{"id":128372,"date":"2025-11-13T16:43:04","date_gmt":"2025-11-13T14:43:04","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=128372"},"modified":"2025-11-19T14:40:50","modified_gmt":"2025-11-19T12:40:50","slug":"ouma-met-9-kleinkinders-wen-2025-se-bakgat-beskuitkompetisie","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/ouma-met-9-kleinkinders-wen-2025-se-bakgat-beskuitkompetisie\/","title":{"rendered":"Ouma wen 2025 se Bakgat-beskuitkompetisie: bestel die wenners se beskuit hier"},"content":{"rendered":"<div dir=\"ltr\">\n<p>\u2018n Ouma van Pretoria met nege kleinkinders wat behoorlik smul aan haar beskuit, is as die algehele wenner aangewys in RSG en Virseker se landwye soektog na die land se \u201cbakgatste\u201d beskuit. Magda Janse van Vuuren (71) het \u2018n totale pryspakket ter waarde van meer as R700 000 ontvang.<\/p>\n<p>Van Vuuren met haar \u201cAlles in een\u201d-ontbytbeskuit het ook in die modern-kategorie gewen met Dominique Stander van Alberton en Martie Lamprecht van Klerksdorp in onderskeidelik in die tweede en derde plek.<\/p>\n<p>Neels Heydenreich (58) van Ermelo het in die tradisioneel-kategorie koning gekraai met sy anysbeskuit. Izanne Barnard van Gqeberha was in die tweede plek en Carine van der Merwe van Jeffreysbaai in die derde plek.<\/p>\n<p>Marthl\u00e9 Smit van Gqeberha, 2024 se Bakgat-wenner, was een van die eindronde se beoordelaars en het die algehele wenner regstreeks op RSG aangekondig.<\/p>\n<p>Van Vuuren was sprakeloos toe sy na afloop van die finale proe-beoordeling as Bakgat-bakster aangewys is.<\/p>\n<p>Die 2025 <strong>Bakgat-beskuitkompetisie<\/strong> was vanjaar <strong>dubbeld so groot<\/strong> en het luisteraars uitgenooi om in twee kategorie\u00eb in te skryf: <strong>Tradisioneel<\/strong> en <strong>Modern<\/strong>. Die passie en kreatiwiteit van Suid-Afrika se bakkers het alle verwagtinge oortref.<\/p>\n<p>Die uitdunproses was vanjaar besonder uitdagend weens die twee afdelings. Tydens streng proe-rondes is die oorspronklike inskrywings tot &#8216;n groep van top-finaliste verminder, wat die beoordelaars se taak om die wenner van die land se beste beskuit te bepaal, net moeiliker gemaak het. Die Top 6-finaliste se beskuit is op Nasionale Beskuitdag, Donderdag 13 November, een laaste keer geproe om \u2018n wenner aan te kondig.<\/p>\n<p>Die ses van die bestes van Suid-Afrika se bakkers is tydens \u2018n luisterryke geleentheid by Virseker se kantore in Johannesburg geproe met RSG se Eloise Cupido en Derrich Gardener as die gasvrou en gasheer.<\/p>\n<p>Die finale paneel beoordelaars het onder andere 2024 se wenner, Marthl\u00e9 Smith ingesluit, asook bekendes en kenners uit die kos- en entrepreneurskapsw\u00eareld.<\/p>\n<p>Die 2025-prys is spesifiek saamgestel om die wenner in staat te stel om hul eie sake-onderneming te kan begin en uit te brei:<\/p>\n<ul>\n<li><strong>R500 000 se lugtyd<\/strong>\u00a0op RSG.<\/li>\n<li>Die ontwikkeling van die wenner se\u00a0<strong>onderneming se korporatiewe identiteit<\/strong>.<\/li>\n<li><strong>Blootstelling<\/strong>\u00a0op Maroela Media ter waarde van R70 000.<\/li>\n<li>Beskuitpanne van\u00a0<strong>Panneman<\/strong><\/li>\n<li><strong>R30 000 kontant<\/strong> geskenk deur Virseker.<\/li>\n<li><strong>Mentorskap<\/strong>\u00a0deur Michelin-Chef, Jan-Hendrik van der Westhuizen!<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die wenners in elke kategorie ontvang ook elk R10 000 van Virseker. Die tweede en derde plek ontvang elk R5 000 geskenk deur Virseker. Panneman borg ook beskuitpanne vir al die top-finaliste.<\/p>\n<p>\u201cOns voel Virseker en Afrikaans gaan hand aan hand soos koffie en beskuit. Ons deel RSG se liefde en opwinding vir Afrikaans,\u201d s\u00ea Morn\u00e9 van Emmenes van Virseker oor hierdie besonderse vennootskap. \u201cOm entrepreneurskap te bevorder terwyl ons die Afrikaanse gemeenskap deel maak van die projek, is vir ons ongelooflik vervullend.\u201d<\/p>\n<p><strong>Louise Jooste<\/strong>, RSG se sakebestuurder, het haar dankbaarheid uitgespreek. \u201cRSG se luisteraars is werklik die heel beste. Ons is oorweldig deur die passie van die deelnemers en die verskeidenheid baksels in die nuwe kategorie\u00eb. Nogmaals dankie aan elke deelnemer. Mag julle dryfkrag vir julle vele deure open.\u201d<\/p>\n<p>Soos in verlede jaar, sal die oorblywende beskuit-inskrywings aan behoeftige mense en instellings versprei word in samewerking met liefdadigheidsorganisasies, om sodoende &#8216;n tasbare verskil in die gemeenskap te maak.<\/p>\n<div class=\"elementToProof\">As jy by ons finaliste wil beskuit bestel, kontak hulle gerus:<\/div>\n<ul data-editing-info=\"{&quot;applyListStyleFromLevel&quot;:true}\">\n<li>\n<div role=\"presentation\">Neels Heydenreich &#8211; Anys: neelsheydenreich@gmail.com<\/div>\n<\/li>\n<li>\n<div role=\"presentation\">Dominique Stander &#8211; Death by Chocolate: nikkistander7@gmail.com<\/div>\n<\/li>\n<li>\n<div role=\"presentation\">Izanne Barnard &#8211; Karringmelk: mammasegebak@gmail.com<\/div>\n<\/li>\n<li>\n<div role=\"presentation\">Martie Lamprecht &#8211; Pistatio en cranberry Biscotti fingers gedoop in koffiesjokolade: martielamprecht@gmail.com<\/div>\n<\/li>\n<li>\n<div role=\"presentation\">Carine van der Merwe &#8211; Karringmelk: vdmfam@hotmail.com<\/div>\n<\/li>\n<li>\n<div role=\"presentation\">Magda Janse van Vuuren: Haar beskuit sal eersdaags in Plato&#8217;s landswyd te koop wees, waarna sy eersdaags haar eie winkel sal loods. Hou ons platforms dop vir verdere inligting.<\/div>\n<\/li>\n<\/ul>\n<p><em>Vir meer inligting, besoek <\/em><strong><em>rsg.co.za<\/em><\/strong><em> of die stasie se sosiale media.<\/em><\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Ouma met 9 kleinkinders wen 2025 se Bakgat-beskuitkompetisie","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/11\/image0-1.jpeg","short-description":"Ouma met 9 kleinkinders wen 2025 se Bakgat-beskuitkompetisie","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/11\/image2.jpeg","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/11\/fe9b1d47-047f-4939-aa66-5276c5624737.jpg","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/11\/image1-scaled.jpeg","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/11\/image0-2.jpeg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[422,222],"class_list":["post-128372","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-kompetisie","rsg-nou-kategorie-projekte"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/128372","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=128372"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/128372\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=128372"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=128372"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}