{"id":125842,"date":"2025-10-07T14:11:58","date_gmt":"2025-10-07T12:11:58","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=125842"},"modified":"2025-10-09T09:08:59","modified_gmt":"2025-10-09T07:08:59","slug":"woordfees-25-rsg-atkv-vierkant-is-daar","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/woordfees-25-rsg-atkv-vierkant-is-daar\/","title":{"rendered":"Woordfees 25: RSG\/ATKV-vierkant is daar!"},"content":{"rendered":"<section class=\"content component usn_cmp_gallery base-bg base-bg-solid \">\n<div class=\"component-inner\">\n<div class=\"component-outro row justify-content-start text-left \" data-os-animation=\"fadeIn\" data-os-animation-delay=\"0s\" data-os-animation-duration=\"1.2s\">\n<div class=\"info col\">\n<div class=\"text base-text\">\n<p>Die Toyota Stellenbosch Woordfees vier vanjaar sy 25ste bestaansjaar \u2013 \u2019n indrukwekkende mylpaal vir hierdie geliefde fees wat van 11 tot 19 Oktober 2025 in die hart van Stellenbosch plaasvind.<\/p>\n<p>Met sowat 400 unieke programitems bied die fees iets vir elke smaak \u2013 van teater en musiek tot gesprekke, dans en literatuur.<\/p>\n<p>\u2019n Besonderse hoogtepunt vanjaar is die RSG\/ATKV-vierkant by die US-museum, waar feesgangers elke dag kan kom saamkuier, luister en deel in die vreugde van stories en musiek, skryf die ATKV.<\/p>\n<p><em>Vir die volledige program, daaglikse foto&#8217;s en videos besoek gerus ons Facebook-blad: <a id=\"LPlnk600248\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/zarsg\">https:\/\/www.facebook.com\/zarsg<\/a><\/em><\/p>\n<p>In wat beloof om \u2019n hoogtepunt vir die jongspan te wees, nooi Lalla Lees jong lesers \u00e9n hulle ouers om saam te kom luister na \u2019n halfuur vol verbeelding, pret en lag.<\/p>\n<p>Van 13 tot 19 Oktober, elke oggend van 11:00 tot 11:30, wag daar \u2019n spesiale storietyd by die RSG\/ATKV-vierkant by die US-museum. Dit is die perfekte geleentheid vir kinders wat reeds boeke verslind, of di\u00e9 wat nog net begin ontdek hoe lekker lees kan wees.<\/p>\n<p>Bring jou nuuskierigheid \u2013 en jou glimlag \u2013 en kom duik saam met Lalla Lees in \u2019n w\u00eareld waar woorde lewend word.<\/p>\n<p>Vir musiekliefhebbers sal die bekende kunstenaar Jak de Priester ook by die vierkant optree \u2013 \u2019n geleentheid wat jy nie wil misloop nie.<\/p>\n<p>RSG sal die feesjoligheid vanaf die vierkant regstreeks uitsaai en besoekers kan uitsien na verrassings, geselsies en \u2019n warm, gesellige atmosfeer.<\/p>\n<p>Amor\u00e9 Swanepoel, bemarkingsbestuurder van RSG, s\u00ea hulle is reeds verskeie jare by die Woordfees betrokke.<\/p>\n<p>\u201cDit is vir RSG so lekker om met feeste te kan assosieer en regtig van die kunste deel te wees. Die Woordfees l\u00ea ons baie na aan die hart,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p>Amor\u00e9 verduidelik RSG se grootste oogmerk vanjaar is om nader aan hul luisteraars te kom en deel van die fees te wees.<\/p>\n<p>\u201cOns vennootskap met die ATKV werk uitstekend, want ons deel dieselfde teikengehore en waardes. By die Woordfees wil ons vir feesgangers \u2019n plek bied waar hulle nie net inligting kan kry nie, maar ook saam kan sit, kuier en eenvoudig die fees geniet.\u201d<\/p>\n<p>Op die vraag oor waarom die RSG besluit het om spesifiek \u2019n ruimte vir kuier te skep, eerder as net \u2019n tradisionele uitsaaitent, antwoord Amor\u00e9:\u00a0 \u201cOns het die idee van \u2019n kuierarea saam met die ATKV begin toets by die KKNK en dit het baie goed gewerk.<\/p>\n<p>\u201cDie kombinasie van \u2019n program vir kinders, volwassenes \u00e9n radiouitsendings bied iets vir almal. Van jaar wou ons dieselfde by die Woordfees implementeer \u2013 en dit is vir ons \u2019n groot voorreg om weer saam met die ATKV s\u00f3 \u2019n aanbod te kan skep.\u201d<\/p>\n<p>Amor\u00e9 brei uit oor watter ander programme en aktiwiteite by die RSG\/ATKV-vierkant sal plaasvind.<\/p>\n<p>\u201cOns skep \u2019n gesellige leeshoek die by RSG\/ATKV-vierkant waar mense rustig kan sit en literatuur geniet. Ons saai programme soos <em>Spektrum<\/em>, <em>360<\/em>, <em>Kommentaar<\/em>, <em>Naweek-aktueel<\/em> en <em>Saterdag Sprankel<\/em> saam met Sue Pyler-Slabbert regstreeks van hier uit. Elke oggend bied Jak de Priester \u2019n spesiale geselsprogram aan en daar is ook daaglikse voorlesings vir kinders \u2013 \u2019n lekker geleentheid om die liefde vir stories en boeke te deel.<\/p>\n<p>\u201cOns is baie opgewonde om Jak daar te h\u00ea. Hy is al vir \u2019n geruime tyd met sy gewilde program <em>Glasiewynfontein<\/em> op Donderdagaande by RSG betrokke. By die Woordfees kry feesgangers nou die kans om hom en sy gaste regstreeks, in lewende lywe, te ervaar \u2013 dit is basies radio wat voor jou o\u00eb gebeur.\u201d<\/p>\n<p>Amor\u00e9 voeg by daar sal beslis geleenthede wees vir feesgangers om met RSG-persoonlikhede te gesels of foto\u2019s te neem.<\/p>\n<p>\u201cOns luisteraars en ons omroepers is ewe lief vir mekaar en die Woordfees is die perfekte plek om daardie band te vier. Bekende stemme soos Martelize Brink, Johan Rademan en Suzanne Paxton sal daar wees \u2013 en feesgangers kan voor die uitsendings kom kuier, hallo s\u00ea, \u2019n foto neem of selfs saam met ons \u2019n koppie koffie geniet. Daar sal beslis baie geleenthede wees om met RSG-persoonlikhede te gesels.\u201d<\/p>\n<p>Dus, kom kuier, kom luister, kom vier. Die Toyota Stellenbosch Woordfees beloof vanjaar weer \u2019n fees van stories, musiek en mense.<\/p>\n<p>\u201cDit is vir ons \u2019n voorreg om al vir so lank deel van die kunste en van feeste soos die Woordfees te wees,\u201d s\u00ea Amor\u00e9.<\/p>\n<p>\u201cOns is dankbaar dat die Woordfees reeds 25 jaar bestaan en steeds van krag tot krag gaan. Die passie en toewyding van die span agter die fees spreek boekdele en ons vier hierdie mylpaal graag saam met hulle.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<\/div>\n<\/div>\n<\/div>\n<\/div>\n<\/section>\n<section class=\"content component meta base-bg\">\n<p class=\"date base-text\">\n<\/section>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Woordfees 25: RSG\/ATKV-vierkant is daar!","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/Story-D2.png","short-description":"\u2019n Besonderse hoogtepunt vanjaar is die RSG\/ATKV-vierkant by die US-museum, waar feesgangers elke dag kan kom saamkuier, luister en deel in die vreugde van stories en musiek, skryf die ATKV.","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/rsg2.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[222],"class_list":["post-125842","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-projekte"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/125842","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=125842"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/125842\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":125847,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/125842\/revisions\/125847"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=125842"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=125842"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}