{"id":125360,"date":"2025-09-30T08:50:00","date_gmt":"2025-09-30T06:50:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=125360"},"modified":"2025-09-30T12:31:55","modified_gmt":"2025-09-30T10:31:55","slug":"frans-swart-van-lefra-faam-deur-roodepoort-teater-vereer","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/frans-swart-van-lefra-faam-deur-roodepoort-teater-vereer\/","title":{"rendered":"Frans Swart van Lefra-faam deur Roodepoort-teater vereer"},"content":{"rendered":"<div dir=\"ltr\">\n<div lang=\"EN-ZA\">\n<div class=\"x_WordSection1\">\n<div dir=\"ltr\">\n<div lang=\"EN-ZA\">\n<div class=\"x_WordSection1\">\n<p class=\"x_MsoNormal\"><span lang=\"NL\">Frans Swart, besturende direkteur van Lefra Produksies en regisseur van baie gewilde teaterproduksies, het \u2018n Ster-toekenning ontvang van die Roodepoort-teater vir sy jarelange bydrae tot teater in Suid-Afrika. <\/span><\/p>\n<p class=\"x_MsoNormal\"><span lang=\"NL\">Die toekenning is gemaak tydens die Roodepoort se 45ste jaar herdenking, die inwyding van die opgeknapte teater, die bekendstelling van \u2019n eksklusiewe koffietafelboek om die geleentheid te vier en ook die onthulling van die \u201cwalk of fame\u201d waarmee 30 legendariese persone vereer is.<\/span><\/p>\n<p class=\"x_MsoNormal\"><span lang=\"NL\">Swart s\u00ea dat dit vir hom \u2018n besondere eer en voorreg is om die toekenning te ontvang.\u00a0 \u201cEk wil baie dankie s\u00ea aan die Roodepoort-teater. Ek ontvang hierdie toekenning in diepe erkentlikheid en dankbaarheid aan my Skepper, wat vir my die talente, gesondheid en krag gee om hierdie mal teaterberoep van my te kan doen&#8221;. <\/span><span lang=\"NL\">\u00a0<\/span><\/p>\n<p class=\"x_MsoNormal\"><span lang=\"NL\">Hy s\u00ea dat sy pad met die Roodepoort-teater \u2018n lang pad kom en Lefra het oor jare wonderlike produksies by die Teater gespeel.\u00a0 \u201cOorlede Weiss Doubell het uitstekende werk hier gedoen om die Roodepoort-teater as Opera en Klassieke Musiek teater te vestig en het internasionale erkenning vir hierdie teater gekry.\u00a0 Ek is so dankbaar dat die Roodepoort-teater vir Weiss hierdie besondere erkenning gegee het en hom en sy familie ook ge\u00eber het vir die onbaatsugtige diens wat hy oor baie jare aan die teater gelewer het&#8221;.<\/span><\/p>\n<p class=\"x_MsoNormal\"><span lang=\"NL\">Hy s\u00ea ook dat dit werklik jammer is dat baie van soortgelyke produktiewe stadsteaters nie meer operasioneel is nie.\u00a0 \u201cPlaaslike owerhede wat nie hul plig nakom ten opsigte van die stadsteaters in hul omgewing nie, moet werklik aangespreek word.\u00a0 Gaan leer by die Johannesburgse Metro.\u00a0 Dit is die plig van plaaslike owerhede om teaters te bedryf, te finansier en sodoende werk vir kunstenaars te skep.\u00a0 \u2018n Teater in jou plaaslike omgewing mag nooit as \u2018n luukse gesien word en sommer summier van die begroting geskrap word nie.\u00a0\u00a0 Inwoners moet opstaan en dorpe en plaaslike owerhede wat hulle teaters laat verlore gaan het, te kritiseer en druk op daardie owerhede uit te oefen.&#8221;<\/span><\/p>\n<\/div>\n<\/div>\n<\/div>\n<\/div>\n<\/div>\n<\/div>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Frans Swart van Lefra-faam deur Roodepoort-teater vereer","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/Frans_Swart.jpg","short-description":"Frans Swart, besturende direkteur van Lefra Produksies en regisseur van baie gewilde teaterproduksies, het \u2018n Ster-toekenning ontvang van die Roodepoort-teater vir sy jarelange bydrae tot teater in Suid-Afrika.","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/09\/Frans_Swart.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[429],"class_list":["post-125360","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-rsgkuns"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/125360","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=125360"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/125360\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=125360"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=125360"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}