{"id":128921,"date":"2025-11-21T13:15:31","date_gmt":"2025-11-21T11:15:31","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=128921"},"modified":"2025-12-26T14:05:38","modified_gmt":"2025-12-26T12:05:38","slug":"prestigetoekennings-vier-taal-en-kultuurreuse","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/prestigetoekennings-vier-taal-en-kultuurreuse\/","title":{"rendered":"Prestigetoekennings vier taal- en kultuurreuse"},"content":{"rendered":"<p>Tydens \u2019n spoggeleentheid by Die Boekklub in Johannesdal buite Stellenbosch is vier vooraanstaande Suid-Afrikaners \u2013 Magdaleen Kruger, Max du Preez, Hein Willemse en Philip de Vos \u2013 met die ATKV se Prestigetoekenning vereer vir hul onmiskenbare impak op die Afrikaanse taal- en kultuurw\u00eareld.<\/p>\n<p>Elke ontvanger het ook \u2019n skildery van Henk Serfontein ontvang. Die seremoniemeester van die aand was Kabous Meiring. Sy het ges\u00ea dis belangrik dat hierdie mense se name by vorige ontvangers gevoeg word, omdat hulle die ruimte in Afrikaans geskep het waarin ons tans in Afrikaans kan werk en kreatief wees. Sy het ook van die groot datums in Suid-Afrika se geskiedenis sedert 1930 uitgelig en ges\u00ea met elkeen van daardie gebeurtenisse was die ATKV die afgelope 95 jaar deel daarvan.<\/p>\n<p><span class=\"heading sm\"><strong>Die ontvangers<\/strong><\/span><\/p>\n<p><strong>Magdaleen Kruger<\/strong>\u00a0is vereer vir haar bydrae tot radio, waar sy vir meer as 32 jaar as verslaggewer, regisseur, redakteur, omroeper en eindelik stasiebestuurder van RSG gewerk het. Wat sy vir openbare diensradio verrig het, is van onskatbare waarde.<\/p>\n<p>Kobus Burger \u2013 radioman by RSG, kunstejoernalis, regisseur en rolspeler in die Afrikaanse kultuurlandskap \u2013 het die commendatio vir Kruger gedoen. Hy werk as kuns- en kultuurredakteur en is betrokke by verskeie radiodramas en musiekprogramme.<\/p>\n<p>Kobus was by RSG \u2019n jarelange kollega van Magdaleen en het in sy commendatio ges\u00ea: \u201cIn die gange van die SAUK, onder leiding van Magdaleen Kruger, is daar na RSG verwys as die \u2018olieboor van die SAUK\u2019. In die sowat 15 jaar as RSG se stasiebestuurder, het sy die nasionale Afrikaanse uitsaaier se winsgewendheid en gehaltesuksesse uitgebou.<\/p>\n<p>\u201cHaar liefde vir taal, asook die kunste en kultuur, het reeds tydens haar jare by die ATKV uiting gevind toe sy die organiseerder vir toneel en klassieke musiek was. Later was sy aanbieder van\u00a0<em>Taaldinge<\/em>\u00a0op RSG, en tans is sy steeds die anker van\u00a0<em>Loof die Here<\/em>, een van die oudste programme op Afrikaanse radio.<\/p>\n<p>\u201cVan nuus en musiek tot taal, talentbestuur en selfs die georganiseerde vakbondwese, het Magdaleen Kruger in haar meer as drie dekades by die SAUK haar stempel afgedruk en seker gemaak dat die verveling van voorspelbaarheid nie die vlamme van die draadloos blus nie.\u201d<\/p>\n<p>Magdaleen het met ontvangs ges\u00ea die toekenning is \u2019n groot eer, dat sy \u2019n sagte plek het vir die ATKV en dat die tyd by die ATKV vroeg in haar lewe haar baie goed voorberei het vir die posisies wat sy later in haar lewe beklee het. Daar het sy geleer organiseer en om mense te kan bestuur.<\/p>\n<p>Sy het ges\u00ea sy moet vir heelwat mense dankie s\u00ea, want haar sukses is te danke aan \u2019n groot klomp mense se bydrae.<\/p>\n<p><strong>Prof. Hein Willemse<\/strong>, akademikus, skrywer en kultuurdenker, is vereer vir sy werk oor kanonisering, kreolisering en marginalisering in die Afrikaanse letterkunde, die meervoudige geskiedenisse van Afrikaans en die rol van bruin en swart Afrikaanssprekendes in die taal se ontwikkeling. Hy het wyd gepubliseer oor temas soos identiteit, taalpolitiek en die dekonstruksie van die Afrikaanse kanon.<\/p>\n<p>Willemse is bekend as \u2019n dekoloniale denker wat Afrikaans help beskou het as meer as net \u201cdie taal van die onderdrukker\u201d. Sy werk het \u2019n groot invloed op die verbreding van die Afrikaanse liter\u00eare en kulturele gesprek gehad.<\/p>\n<p>Die akademikus en literator, prof. Willie Burger, verbonde aan die Universiteit van Pretoria as professor in die Afrikaanse letterkunde en bekend vir sy werk oor narratologie, liter\u00eare teorie en Afrikaanse prosa, het prof. Willemse se commendatio behartig.<\/p>\n<p>Hy het ges\u00ea Willemse het ongetwyfeld \u2019n volgehoue bydrae op verskeie terreine van die Afrikaanse taal- en kultuurlandskap gelewer, \u201cmaar sy belangrikste bydrae is dat hy in der waarheid die manier waarop ons \u00f3\u00f3r die konsep \u2018Afrikaanse taal en kultuur\u2019 dink, help verander het.<\/p>\n<p>\u201cDie vari\u00ebteit van Afrikaans wat in woordeboeke en grammatikas beskryf is en tot amptelike taal verhef is, het \u2019n groot groep Afrikaanssprekendes uitgesluit. In ons dae het hierdie kennis nou al gemene besit geword en (byna) almal stem daarmee saam, maar dit het algemene kennis geword danksy die werk van onder meer Hein, wat met onverdrote ywer die gevestigde opvatting van Afrikaans en die Afrikaanse liter\u00eare kanon uitgedaag het.<\/p>\n<p>\u201cHein het die gemaksone van beskouings oor Afrikaans se herkoms en die liter\u00eare kanon deur sy navorsing uitgedaag. Sy boek\u00a0<em>Aan die ander kant<\/em>\u00a0is baanbrekerswerk. Hy grawe vergete, gemarginaliseerde stemme uit en wys voortdurend dat daar ook \u2019n ander kant aan elke verhaal is. N\u00e1 blootstelling aan Hein Willemse se werk, kan geen kritikus meer onbewus bly van die kant waarvandaan hulle kyk nie.\u201d<\/p>\n<p>Prof. Willemse het met ontvangs ges\u00ea een van die groot dinge wat ons met die geskiedenis van Afrikaans verloor het, toe Afrikaner-nasionalisme Afrikaans gekaap het, is die taal se bindingskrag oor die hele land. \u201cEk dink ons kan dit herwin; Afrikaans behoort nie net aan een groepering nie. Dis \u2013 naas Engels \u2013 die een taal wat al die spore van hierdie land dra \u2013 van alle gemeenskappe en oor alle grense heen.\u201d<\/p>\n<p><strong>Max du<\/strong><strong>\u202fPreez<\/strong>\u00a0is \u2019n invloedryke figuur in die Suid-Afrikaanse media- en kultuurlandskap. Sedert sy vroe\u00eb werk in koerante en sy toonaangewende stigting van\u00a0<em>Vrye<\/em><em>\u202fWeekblad<\/em>\u00a0tot sy latere werk as skrywer en kommentator, illustreer sy loopbaan \u2019n strewe na onafhanklike joernalistiek en \u2019n bereidheid om risiko\u2019s te neem ter wille van die waarheid en regverdigheid.<\/p>\n<p>Hy het verskeie boeke geskryf, waaronder sy memoires\u00a0<em>Pale Native: Memories of a Renegade Reporter<\/em>\u00a0(in beide Afrikaans en Engels) en ander werke soos\u00a0<em>Of Warriors, Lovers and Prophets\u00a0<\/em>en\u00a0<em>Of Tricksters, Tyrants and Turncoats<\/em>.<\/p>\n<p>Du\u202fPreez staan bekend as \u2019n Afrikaner wat gedurende \u2019n tydperk van groot politieke verandering sy taal- en kultuurruimte gebruik het om magstrukture uit te daag. Hy beklemtoon dat joernalistiek nie bloot verslag doen nie, maar ook \u2019n morele rol in die burgerlike samelewing speel.<\/p>\n<p>Die skrywer en joernalis Jacques Pauw \u2013 wat bekend is vir sy ondersoekende joernalistiek \u2013 het Du Preez se commendatio behartig. Pauw het vir verskeie koerante en televisieprogramme gewerk en talle korrupsie- en politieke skandale ontbloot.<\/p>\n<p>Hy het oor Du Preez ges\u00ea: \u201cToe ek hom in 1987 leer ken het, het hy geglo in vryheid, gelykheid en \u2019n geleentheid vir almal. Dis di\u00e9 beginsels wat ons probeer uitleef het toe ons die\u00a0<em>Vrye Weekblad<\/em>\u00a0\u2019n jaar later begin het.<\/p>\n<p>\u201cMax du Preez is \u2019n held, al vir vyf dekades lank. In die donkerste tye in Suid-Afrika, soos met die noodtoestand van die later-80\u2019s, het hy \u2019n lig op die verskriklikhede geskyn vir diegene wat wou sien. Elke boek wat hy geskryf het en elke stukkie joernalistiek wat uit sy pen gevloei het, is \u2019n standbeeld vir een van Suid-Afrika se grootste seuns.\u201d<\/p>\n<p>Du Preez het met ontvangs ges\u00ea hy praat Vrystaatste Afrikaans \u2013 die neutraalste van al die Afrikaanse vari\u00ebteite, maar hy is mal oor die taal; hy is trots om te s\u00ea dis sy moedertaal en hy is mal oor die taal in al sy vari\u00ebteite en aksente. Dis \u2019n wonderlike ding waarmee hy graag speel en eksperimenteer.<\/p>\n<p>Hy het vertel dat hy aan geen party of organisasies behoort nie, maar hy is \u2019n lid van die ATKV \u2013 die minste rasgereguleerde beweging in die land \u2013 en dit s\u00ea iets.<\/p>\n<p>\u201cDis vir my \u2019n vreemde ding om erkenning vir die Afrikaanse deel van my te kry. Dit kom min vanuit Afrikaanse geledere en dit maak dit vir my baie meer spesiaal.<\/p>\n<p>\u201cAfrikaans is vir my \u2019n hartsding en dit moet die mooiste storie wees van \u2019n taal wat ooit ontstaan het.\u201d<\/p>\n<p><strong>Philip de Vos<\/strong>\u00a0is vereer is vir sy werk as onderwyser, operasanger, skrywer en fotograaf. Hy het sedert 1984 al meer as 30 boeke in Afrikaans en Engels gepubliseer, met \u2019n sterk fokus op kinderliteratuur, limerieke en \u201cnonsenspo\u00ebsie\u201d. Fotografie vorm \u2019n belangrike deel van sy werk. Hy het verskeie solo-uitstallings gehou, fotobundels gepubliseer en baie erkenning vir sy werk as fotograaf ontvang. Sy nuutste boek,\u00a0<em>Die jaar toe dit gemmerbier gere\u00ebn het<\/em>, is onlangs gepubliseer.<\/p>\n<p>Frieda van den Heever \u2013 musikant, sangeres, liedjieskrywer, aktrise en radioaanbieder \u2013 het die commendatio vir Philip gedoen.<\/p>\n<p>Sy het in haar toespraak ges\u00ea: \u201cEen van my gunstelingskrywers het eens ges\u00ea: \u2018Storytelling is an act of hospitality.\u2019 Philip de Vos is gasvry verby. Hy steek sy meegevoelers uit (om \u2019n metafoor te gaan leen by sy geliefde goggas) in alles wat hy aanpak \u2013 of dit in verse skryf, foto\u2019s neem of musiek is. In alles wat hy deel, skemer die donker \u00e9n lig deur, die swoeg \u00e9n sweef, die pyn \u00e9n plesier, die klippe kou \u00e9n die lugkastele bou. Nie omdat hy probeer nie, maar omdat die lewe so is en hy lewensgetrou skep.<\/p>\n<p>\u201cPhilip se aanvoeling en intu\u00efsie is inspirerend, en sy ligvoetige styl het al diep spore in my en soveel ander lesers se binnelandskap gelaat. Dit word gekenmerk deur wonder, avontuur, verbeelding, humor, verrassings, o\u00ebnskynlike paradokse en woorde wat musiek maak.\u201d<\/p>\n<p>Sy het Nelia Gerber, \u2019n leerder van die Laerskool Totius, voorgestel, wat een van Philip se versies opges\u00ea het.<\/p>\n<p>Philip was oorbluf en het gegrap dat hy op 86 amper so oud soos Afrikaans as amptelike taal is! Hy het ges\u00ea hy is dankbaar dat hy rym ontdek het en al weet hy tot vandag toe nie hoe om te skryf \u00f3f hoe om te sing nie \u2013 hy d\u00f3\u00e9n albei net \u2013 weet hy:<\/p>\n<p>\u201cElke vo\u00ebltjie het sy lied \u2013<\/p>\n<p>selfs die seevo\u00ebl en die kokkewiet.<\/p>\n<p>Of dit nou fraai of goor of gek is,<\/p>\n<p>elkeen sing maar soos hy gebek is.\u201d<\/p>\n<p>Philip het die hoop uitgespreek dat hy nog baie kan sing soos hy gebek is.<\/p>\n<p>Son\u00e9l Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW, het ges\u00ea dis vir die ATKV belangrik om platforms te skep waar mense hulself kan uitleef. \u201cDis belangrik vir Afrikaans om sy plek in die land in te neem \u2013 nie as verdeler nie, maar as brugbouer en medium waarin versoening en nasiebou kan plaasvind.<\/p>\n<p>\u201cOns het vanaand voorbeelde van mense wat uitgestyg het omdat hulle nie noodwendig gekonformeer het nie \u2013 nie in \u2019n bepaalde boksie gebly het waarin ons mense wil plaas nie.<\/p>\n<p>\u201cAfrikaans is groot, dis wyd, dis baie divers. Dit het baie tongvalle; dit het baie invalle en \u2019n ryk geskiedenis wat baie verder strek as net die amptelike 100-jaar-viering van Afrikaans in 2025.\u201d<\/p>\n<p>Sy het ges\u00ea dis \u2019n taal wat gebore is uit \u2019n behoefte van mense wat in \u2019n land aangekom het en wou kommunikeer met di\u00e9 wat hulle hier aangetref het. \u201cEn as dit die oorsprong van \u2019n taal is, kan ek nie sien hoekom die taal nie sal voortleef nie.\u201d<\/p>\n<p>Vorige ontvangers van die ATKV-Prestigetoekenning sluit in dr. Anton Rupert (sakeleier), PG du Plessis (skrywer), lt.genl. M. van Vuuren (kultuurleier), Mimi Coertse (operasangeres), prof. Elize Botha (akademikus), prof. TT Cloete (digter), Elsa Joubert (skrywer), Peet van Staden (mediaman), Riaan Cruywagen (TV-nuuslegende), Antjie Krog (digter), prof. Richard van der Ross (akademikus), David Kramer (musikant), Tim du Plessis (joernalis), Marida Swanepoel (mediaskepper), Coenie de Villiers (sanger en liedjieskrywer) en Diana Ferrus (skrywer).<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"ATKV Prestigetoekennings vier Magdaleen Kruger en drie ander taal- en kultuurreuse","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/11\/atkv-prestige-copy-2.jpeg","short-description":"Prestigetoekennings vier taal- en kultuurreuse","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/11\/atkv-prestige-gys-loubser-5-copy.jpg"],"featured":"true","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[480,424],"class_list":["post-128921","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-projekte-temas","rsg-nou-kategorie-rsg-personeel"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/128921","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=128921"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/128921\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=128921"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=128921"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}