{"id":123821,"date":"2025-09-14T11:46:37","date_gmt":"2025-09-14T09:46:37","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=123821"},"modified":"2025-09-14T20:29:42","modified_gmt":"2025-09-14T18:29:42","slug":"luister-more-aand-na-dokumenter-oor-ouervervreemding","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/luister-more-aand-na-dokumenter-oor-ouervervreemding\/","title":{"rendered":"Luister weer na dokument\u00ear oor ouervervreemding"},"content":{"rendered":"<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Luister weer na <em>Ek mis my kind<\/em>, \u2018n dokument\u00ear deur Est\u00e9 de Klerk, wat werp lig oor wat ouervervreemding is, en wat ouers wat van hul kinders vervreem word, te doen staan.<\/p>\n<p class=\"elementor-heading-title elementor-size-default\">Ouervervreemding is die ergste vorm van emosionele kindermishandeling wat toegepas kan word, omdat die kind &#8211; wat doelbewus deur sy een ouer van sy ander ouer vervreem word &#8211; tot s\u00f3 \u2018n mate ge\u00efndoktroneer word, dat hy of sy gevoelens van haat teenoor die teikenouer begin koester. In die meeste gevalle is hierdie gevoelens ongegrond. Die kort- en langtermyn impak op die kind wat vervreem word, kan verwoestende gevolge h\u00ea, en litigasie in die hof is dikwels vir die teikenouer emosioneel en finansie\u00ebl uitmergelend.<\/p>\n<p><iframe class=\"wp-embedded-content\" sandbox=\"allow-scripts\" security=\"restricted\" title=\"EK MIS MY KIND deur Est\u00e9 de Klerk\" src=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/rsg-dokument-r\/ek-mis-my-kind-deur-est-de-klerk\/embed#?secret=GiVI0PNgTv\" data-secret=\"GiVI0PNgTv\" width=\"100%\" height=\"180\" frameborder=\"0\"><\/iframe><\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Agtergrond <\/strong><br \/>Tot aan die begin van di\u00e9 jaar, het ek nie geweet wat ouervervreemding is nie. Ek het \u2018n oproep gekry om te vra dat ek \u2018n dokument\u00ear hieroor moet doen, om bewustheid te kweek oor wat ouervervreemding is, presies hoe dit deur een ouer afgedwing word, en hoe die slagoffers daarvan, geraak word.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die oproep het gekom van iemand wat ek reeds dekades lank ken, en wat tans in \u2018n egskeidingstryd gewikkel is. Di\u00e9 persoon &#8211; en haar kind &#8211; het die slagoffers geword van ouervervreemding. Di\u00e9 oproep, en die emosies wat die persoon met my gedeel het, het my diep geraak, en my genoop om te gaan oplees oor ouervervreemding en met kundiges daaroor te gaan praat in die hoop dat di\u00e9 dokument\u00ear, <em>Ek mis my kind<\/em>, meer lig sal werp op hierdie fenomeen in ons samelewing en kan raad gee aan ouers wat ook daaraan blootgestel is, en soos ander in hulle skoene, dieselfde pad stap.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDis \u2018n bitter eensame pad om te stap,\u201d s\u00ea Maryna aan my in di\u00e9 dokument\u00ear.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy praat nie onder haar eie naam nie, omdat sy die integriteit van haar minderjarige kinders wil beskerm.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk voel uitgewas en emosioneel verwoes. As ek in die aande in my bed klim, wonder ek wat aangaan in sy (haar seun se) hart en of hy een keer aan my gedink het? Dit is ook elke dag \u2018n rouproses want \u2018n mens het \u2018n kind verloor, en al lewe die kind nog, weet jy nie presies wat aangaan nie.\u201d<\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>WAT IS OUERVERVREEMDING?<\/strong><\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek het die strafregkenner, senior advokaat Francois Botes &#8211; wat ook in Familiereg spesialiseer en dikwels in ouervevreemdingsake optree &#8211; geraadpleeg oor veral hoe die regsproses ontvou in die soort sake.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Adv. Botes het ouervervreemding s\u00f3 gedefinieer: \u201cOuerververvreemding is die wederregtelike en opsetlike be\u00efnvloeding van \u2018n kind om negatief gesind te raak teenoor die ander ouer en dit gebeur in \u2018n omgewing wat die vervreemde ouer, met ander woorde die ouer wat die vervreemding toepas, skep, met die doel om die ander ouer in die o\u00eb van die kind s\u00f3 negatief te maak, en af te breek dat dit tot \u2018n groot mate, indien nie uitsluitlik nie, op kindermishandeling neerkom.\u201d<\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ouervevreemding kan deur een ouer afgedwing word terwyl ouers steeds in die dieselfde huis woon, maar kom veral voor wanneer twee ouers in \u2018n ho\u00eb-konflik egskeidingstryd gewikkel is.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Suid-Afrikaanse Kinderwet is in 2008 geproklameer en het ten doel om die belange van die kind te beskerm. Die hulp van kliniese sielkundiges, maatskaplike werkers en veral die Kantoor van die Gesinsadvokaat word ingeroep wanneer di\u00e9 sake in howe aangehoor word, s\u00e9 advokaat Botes.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>HOE ONTWIKKEL OUERVERVREEMDING?<\/strong><\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ouervervreemding word progressief in drie fases toegepas en in elkeen van di\u00e9 fases verander die kind se gedrag meer negatief teenoor die teikenouer. Dit kan oor \u2018n kort of lang tydperk gebeur.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die kliniese sielkundige, dr. Maril\u00e9 Viljoen s\u00ea die gedrag van die vervreemde kind teenoor die teikenouer sal tydens di\u00e9 fases wissel. Tydens die eerste en sagte fase, sal die kind steeds met die ouer wil kontak h\u00ea, maar di\u00e9 gedrag sal tot so \u2018n mate verander dat die kind in die laaste en ernstige fase sal verander tot totale verwerping, vyandigheid, negatiewe boodskappe en selfs \u2018n gebrek aan skuldgevoelens teenoor die teikenouer.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><div class=\"wp-block-image\"><\/p>\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><img decoding=\"async\" width=\"200\" height=\"200\" class=\"wp-image-123823\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/Dr.-Marile\u0301-Viljoen-Kliniese-sielkundige-foto.jpeg\" alt=\"\" srcset=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/Dr.-Marile\u0301-Viljoen-Kliniese-sielkundige-foto.jpeg 200w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/Dr.-Marile\u0301-Viljoen-Kliniese-sielkundige-foto-150x150.jpeg 150w\" sizes=\"(max-width: 200px) 100vw, 200px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Kliniese sielkundige Dr Maril\u00e9 Viljoen<\/figcaption><\/figure>\n<p><\/div><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die kort- en langtermyn impak op die kind kan egter verwoestend wees.<\/p>\n<p><\/p>\n<p><\/p>\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;<\/p>\n<p><\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Luister weer na dokument\u00ear oor ouervervreemding","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/Egskei.jpg","short-description":"Luister weer na Ek mis my kind, \u2018n dokument\u00ear deur Est\u00e9 de Klerk, wat werp lig oor wat ouervervreemding is, en wat ouers wat van hul kinders vervreem word, te doen staan.","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/OUERVERVREEMDING-FOTO-2.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"true"},"rsg-nou-kategorie":[403],"class_list":["post-123821","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-dokumentere"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/123821","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=123821"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/123821\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=123821"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=123821"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}