{"id":125356,"date":"2025-09-30T10:31:17","date_gmt":"2025-09-30T08:31:17","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=125356"},"modified":"2025-10-03T12:58:34","modified_gmt":"2025-10-03T10:58:34","slug":"luister-donderdagaand-na-die-besoeker","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/luister-donderdagaand-na-die-besoeker\/","title":{"rendered":"Luister weer na &#8216;Die Besoeker&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Luister weer na <em>Die Besoeker<\/em> deur Herman Cronj\u00e9, \u2018n 2024 finalis van die RSG-Radiodramaskryfkompetisie.<\/p>\n<p><em>Die Besoeker<\/em> is \u2019n aangrypende drama wat jou deur tyd sleep in \u2019n w\u00eareld van familiegeheime, onverwerkte pyn, en &#8216;n desperate soeke na verlossing. Die drama bevraagteken die mure wat families in hul huise bou \u2013 nie net van baksteen nie, maar van duistere geheime, swaar swye en genadelose verwerping.<\/p>\n<p>Die spelers is Rina Nienaber, Ilse Klink, Donovan Pietersen, James Borthwick en Johan Joubert (debuteer), en Johny Klein het die regie behartig.\u00a0 Beskikbaar as potgooi en op Spotify na afloop van die uitsending.<\/p>\n<p><iframe class=\"wp-embedded-content\" sandbox=\"allow-scripts\" security=\"restricted\" title=\"DIE BESOEKER deur Herman Cronj\u00e9\" src=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/radioteater\/die-besoeker-deur-herman-cronj\/embed#?secret=bJvU4iG4Yr\" data-secret=\"bJvU4iG4Yr\" width=\"100%\" height=\"180\" frameborder=\"0\"><\/iframe><\/p>\n<p><strong>Die storie<\/strong><br \/>\n\u2018n Dertien jarige dogtertjie is dood in \u2018n tref en trap ongeluk in die 1990\u2019s. Die ongeluk het naby Truida en Karel Conradie se huis plaas gevind. Die twee moet iets van die ongeluk weet, want Karel (James Borthwick) neem sy eie lewe en Truida (Rina Nienaber) word jare later gediagnoseer met \u2018n verdoemende geestesiekte.<\/p>\n<p>Marko (Johan Joubert), hulle seun, vind die waarheid uit wanneer hy en \u2018n vriend, JP (vertolk deur Donovan Pietersen),\u2018n toegeboude agterdeur in hul kombuis ontdek.<br \/>\nHierdie deur laat hom terug gaan in tyd en so vind hy uit hoekom sy pa sy eie lewe geneem het en waarom sy ma opeindig in Neurobergh, die psigiatriese hospitaal in die dorp. En ook wie verantwoordelik is vir dogtertjie se misterieuse dood.<\/p>\n<p>Die drama weef deur tyd en werklikheid, en laat jou vra: Wat sou jy verander as jy een oomblik uit die verlede kon herleef? Moet mens ou deure oopsluit om die lig van die waarheid te vind, of moet mens die verlede se grimmige skaduwees in die donker los?<\/p>\n<p><strong>Oor die skrywer \u2013 Herman Cronj\u00e9<br \/>\n<\/strong>Herman Cronj\u00e9 is \u2019n siviele\u00a0ingenieur met een voet in\u00a0die Kaap en die ander in Riyadh in\u00a0Saoedi -Arabi\u00eb. Die Besoeker, &#8216;n aangrypende psigologiese riller, is sy derde radiodrama en weerspie\u00ebl sy talent vir rou emosionele en draaiende narratiewe.<\/p>\n<p>In 2018 verower hy die tweede plek in die RSG Radiodramaskryfkompetisie met sy debuut-drama, <em>Die Selle,<\/em> &#8216;n\u00a0wetenskapsfiksie klug, gevolg deur <em>Die Ontheemdes<\/em>, aangewys as \u2019n finalis in die 2019 kompetisie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Luister weer na 'Die Besoeker'","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/IMG-20250903-WA0011.jpg","short-description":"Die Besoeker is \u2019n aangrypende drama wat jou deur tyd sleep in \u2019n w\u00eareld van familiegeheime, onverwerkte pyn, en 'n desperate soeke na verlossing. Die drama bevraagteken die mure wat families in hul huise bou \u2013 nie net van baksteen nie, maar van duistere geheime, swaar swye en genadelose verwerping.","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/IMG-20250903-WA0021.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[414],"class_list":["post-125356","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-radioteater-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/125356","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=125356"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/125356\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":125599,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/125356\/revisions\/125599"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=125356"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=125356"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}