{"id":125099,"date":"2025-10-01T05:39:45","date_gmt":"2025-10-01T03:39:45","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=125099"},"modified":"2025-09-26T09:26:42","modified_gmt":"2025-09-26T07:26:42","slug":"n-huldeblyk-herdenkings-en-propvol-vermaak-in-ons-2e-radioteaterseisoen","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/n-huldeblyk-herdenkings-en-propvol-vermaak-in-ons-2e-radioteaterseisoen\/","title":{"rendered":"\u2018n Huldeblyk, herdenkings en propvol vermaak in ons 2e Radioteaterseisoen"},"content":{"rendered":"<p>Luisteraars gaan bederf word met kreatiewe, oorspronklike tekste, iets uit die argief, en \u00a0\u2018n geskiedkundige heropname in ons\u00a0 tweede radioteaterseisoen van 2 Oktober tot 25 Desember.<\/p>\n<p>Radioteater word met die uitsondering van Kersdag, \u00a0elke Donderdagaand om 20:00 uitgesaai.<\/p>\n<p><strong>2 Oktober: <em>Die besoeker<\/em><\/strong><br \/>\nDie seisoen begin op 2 Oktober met <em>Die Besoeker<\/em> deur Herman Cronj\u00e9. Die finalisteks in die 2024 RSG-radiodramaskryfkompetisie vertel die storie van Truida wat deur haar verlede gyselaar gehou word. Die rolverdeling bestaan uit Rina Nienaber as Truida, Johan Joubert (debuteer), Ilse Klink, Donovan Pietersen en James Borthwick. Johny Klein is die regisseur.<\/p>\n<p><strong>9 &amp; 16 Oktober: <em>Stasie in die Niet<\/em><\/strong><br \/>\nChris Barnard se radiodrama, <em>Stasie in die Niet<\/em>, is heropgeneem ter herdenking van sy afsterwe tien jaar gelede. Hierdie briljante teks uit Barnard se pen word op 9 en 16 Oktober gevier wanneer die drama, weens tydsbeperkings, in twee dele uitgesaai word. Die oorspronklike opname is in 1969 in Johannesburg deur Cor Nortj\u00e9 gemaak. \u00a0Die 2025 heropname is in Kaapstad gedoen met Frieda van den Heever aan die stuur as regisseur en Anrich Herbst, Karli Heine en Neels van Jaarsveld in die rolverdeling.<\/p>\n<p><strong>23 Oktober: <em>Genade, Profess\u00f3\u00f4r!<\/em><\/strong><br \/>\nDi\u00e9 drama (2024 RSG-radiodramaskryfkompetisiefinalis) deur Nico Luwes, handel oor Prof. Weiss wie se taak dit is om die musiekdepartement van ondergang te red. Dit blyk dat\u00a0 alles nie pluis is in die personeel en sekere studente se persoonlike lewens nie. &#8216;n Subtiele heksejag word van stapel gestuur om die skuldige uit te vang. Hierdie klug prikkel die lagspiere op 23 Oktober met Andr\u00e9 Odendaal as Prof Weiss, en Sulette Thompson, Bertha le Roux-Wahl, Botha Enslin en Mada Oosthuizen (debuut) in die rolverdeling. Karen Wessels het die regie behartig.<\/p>\n<p><strong>30 Oktober: <em>Twee grafgrawers en \u2018n melkhout<\/em>.<\/strong><br \/>\nJaco Versfeld, een van die merietepryswenners in die 2024 RSG-radiodramaskryfkompetisie debuteer op 30 Oktober met sy eerste radiodrama, <em>Twee grafgrawers en \u2018n melkhout<\/em>. In die radiodrama besef die luisteraar opnuut dat alle slegte mense \u2018n bietjie goed in hulle het, alle goeie mense \u2018n bietjie sleg in hulle, en dat alles nie op die oppervlak is soos wat dit lyk nie. Renske Jacobs is die regisseur met Phillru van Achterberg, Mortimer Williams, Izette Blignaut (debuteer), Kevin Smith en Francois Stemmet in die rolverdeling.<\/p>\n<p><strong>6 November: <em>Daar leef mense daar <\/em>(2012)<\/strong><br \/>\nDi\u00e9 drama word op 6 November weer uitgesaai as huldeblyk aan die bekroonde dramaturg Athol Fugard wat vroeg in 2025 oorlede is. \u00a0Fugard was alom bekend as dramaturg van protesteater. Maar met <em>Daar leef mense daar <\/em>(People are living there) beeld hy in die tragikomedie \u2019n middeljarige vrou, Milly, uit wat vasgevang is tussen haar verlange na betekenis en die harde werklikheid van haar eensaamheid. Marko van der Colff het dit vertaal in Afrikaans. Margot Luyt het die drama vir die radio verwerk en die regie behartig. In die rolverdeling is Deidre Wolhuter, Johann Nel, Wessel Pretorius en Hannah Borthwick.<\/p>\n<p><strong>13 November: <em>Desembersterre<\/em><\/strong><br \/>\nGlanspaartjies en die leefw\u00eareld van bekendes is nie altyd maanskyn en rose nie. In <em>Desembersterre <\/em>wat op 13 November uitgesaai word, \u00a0het Helena Hugo haar ervaring as aktrise en skrywer vervat in \u2018n pittige komedie wat juis die wel en we\u00eb van die voorbladgesigte ontbloot. Geniet \u2018n kykie agter die skerms in die lewe van TV-sterre. Die regie word behartig deur Estel de Beer. Die span agter die mikrofoon is Lizelle Pike, Dihan Keun, Mia-Anne O\u2019Kennedy, Sean Brebnor, Botha Enslin, en Rian Terblanche.<\/p>\n<p><strong>20 November: <em>Eindfluitjie<br \/>\n<\/em><\/strong>Dit is 30 jaar sedert die Springbokke se geskiedkundige oorwinning in die 1995 Rugby W\u00eareldbekertoernooi op Ellispark. Op 20 November vertel <em>Eindflutije<\/em>, deur Albert Short, \u2018n fyn verweefde storie van drome, wense en \u2018n verspilde verlede in \u2018n jong demokrasie vol hoop en verwagting. Al die gebeure speel af teen die agtergrond van daardie onvergeetlike dag op Ellispark. Die rolverdeling is Stefan Vermaak, Roeline Daneel, Eloff Snyman, Deon Lotz, Jane de Wet en Wilhelm van der Walt. Die bekende rugbykommentator en omroeper, Johan Rademan, sorg as regisseur vir al die rugbyklanke, en spel wat die drama \u2018n ware belewenis maak.<\/p>\n<p><strong>27 November: <em>Vermis, Ophelia<\/em><\/strong><br \/>\nMaria Vos skets die komiese gebeure by \u2018n kermis waar die hele dorp op hol gejaag word op soek na Ophelia. Skakel op 27 November in vir <em>Vermis, Ophelia<\/em>, (\u2018n finalis in die 2024 RSG-radiodramaskryfkompetisie) met Lizelle Pike, Pietie Beyers, Elzette Maarschalk, Hannes Br\u00fcmmer, Nana Stapelberg en DeWaal Stemmet. \u00a0Juanita Velts is die regisseur.<\/p>\n<p><strong>4 Desember: <\/strong><em><strong>Vlugvoos<\/strong><br \/>\nIn Vlugvoos<\/em> deur Ronel Mostert, wat op 4 Desember uitgesaai word, \u00a0probeer die karakters \u2018n geheimsinnige moord ontsyfer. Vier maande getroud en dan sterf Andr\u00e9. Cumi, sy vrou, is die hoofverdagte. Ina Strydom het die regie behartig met Juanita Velts, Andreas Jordaan, Anton Engelen, Mariette Engelen en Claudia Jones in die rolverdeling.<\/p>\n<p><strong>11 Desember: <em>Misverstand<br \/>\n<\/em><\/strong>Anene Loots se <em>Misverstand <\/em>(\u2018n finalis in die 2024\u00a0 RSG-radiodramskryfkompetisie), is \u2018n romantiese klug oor \u2018n paartjie wat die vlam in hulle huwelik verloor het. Elna probeer die vonk tussen haar en Bert weer laat opvlam &#8211; met verreikende gevolge. Thomas van Niekerk, reeds bekend aan RSG-luisteraars as skrywer en regisseur van Kiskenades, debuteer as radiodrama-regisseur met Albert Maritz as Bert en Joanie Combrink as Elna, asook Nic de Jager en An\u00e9 Fourie (debuteer) in die rolverdeling. Dit word op 11 Desember uitgesaai.<\/p>\n<p><strong>18 Desember: <em>Pendoring (EDMS) Beperk<\/em><\/strong><br \/>\n2025 is die eeufeesjaar van Afrikaans as amptelike taal in Suid-Afrika. \u00a0Om die feesvieringe voort te sit word die 1975 argiefdrama, <em>Pendoring (EDMS) Beperk<\/em><em>, <\/em>deur Ampie van Straten, op 18 Desember uitgesaai. Die radiodrama fokus op die eksentrieke kopieskrywer Gert Klopper, wie se passie vir Afrikaans\u2014wat hy liefderyk beskryf as sy \u201cmeisie\u201d\u2014bots met konvensionele taalre\u00ebls. \u00a0Die rolverdeling bevat die room van Afrikaanse stemme soos Katinka Heyns, Matthys du Toit, Arno Kotze, Martie Lee, Paul Eloff, Francois\u00a0 Nel, Hennie Oosthuizen, Will Bernard, Francois de Bruin, Willie Pretorius en Alewyn Lee. Roelf Jacobs het die regie behartig.<\/p>\n<p><strong>25 Desember: <em>\u2018n Wonderwerk vir Kersfees <\/em>(2018)<br \/>\n<\/strong>Die seisoen word op 25 Desember afgesluit met die Kersdrama uit die argief, <em>\u2018n Wonderwerk vir Kersfees <\/em>(2018) deur Riana Scheepers. Die \u201cwonderwerk\u201d in hierdie drama is gebaseer op &#8216;n werklike gebeurtenis, wat die inspirasie vir die verhaal is. Dit het regtig so gebeur dat tannie Bettie Nysschen, &#8216;n bekende en geliefde figuur van buite Wildernis, haar huisdeur se sleutel gebruik het om haar bakkie oop te sluit en weg te ry nadat haar huis aan die brand geslaan het. (Dit het wel nie tydens Kersfees gebeur nie.) Die res van die gebeure en karakters is fiktief. Joanie Combrink, Mariechen Vosloo, Anrich Herbst, Dean Balie en Rolanda Marais is in die rolverdeling en Johan Rademan het die regie behartig. Di\u00e9 drama word as deel van RSG se Kersdaginhoud om 15:05 uitgesaai, en nie om 20:00 nie.<\/p>\n<p>Alle dramas is n\u00e1 die uitsending beskikbaar op potgooi by rsg.co.za, asook op Spotify.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"\u2018n Huldeblyk, herdenkings en propvol vermaak in RSG se 2e Radioteaterseisoen","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/338715-bd9ba08f23c1dbb0623fbd0c676b1617.jpg","short-description":"\u2018n Huldeblyk, herdenkings en propvol vermaak in RSG se tweede Radioteaterseisoen.","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/images-2.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[414],"class_list":["post-125099","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-radioteater-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/125099","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=125099"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/125099\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=125099"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=125099"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}