoom is dan kortasemheid en hulle het nie meer genoeg asem om die aktiwiteite te doen wat hulle voorheen kon doen nie.<\/p>\n<p>Hartversaking is dus \u2018n kliniese sindroom met die hoofsimptoom kortasemheid en aktiwiteit-inkorting.<\/p>\n<p>Die oorsaak van hartversaking kom van een van die dele van die hart:<br \/>1. een of meer van die hartkleppe is foutief of lek, moontlik aangebore of as gevolg van \u2018n streptokokkus infeksie. Die hart kan vergroot met hartbersaking.<br \/>2. of die hartspier is verswak (kardiomiopatie) waar die hart dikwels vergroot<br \/>-wat geneties kan wees,<br \/>-of dit kan volg na chemoterapie,<br \/>-of middels geneem het wat die spierselle beskadig,<br \/>-of as \u2018n vorige virus-infeksie die hartspier beskadig het (miokarditis)<br \/>-of (en dit is een die hoofoorsake van hartspierskade) as die kroon-are vernou is (aterosklerose) of die persoon reeds \u2018n hartaanval gehad het.<br \/>-Maar \u2018n vinnige hartspoed (tagikardie) of Atriale fibrillasie kan ook die hartspier beskadig.<br \/>-Slaap-apnee kan ook die hartspier beskadig<br \/>3. en in Suid-Afika is die hoofoorsaak van hartversaking inderdaad ho\u00eb bloeddruk wat nie goed beheer word nie. Dit is \u2018n stil moordenaar omdat dit tot in \u2018n baie laat stadium geen simptome het nie. Onbeheerde hipertensie laat die ventrikelspier verdik, terwyl dit ook die klein bloedvaatjies in die brein, hart, niere en ander organe oor \u2018n tyd beskadig. Dit kan dus tot albei soorte hartversaking lei met erge kortasemheid.<br \/>4. In peri-partum kardiomiopatie word swanger vroue se harte laat in swangerskap baie siek. Die oorsaak is geneties of die hormone wat geproduseer word in swangerskap. Die vroue herstel gewoonlik goed, maar het behandeling nodig.<\/p>\n<p>\u2018n Hart in hartversaking klop vinniger as \u2018n gesonde hart. As die hart begin swaar trek weens een van die oorsake hierbo genoem, begin die hart vinniger saamtrek in \u2018n poging om meer bloed uit te pomp. Dit help op die korttermyn, maar in die langtermyn kan die hart dit nie volhou nie.<\/p>\n<p>\u2018n Vinnige hartklop is self \u2018n teken dat die hart siek is. Veral mense ouer as 60 jaar, wat al \u2018n tyd lank hipertensie het, of \u2018n beskadigde hartspier, kan \u2018n hartritmestoornis soos atriale fibrillasie ontwikkel en di\u00e9 ho\u00eb en onreelmatige hartklop kan dan ook weer die hartspier beskadig &#8211; die hart raak uitgeput soos \u2018n atleet wat 20 100m wedlope onmiddellik opeenvolgens doen. Gelukkig kan di\u00e9 hartritmestoornis met medikasie, maar veral met \u2018n ablasie, baie goed behandel word en kan die hartspierskade omgekeer word.<\/p>\n<p>As iemand dus in hartversaking is, moet die kardioloog kyk<br \/>1. is hipertensie goed beheer<br \/>2. is die kroon-are oop<br \/>3. is daar infeksie op die hartkleppe<br \/>4. Is daar hartritmedefekte &#8211; veral di\u00e9 wat bokant die ventrikels ontstaan soos atriale fibrillasie &#8211; wat hartversaking kan veroorsaak. Atriale fibrillasie lei tot \u2018n chaotiese, onreelmatige vinnige hartklop van tot 300 tot 600 slae per minuut wat die ventrikels totaal uitput. Dit beskadig die spierselle op \u2018n sellul\u00eare vlak deur van die kalsiumkanale in die selle te beskadig en die hartspier te verswak. As die hartritmestoornis doeltreffend behandel word met middels of \u2018n ablasie, kan die hartspier mettertyd herstel.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is belangrik om die oorsaak vas te stel, sodat die oorsaak eerste behandel kan word. En dan die oorblywende hartversaking.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons kyk ook na Pulmonale Hipertensie<\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit gebeur as die drukking in die longe so groot raak dat dit die regterkant van die hart verswak.<br \/>Dit is moeilik om te behandel.<\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Hartversaking deel 2<\/strong><\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hoekom en hoe bou vog in die longe op met hartversaking? Hoe kan \u2018n middel soos Ozempic help in die behandeling van hartversaking? Hoe klink hartversaking? In die tweede program in die reeks oor hartversaking, praat ons oor hierdie en ander aspekte.<\/p>\n<p><iframe class=\"wp-embedded-content\" sandbox=\"allow-scripts\" security=\"restricted\" title=\"Gesondheid 3 September 2025\" src=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-3-september-2025\/embed#?secret=R8BtzX85fF\" data-secret=\"R8BtzX85fF\" width=\"100%\" height=\"180\" frameborder=\"0\"><\/iframe><\/p>\n<p><\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Hartversaking tref een uit elke ses mense ","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/Internal-structure-of-human-heart.jpg","short-description":"Hartversaking beteken letterlik dat jou hart versaak en nie voldoende bloed uit jou hart pomp sodat jou liggaam en brein goed kan funksioneer nie.","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/Internal-structure-of-human-heart.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[390],"class_list":["post-122561","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-gesondheidoprsg"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/122561","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=122561"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/122561\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=122561"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=122561"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}