{"id":128287,"date":"2025-11-12T10:57:40","date_gmt":"2025-11-12T08:57:40","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=128287"},"modified":"2025-11-14T16:42:19","modified_gmt":"2025-11-14T14:42:19","slug":"donderdagaand-desembersterre-gee-n-komiese-kykie-in-die-lewe-van-tv-sterre","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/donderdagaand-desembersterre-gee-n-komiese-kykie-in-die-lewe-van-tv-sterre\/","title":{"rendered":"Luister weer: &#8216;Desembersterre&#8217; gee \u2018n komiese kykie in die lewe van TV-sterre"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"font-weight: 400\">Glanspaartjies en die leefw\u00eareld van bekendes is nie altyd maanskyn en rose nie. In\u00a0<em>Desembersterre<\/em><\/span><i><span style=\"font-weight: 400\">\u00a0<\/span><\/i><span style=\"font-weight: 400\">wat op 13 November uitgesaai word, \u00a0het Helena Hugo haar ervaring as aktrise en skrywer vervat in \u2018n pittige komedie wat juis die wel en we\u00eb van die voorbladgesigte ontbloot. Geniet \u2018n kykie agter die skerms in die lewe van TV-sterre.<\/span><\/p>\n<h3><span style=\"font-weight: 400\">Die storie<\/span><\/h3>\n<p>Desembersterre is geskoei op &#8216;n komiese liefdesverhaaltjie wat Helena &#8216;n paar jaar gelede geskryf het. Dit is gebaseer op haar eie ervaring van die toneelw\u00eareld, die wel en we\u00eb van akteurs, aktrises en ja, gewilde sepiespelers.<\/p>\n<p>Agter die skerms is hulle ook maar net gewone mense wat hopelik soms vir hulself\u00a0 kan lag.<\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Die lewens van bekende sepiesterre prikkel die verbeelding van Jan Alleman. Voorblaaie vertel die stories van hul lewens agter die kameras. Deesdae neem sterre die storie in hul eie hande en deel hul lewens op sosiale media. Beide die platforms vertel steeds net geselekteerde en soms gepoetste weergawes van dit wat die sterre en die vervaardigers met ons wil deel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\"><em>Desembersterre<\/em> bied \u2018n humoristiese kyk op die regte lewens van \u2018n paar sepiesterre en ons leer meer oor hul persoonlike en professionele uitdagings.\u00a0<\/span><\/p>\n<h3><span style=\"font-weight: 400\">Die akteurs<\/span><\/h3>\n<p>Lizelle Pike, Dihan Keun, Botha Enslin, Mia-Anne O\u2019Kennedy, Sean Brebnor en Rian Terblanche is in die rolverdeling.<\/p>\n<h3><span style=\"font-weight: 400\">Van die skrywer \u2013 Helena Hugo<\/span><\/h3>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">\u201cEk het my CV gaan raadpleeg en met &#8216;n skok besef dat ek my eerste radiotekste, al in 1978 geskryf het: <em>Atlantis<\/em>, &#8216;n vervolgverhaal van 15 episodes vir Iris Bester se Jongspanateljee.\u201d <\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Daarna het sy verskeie boekverwerkings gedoen voordat sy haar eie stories vir volwassenes begin skryf en opgevoer het. Sy is nogal trots is op haar\u00a0 ATKV-veertjie vir <em>Swane<\/em>. \u201cRadiodrama as genre fassineer my geweldig en ek is dankbaar dat ek steeds my bydrae kan lewer,\u201d s\u00ea Hugo.<\/span><\/p>\n<h3><span style=\"font-weight: 400\">Van die regisseur \u2013 Estel de Beer<\/span><\/h3>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">\u201cEk het besluit om die karakters, selfs wanneer hulle nie op die kassie is nie, ietwat as karikature uit te beeld. Nie omdat akteurs in die regte lewe altyd so is nie, maar omdat die publiek soms vergeet dat akteurs ook net gewone mense is.\u201d <\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\">Helena se spitsvondig skryfstyl en dialoog in die drama het juis ruimte geskep vir die interpretasie. Ons leun werklik in die drama in.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-weight: 400\"><em>Desembersterre<\/em> het talle musiekbr\u00fbe. Dit spreek ook tot die w\u00eareld van die vermaaklikheids-industrie waar musiek \u2018n groot rol speel in die vervaardiging van produksies. Daar is deur die hele drama van instrumentale musiek gebruik gemaak sodat die enigste dialoog die van die akteurs is, juis omdat die kollig altyd op hulle val. Die liedjies is egter nie lukraak gekies nie en musiekliefhebbers wat die liedjies herken sal verstaan hoe die lirieke (wat jy in jou gedagtes kan saamsing) by spesifieke tonele inpas.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Luister weer: 'Desembersterre' se komiese kykie in die lewe van TV-sterre","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/11\/2-Desembersterre-Estel-de-Beer-Botha-Enslin-Lizelle-Pike-Sean-Brebnor-Mia-Anne-OKennedy-Rian-Terblanche-Dihan-Keun-copy.jpg","short-description":"Luiaster weer: 'Desembersterre' gee \u2018n komiese kykie in die lewe van TV-sterre","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/11\/Screenshot-2025-11-12-at-10.51.07-copy.jpg","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/11\/images-1.jpg","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/11\/Screenshot-2025-11-12-at-10.49.57-copy.jpg","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/11\/MV5BYjgzZmI2NjQtM2RhYy00Mzc4LWI5YmQtNDg3NTUyYWM4ZmQ4XkEyXkFqcGc@._V1_.jpg","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/11\/2-Desembersterre-Estel-de-Beer-Botha-Enslin-Lizelle-Pike-Sean-Brebnor-Mia-Anne-OKennedy-Rian-Terblanche-Dihan-Keun.jpeg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[414],"class_list":["post-128287","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-radioteater-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/128287","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=128287"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/128287\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":128457,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/128287\/revisions\/128457"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=128287"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=128287"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}