{"id":128942,"date":"2025-11-21T15:47:15","date_gmt":"2025-11-21T13:47:15","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=128942"},"modified":"2025-11-21T15:47:15","modified_gmt":"2025-11-21T13:47:15","slug":"nuwe-feestyd-vervolgverhaal-begin-24-november","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/nuwe-feestyd-vervolgverhaal-begin-24-november\/","title":{"rendered":"Nuwe feestyd-vervolgverhaal begin 24 November"},"content":{"rendered":"<p><em>Kersversierings van hoop <\/em>deur Joe Kleinhans, is \u2018n oorspronklike middagvervolgverhaal wat vanaf 24 November elke weeksdag om 14:45 uitgesaai word.<\/p>\n<p>Kleinhans, die wenner van die \u00a02007 RSG Radiodramaskryfkompetisie, is goed bekend aan luisteraars van radioteater en middagvervolgverhale. Hy vertel dat <em>Kersversierings van hoop<\/em> hom weliswaar uit sy gemaksone gedruk het.<\/p>\n<p>Lelia Etsebeth is die regisseur, en het haar ervaring ingespan om aan elke karakter lewe te gee.<\/p>\n<p>Die rolverdeling bestaan onder andere uit gunstelinge soos Tobie Cronj\u00e9, Marina Coetzee, Andr\u00e9 Stolz, Karen Wessels, Leon van Nierop, Heidi Mollentze en Charlie Bouguenon.<\/p>\n<p><strong>Die storie<\/strong><\/p>\n<p>In die verhaal word die rol en invloed van \u2018n hopie kersversierings op \u2018n huisgesin toegelig.<\/p>\n<p>Hannes (Charlie Bouguenon) en Lena (Heidi Mollentze) word groot met \u2018n kersboom en kersversierings. Dis \u2018n tradisie wat hulle voortsit met hulle kinders Emma (Imarie Oberholzer) en Ben (Dihan Keun).<\/p>\n<p>Maar met Emma uit die huis en Ben op pad universiteit toe, sit die twee ouers met die dreigende le\u00ebnessindroom. Skielik staan die boks vol kersversierings half vergete in die pakkamer.<\/p>\n<p>Die kersversierings is maar al te bewus van die spanning in die huis. Ben se matriekwegbreek en die slegte nagevolge van sy besluit, verhoog die spanning. Hannes word onverwags na sy baas se kantoor ontbied met dramatiese gevolge en dit voel vir die kersversierings of Kersfees\u00a0 besig is om te ontspoor.<\/p>\n<p><em>Kersversierings van hoop foku<\/em>s op mens (\u00e9n kersversierings) se stryd teen die w\u00eareld se beweging na modernisering en die wegdoen met simboliek. Emma en Ben se reis na jong volwassenheid weerspie\u00ebl die universele konflik oor hoe om volwasse te wees sonder om die betowering van die tradisie en nostalgie prys te gee.<\/p>\n<p>Die kersversierings het elke jaar een seisoen. Hierdie tydsdruk plaas hulle normaalweg onder spanning, maar vanjaar is dit erger. As hulle nie daarin slaag om hulle waarde en relevansie te behou nie, word hulle moontlik vir altyd weggegee. Terwyl hulle die lief en leed van die huismense intens beleef, voel die kersversierings die omgekeerde is nie waar nie. Hulle soek naarstiglik na beter maniere om met die huismense te kommunikeer.<\/p>\n<p>Dit lyk asof die kersversierings hartlik en feestelik saamleef, maar die vrede word dalk versteur. Hulle verskille is juis vanjaar groter vanwe\u00eb die moontlikheid dat hulle nie langer in di\u00e9 huis gebruik gaan word nie. En dan is daar natuurlik die impak wat Worsie (Phillru van Achterbergh) die worshond op hulle het. Die Dachshund verpes die kersversierings omdat hulle gedurende die Kerstyd al die aandag kry wat hy glo hom toekom. Hy maak dit sy doelwit om \u2018n einde te bring aan die kersboom en kersversierings in die huis.<\/p>\n<p><strong>Wie is wie: die rolverdeling<\/strong><\/p>\n<p>Hannes (Charlie Bouguenon) is in sy middel vyftigs, stil en bedagsaam, geheg aan tradisie, maar laat Lena sy vrou, aanvanklik die leiding neem. Hy is \u2018n knap meulmaker, wat gemoeid is met die herstel en installering van meganiese toerusting wat elektries aangedryf en beheer word. Na dertig jaar se diens verander sy beroepslewe skielik sonder waarskuwing.<\/p>\n<p>Lena (Heidi Mollentze) \u00a0het pas vyftig geword, is goedhartig en prakties. Sy is trots op haar huis maar wil eenvoudiger leef omdat die kinders uit die huis gaan. Die dreigende le\u00ebnessindroom kan haar laat ontspoor. Nostalgie krap haar om. Maar Lena is die een wat meer kontak met die kersversierings begin maak en sy begin met haar gunsteling Gloria, die goue engel, haar \u201ckersboomkroon\u201d.<\/p>\n<p>Emma (Imarie Oberholzer) is uit die huis verpleegkollege toe. Sy werk en studeer en voel haarself geroepe om haar in verpleging te bekwaam. Maar dit bring \u2018n nuwe leefwyse mee waarin die wonder van die kersboom in di\u00e9 stadium van haar lewe nie meer naastenby so belangrik is as wat dit in haar kinderjare was nie.<\/p>\n<p>Ben (Dihan Keun) het pas matriek geskryf. Hy is ietwat van \u2018n rebel en hy glo Kersfees is \u2018n truuk om geld te maak. \u00a0Hy wil nie langer soos \u2018n kind behandel word nie. Hy kry die idee vir \u2018n matriekwegbreek in Ballito saam met sy vriende.\u00a0 Daarvoor het hy maande lank as kelner gewerk \u00a0om geld te spaar. Maar hulle kry motorprobleme\u00a0 en beland in \u2018n ernstige motorongeluk met tragiese gevolge.<\/p>\n<p>Meneer Eben Glas (Leon van Nierop) is \u2018n afgetrede ornamentmaker in sy vroe\u00eb sestigs. Hy het elke jaar die kersversierings van sy gereelde kli\u00ebnte nagegaan, maar vanjaar doen hy sy laaste rondte. Hy moes sy winkel \u201cGlas en Gees\u201d toemaak weens \u2018n dalende vraag na sy dienste, maar by terugskouding weet hy dis onder andere omdat hy nie in pas gebly het met die moderne manier van bemarking nie. Hy is glad nie vertroud met die impak van sosiale media nie en daarom klop hy by Ben aan.<\/p>\n<p>Blink (De Waal Stemmet) is \u2018n ou diskobal-ornament uit 1980. Hy is sinies en kla baie. Tog sit daar \u2018n sagte hart agter sy sarkasme.<\/p>\n<p>Tinsel (Tobie Cronj\u00e9) is \u2018n dramatiese hiperaktiewe string klatergoud. Hy is baie emosioneel en dit vererger n\u00e1 hy ontvoer word en in die tuin in die krismisroos opgehang word. Hy is mal oor flair en toneelspel. Jy wil vir hom lag, \u00e9n jy kry hom jammer.<\/p>\n<p>Oupa Krismis (Allan Dyssel) is \u2018n tradisionele rooi-en-groen, handgeverfde glasornament in die vorm van \u2018n miniatuur Kersvader. Hy was eens kroon op die kersboom \u00a0voor Gloria hom onttroon het en hy staan hy bedeesd onder die Kersboom.<\/p>\n<p>Luma en Lux (Karen Wessels en Lizelle Pike) is die vonkelende kersliggies. Hulle is soos \u2018n tweeling wat saam kan praat en sing. In hulle helder lig lewer hulle maklik sosiale kommentaar. Hulle kan mekaar afwissel deurdat een liggie prakties kan dink terwyl die ander liggie \u2018n regte dromer vir die oomblik is.<\/p>\n<p>Oubaas Denne (Andr\u00e9 Stolz) die herbruikbare kunsboom word uit verskeie dele saamgestel en is gekoop toe die regte kersboom siek geword en doodgegaan het. Dit was \u2018n regte tranedal in die huis, en dit was die enigste rede waarom Lena ingestem het dat die nuwe Oubaas Denne gekoop kon word.<\/p>\n<p>Worsie (Phillru van Achterbergh) is die worshond van die huis. Sy voorsate kom uit Duitsland en daarom verkies hy om Dachshund genoem te word. Hy is gespierd met kort, stomp bene. Sy voorpote is buitengewoon groot en spaanvormig en hy hou daarvan om gate te grawe. Worsie misbruik natuurlik al sy stamina om die kersversierings te terroriseer.<\/p>\n<p>In <em>Kersversierings van hoop<\/em> moet \u00a0daar uiteindelik \u2018n besluite geneem word oor die kersversierings se pad vorentoe. Die verhaal is spesiaal vir RSG geskryf deur Joe Kleinhans. Met Tobie Cronj\u00e9, Marina Coetzee, Andr\u00e9 Stolz, Karen Wessels, Leon van Nierop, Heidi Mollentze, Charlie Bouguenon, Dihan Keun, Imarie Oberholzer, De Waal Stemmet, Luan Jacobs, Allan Dyssel, Lizelle Pike en Phillru van Achterbergh.<\/p>\n<p>Oud en jonk kan vanaf 24 November op \u00a0weeksdae om 14:45\u00a0 opnuut kom deel in die betowering van Kersfees en die besonderse rol van kersversierings in di\u00e9 tydperk. Luister op RSG, rsg.co.za en SABC Plus. Elke episode is na afloop van die uitsending beskikbaar op RSG se \u00a0potgooi en op Spotify.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Nuwe feestyd-vervolgverhaal begin 24 November","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/11\/RSG-Website_home-page-slider_Kersversierings-copy.jpg","short-description":"Kersversierings van hoop deur Joe Kleinhans, is \u2018n oorspronklike middagvervolgverhaal wat vanaf 24 November elke weeksdag om 14:45 uitgesaai word.","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/11\/20251023_091539-copy-scaled.jpeg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[402],"class_list":["post-128942","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-vervolgverhale-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/128942","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=128942"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/128942\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":129072,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/128942\/revisions\/129072"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=128942"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=128942"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}