{"id":126487,"date":"2025-10-19T11:12:14","date_gmt":"2025-10-19T09:12:14","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=126487"},"modified":"2025-11-06T15:05:59","modified_gmt":"2025-11-06T13:05:59","slug":"luister-van-donderdag-na-die-voorlesing-van-die-finale-bergengel-boek","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/luister-van-donderdag-na-die-voorlesing-van-die-finale-bergengel-boek\/","title":{"rendered":"Luister saans na die voorlesing van die finale Bergengel boek"},"content":{"rendered":"<p>RSG-luisteraars het reeds vir jare saam met die skrywer Carina Stander op \u2019n merkwaardige reis deur haar veelbekroonde en geliefde Bergengel-reeks gegaan. Nou, op Donderdag 23 Oktober, begin die laaste hoofstuk van hierdie epiese vertelling, wanneer <em>Die Waterplek: Gabri\u00eblli\u00eb<\/em> as laataandboekvoorlesing op RSG uitgesaai word. Luisteraars kan voorlesings uit di\u00e9 laaste boek elke weeksaand n\u00e1 21:00 op RSG beleef. Dit is die vierde en finale boek in die reeks \u00a0en volg op <em>Die Bergengel<\/em>, <em>Die Wonderwese<\/em> en <em>Die Waterplek: Afrika<\/em>.<\/p>\n<p><em>Die Waterplek: Gabri\u00eblli\u00eb<\/em> bring nie net \u2019n einde aan \u2019n geliefde storie nie, maar ook aan \u2018n kreatiewe samewerking wat oor jare heen geslyp is. Die skrywer Carina Stander, die regisseur Amor Tredoux en die leser Pieter van Zyl het saam met die RSG-span \u2018n w\u00eareld geskep waarin luisteraars weggevoer is na die ryk verbeeldingslandskap van Gabri\u00eblli\u00eb, die Onbekende Eilandgroep van Afrika, en die lewenspad van Eron Verberger, die honderdste Bergengel.<\/p>\n<p>In <em>Die Waterplek: Gabri\u00eblli\u00eb<\/em> vaar Eron saam met sy pa, Gibor, en \u2018n groep vlugtelinge terug na hul vaderland. As intellektuele rebel en vision\u00eare leier word Eron in hierdie laaste hoofstuk gekonfronteer met die Uitdooftyd, \u2018n tyd waarin &#8216;n antieke, duister mag sy kop uitsteek. Wat volg is \u2018n stryd teen bose magte, interne verdeeldheid en misterieuse verdwynings, alles teen die agtergrond van \u2019n volk op die rand van vernietiging. Eron moet besluit of hy in staat is om die lig en donker in homself te versoen, en of hy werklik die w\u00eareld waarin hy leef, kan red.<\/p>\n<p>Die verhaal is nie net \u2018n fiktiewe avontuur nie, maar \u2018n diep persoonlike onderneming vir Stander. In \u2018n openhartige refleksie op haar skrywerspad s\u00ea sy dat sy eers n\u00e1 die voltooiing van die reeks besef het hoe haar eie lewe, van haar kinderdae op &#8216;n plaas in Limpopo tot haar opleiding in beeldende kuns, subtiel verweef is met die w\u00eareld van die Bergengel-boeke. Sy het met opset \u2018n afstand tussen haarself en haar hoofkarakter geskep, maar uiteindelik besef dat elke aspek van haar lewe &#8211; \u00a0haar ouma se vergeetagtigheid, haar ma se liefde vir taal, haar eie werk met bronsgieters en houtwerkers &#8211; hul pad na die bladsye van die reeks gevind het. Sy noem dat hierdie verhaal nie bloot \u2018n produk van verbeelding is nie, maar \u2018n diep persoonlike verklaring van wat sy glo: oor vryheid, oorlog, genesing, identiteit, vriendskap en verlies.<\/p>\n<p>Pieter van Zyl, die stem agter al vier boeke, vertel hoe diep die reeks hom geraak het. Reeds met die eerste paragrawe van <em>Die Bergengel<\/em> het hy gevoel dat iets besonders wag, en die teks het hom laat bewe van opwinding. \u201cDie ontdekkingsreis van \u2019n jong man het iets argetipies in my beweeg,\u201d s\u00ea hy. \u201cDie po\u00ebtiese teks bekoor soos musiek of beeldhoukuns.\u201d Volgens Pieter is dit onmoontlik om die boeke van mekaar te skei, hulle vorm een deurlopende verhaal wat al hoe meer epies en diep raak. Hy hoop dat <em>Die Waterplek: Gabri\u00eblli\u00eb<\/em> luisteraars net so sal meevoer soos die vorige boeke.<\/p>\n<p>Die produksie van hierdie reeks is \u2018n samewerking wat met sorg en passie benader is. Die regisseur Amor Tredoux het deurgaans gesorg dat die voorlesings nie net professioneel is nie, maar ook die magiese, byna mistieke gees van die boeke eer. Hierdie projek is meer as \u2019n boekvoorlesing, dit is \u2019n klankervaring wat luisteraars op reis neem deur \u2019n w\u00eareld wat gelyktydig vreemd en vertroud is.<\/p>\n<p>Carina Stander bestempel die skryf van die reeks as \u2019n 22-jaar lange pelgrimstog. \u2018n Proses van bloedsweet, liefde en onthulling. Sy bedank elke leser en luisteraar wat die pad saam met haar gestap het. \u201cMy wens is dat die verhaal deur die radio heen tot in julle karre en kombuise, huise en harte sal warrel; dat dit vertroosting sal bring en luisteraars sal vul met afwagting, frustrasie, vrees, woede, skaterlag en verwondering,\u201d s\u00ea sy. \u201cMag die kinkels julle onkant vang, mag die bedreigings in die verhaal julle slapelose nagte gee en mag hierdie laaste reis julle verbeeldings verruim soos wat dit myne verruim het.\u201d<\/p>\n<p>RSG nooi\u00a0 luisteraars uit om hierdie laaste deel van die Bergengel-reeks saam te beleef. Skakel\u00a0 vanaf Donderdag 23 Oktober op weeksaande n\u00e1 21:00 in op RSG vir die laataandboekvoorlesing.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Luister saans na die voorlesing van die finale Bergengel boek","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/516771813_10161207146952073_5794588381529820715_n-copy-1.jpg","short-description":"Op Donderdag 23 Oktober, begin die laaste hoofstuk van hierdie epiese vertelling, wanneer Die Waterplek: Gabri\u00eblli\u00eb as laataandboekvoorlesing op RSG uitgesaai word. Luisteraars kan voorlesings uit di\u00e9 laaste boek elke weeksaand n\u00e1 21:00 op RSG beleef. Dit is die vierde en finale boek in die reeks \u00a0en volg op Die Bergengel, Die Wonderwese en Die Waterplek: Afrika.","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/10\/Carina-Stander-en-Pieter-van-Zyl.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[434],"class_list":["post-126487","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-boeke-temas"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/126487","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=126487"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/126487\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":127922,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/126487\/revisions\/127922"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=126487"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=126487"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}