{"id":125092,"date":"2025-09-26T07:50:24","date_gmt":"2025-09-26T05:50:24","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=125092"},"modified":"2025-09-30T10:51:35","modified_gmt":"2025-09-30T08:51:35","slug":"versevlei-ons-eietydse-middagvervolgverhaal-begin-maandag","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/versevlei-ons-eietydse-middagvervolgverhaal-begin-maandag\/","title":{"rendered":"Versevlei, ons nuwe middagvervolgverhaal, begin vandag"},"content":{"rendered":"<p><em>Versevlei <\/em>is \u2018n oorspronklike middagvervolgverhaal wat vanaf 29 September, elke weeksdag om 14:45 uitgesaai word.<\/p>\n<p>RSG nooi jou uit om weeksmiddae stil te staan, die alledaagse geraas agter te laat en jou te verdiep in die boeiende w\u00eareld van plattelandse intriges.<\/p>\n<p>Di\u00e9 vervolgverhaal is \u2018n eerste uit die pen van Anneli du Preez, naaswenner van die 2023 RSG-radiodramaskryfkompetisie. Sophia van Taak, wat bekend is as joernalis en aanbieder van <em>Vers en Klank,<\/em> pak ook vir die eerste keer \u2018n 40-episode vervolgverhaal aan as regisseur en voeg \u2018n fyn oor vir musiek, klank en spel by die boeiende storie.<\/p>\n<p><strong>Die skrywer vertel<\/strong><br \/>\nOor die skryf van haar eerste vervolgverhaal vertel Anneli dit was soos om op \u0149 avontuur saam met goeie vriende te gaan.\u00a0 Sy het elke karakter opnuut ontmoet, lief geword vir hulle en sal hulle stories altyd saam met haar dra. \u201cDaar was baie laat aande, lag tot my maag seer is en ja, selfs kwaad word en saam huil, maar elke oomblik van die reis was die moeite werd.\u201d<\/p>\n<p><strong>Die regisseur vertel<\/strong><br \/>\nSophia meen dat Anneli \u2018n heerlike storie geskryf het. Elke episode eindig op so \u2019n spannende \u00a0noot dat selfs die spelers nie kon wag om die volgende dag weer verder daaraan op te neem nie \u2013 die afwagting was net t\u00e9 groot.<\/p>\n<p>Sophia brei uit oor haar ervaring as regisseur: \u201cMet \u2019n vervolgverhaal se regie kan jy jou regtig in die storie verdiep. \u2019n Mens raak so betrokke by elke karakter se wel en we\u00eb, ek dink ek gaan na hulle verlang wanneer <em>Versevlei<\/em> die dag eindig!\u201d<\/p>\n<p>Sy s\u00ea dit is \u2019n voorreg om saam met gesoute akteurs soos Johann Nel en Marion Holm te kon werk. \u201cHulle weet net h\u00f3\u00e9! N\u00f3g \u2019n bekende, Henri\u00ebtta Gryffenberg, maak met <em>Versevlei<\/em> vir die eerste keer haar buiging in die Kaapse drama-ateljee.\u201d<\/p>\n<p><strong>Die klank<\/strong><br \/>\nDie kundige Cassi Lowers het weer agter die klankbord ingeskuif as klankingenieur. Daar word rondgespeel met byklanke en musiek om die luisteraars oral heen saam te neem \u2013 van die rugbyklub tot by \u2019n veeveiling! Die karakters en milieu is allermins volksvreemd.<\/p>\n<p><strong>Die span in die ateljee<\/strong><br \/>\nDie gedugte span agter die mikrofoon sluit radiodrama-gunstelinge soos Merlin Balie en \u00c8mil Haarhoff\u00a0 in.<\/p>\n<p>Die vervolgverhaal stel luisteraars ook aan nuwe stemme uit die Wes-Kaap\u00a0 bekend. Schoem\u00e9 Steenkamp, Hendri Mounton, Dirk Liebenberg en Julia Marone is ervare kunstenaars wat hulle debuut in \u2018n radiovervolgverhaal maak.<\/p>\n<p><strong>Die storie<\/strong><\/p>\n<p>Dit is 2003 en buite die dorpie Wilgerfontein in Mpumalanga l\u00ea die plaas <em>Versevlei<\/em>. \u2018n Plaas wat met bloed en sweet opgebou is tot die spogplaas wat dit vandag is.<\/p>\n<p>Die De Jager-familie boer al vir geslagte op die plaas. Die toekoms van hierdie spogplaas is egter in gedrang, want dit l\u00ea op \u0149 skatryk steenkoolrif en die myngroep Du Walt sal enigiets doen om hulle hande op hierdie stuk grond te kry.<\/p>\n<p>Die vraag is of Du Walt die enigste bedreiging vir <em>Versevlei<\/em> se erfenis inhou?<\/p>\n<p>Dit is \u0149 storie van egte lief en leed en hoe dit die mense in \u0149 gemeenskap kan vorm, breek of laat saamstaan.<\/p>\n<p>Dit wys dat mense nie altyd is wie hul voorgee om te wees nie en dat elke huis weliswaar sy eie kruis het. Dit wys dat boosheid somtyds sommer so onder mense naby ons kan rondloop, maar uiteindelik sal die waarheid, liefde, integriteit en respek se\u00ebvier.<\/p>\n<p><strong>Ontmoet die dorp se mense<\/strong><\/p>\n<p><strong>Joachim De Jager (Johann Nell)<\/strong> is die huidige boer en eienaar van die spogplaas <em>Versevlei<\/em>. Hy is \u0149 boer in murg en been. So gebore en so laat staan. Behalwe vir sy plaas, is sy beeldskone dogter, Wilmien, sy trots.<\/p>\n<p><strong>Wilhelmina \u201cWilmien\u201d De Jager (Schoem\u00e9 Steenkamp)<\/strong> is Joachim se die enigste kind. \u00a0N\u00e1 matriek gaan swot sy onderwys in Pretoria. Dit was nog altyd net sy en haar pa. Haar ma, Susan, is tragies oorlede met haar geboorte en daarom besluit sy om n\u00e1 haar studies haarself op Wilgerfontein te kom vestig as die jong, geliefde onderwyseres.<\/p>\n<p><strong>Greta Le Roux (Marion Holm)<\/strong> is die eienaar van die Losieshuis op Wilgerfontein. Nie net is sy Joachim se skoonsuster nie, maar sy was ook getroud met Joachim se beste vriend. Sy verloor egter haar man en trou nooit weer nie. Sy help vir Wilmien grootmaak sedert sy \u2018n baba was, \u00a0en het haar lief soos haar eie dogter. Greta het probeer om vir Wilmien die naasbeste ma te wees wat sy kon.<\/p>\n<p><strong>Dolf Du Plessis (Hendri Mouton)<\/strong> aanvaar \u0149 onderwyspos in Wilgerfontein en laat vinnig die inwoners van die dorp gons, want hy is aantreklik en enkellopend. Sy ma het hom alleen grootgemaak, hy het nooit sy pa geken nie. Hy het arm grootgeword, maar met goeie waardes en goeie beginsels.<\/p>\n<p><strong>Gerrit Gouws (\u00c8mil Haarhoff\u00a0)<\/strong> is \u2018n volgende generasie op die plaas Geluk, wat ook die buurplaas is van <em>Versevlei<\/em>. Hy het die plaas ge\u00ebrf nadat sy pa skielik in \u0149 tragiese skietongeluk oorlede is. Gerrit leef vinniger as wat sy beskermengel kan vlieg. Die werkwoord \u2018boer\u2019, loop nie regtig deur sy are nie, maar hy geniet die geld wat uit die boerdery verdien word.<\/p>\n<p><strong>Barto Cronj\u00e8 (Dirk Liebenberg)<\/strong> ontvang \u0149 beurs van die\u00a0 WALDUCOR groep, (Beheermaatskappy van Du WALT), om n\u00e1 skool deeltyds Argitektuur\u00a0 te swot terwyl hy vir die groep werk. \u0149 Jaar gelede, net toe hy sy voete begin vind, kry sy pa \u0149 beroerte en sy verantwoordelikheid teenoor die familiebesigheid, die bakkery op Wilgerfontein, dwing hom om terug te keer.<\/p>\n<p><strong>Benita Botha (Henri\u00ebtta Gryffenberg)<\/strong> kom Wilgerfontein toe om \u0149 rustiger lewe te soek. Boonop is sy nog mooi ook met goeie waardes. Is sy egter wie sy voorgee om te wees?<\/p>\n<p><strong>Abram Jakobs (Merlin Balie)<\/strong> is die slinkse bankbestuurder op Wilgerfontein en sy enigste doelwit is om sy eie bankbalans so vet as moontlik te kry. Sy volgende teiken en bonus is <em>Versevlei<\/em>.<\/p>\n<p><strong>Suzie Benjamin (Julia Marone)<\/strong> is Wilmien se beste vriendin. Sy\u2019s vrolik, sjarmant en so bietjie aan die wilde kant. Sy werk in die bank en haar pa is die skoolhoof op die dorp.<\/p>\n<p><strong>Richard Benjamin (Mehboob Bawa)\u00a0 <\/strong>is die skoolhoof op Wilgerfontein en die pa van Suzie Benjamin. Hy bestuur sy skool met trots en om befondsing te kry vir opgraderings by die skool, gaan klop hy aan by die bankbestuurder Abram Jakobs.<\/p>\n<p>Luister elke weeksdag om 14:45 of luister aanlyn op rsg.co.za. Elke episode sal beskikbaar wees as potgooi en op Spotify.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Versevlei, ons eietydse middagvervolgverhaal, het pas begin","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/bonsmara5-786x589-1.jpg","short-description":"Versevlei \u2013 \u2018n eietydse middagvervolgverhaal op RSG","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/unnamed.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[402],"class_list":["post-125092","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-vervolgverhale-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/125092","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=125092"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/125092\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=125092"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=125092"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}