{"id":129622,"date":"2025-12-02T11:39:31","date_gmt":"2025-12-02T09:39:31","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=129622"},"modified":"2025-12-07T19:42:09","modified_gmt":"2025-12-07T17:42:09","slug":"kom-soek-donderdagaand-saam-na-die-moordenaar-op-vlugvoos","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/kom-soek-donderdagaand-saam-na-die-moordenaar-op-vlugvoos\/","title":{"rendered":"Luister weer na &#8216;Vlugvoos&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>\u2018n Moord, baie geheime, verskuilde agendas, \u2018n bekommerde vriendin en \u2018n verliefde swaer is van die bestanddele van <em>Vlugvoos<\/em>, deur Ronel Mostert.<\/p>\n<p>Die spelers is Juanita de Villiers, Mari\u00ebtte Engelen, Anton Engelen, Andreas Jordaan en Claudia Jones.\u00a0 Die regisseur is Ina Strydom.<\/p>\n<p>Ja, alles is nie altyd soos wat dit lyk nie \u2013 en die liefde laat hom nie voorskryf nie!<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/radioteater\/vlugvoos-deur-ronel-mostert\">https:\/\/omny.fm\/shows\/radioteater\/vlugvoos-deur-ronel-mostert<\/a><\/p>\n<p><strong>Die storie\/As \u2018n mens se sondes jou inhaal&#8230;<\/strong><\/p>\n<p>In RSG Radioteater op 4 Desember word daar na \u2018n moordenaar gesoek \u2013 en die logiese verdagte is die jong weduwee.\u00a0 Maar in <em>Vlugvoos<\/em>, deur Ronel Mostert, is alles nie soos wat dit op die oog af lyk nie.<\/p>\n<p>Die weduwee Cumi was maar vir enkele maande met Andr\u00e9 getroud voor sy hom dood op die sitkamervloer aangetref het. Hulle het mekaar in Vi\u00ebtnam ontmoet waar sy op vakansie was, en is n\u00e1 \u2018n blitsromanse getroud.<\/p>\n<p>Skielik is daar verskeie geheime wat nou op die lappe kom \u2013 soos dat haar oorlede man \u2018n broer en \u2018n ouma het waarvan sy nie geweet het nie.<\/p>\n<p>Hulle was ook nie van haar bestaan bewus nie.\u00a0 Sy weet ook nie eintlik wat Andre vir \u2018n lewe gedoen het nie. En nou is sy die hoofverdagte in die moord.<\/p>\n<p>Intussen wil haar oorlede man se familie haar beter leer ken. Daar is talle vrae. Wat het Andr\u00e9 weggesteek \u2013 en wat was die aard van sy transaksies in Vi\u00ebtnam? Is Cumi so onskuldig soos wat sy voorgee? As sy nie die moord gepleeg het nie, wie het dan en hoekom?<\/p>\n<p><strong>Die akteurs en karakters<\/strong><\/p>\n<p>Kom ontmoet die karakters in <em>Vlugvoos,<\/em> en probeer die geheime ontrafel en die raaisels ontsyfer.<\/p>\n<p>Benewens die jong weduwee Cumi (Juanita de Villiers) is daar ook Zander (Anton Engelen) die broer van die vermoorde Andr\u00e9, en Ouma Ellie vertolk deur Mari\u00ebtte Engelen.<\/p>\n<p>Dan is daar ook nog Lyla (Claudia Jones) Zander se assistent en vriendin wat glad nie gene\u00eb is met Cumi se teenwoordigheid nie.<\/p>\n<p>Die polisieman wat die moord ondersoek is Kaptein Steyn (Andreas Jordaan).<\/p>\n<p>Alles is nie soos wat dit lyk nie, en almal is nie so onskuldig soos wat hulle voorgee om te wees nie.\u00a0 Die vraag is net, wie praat die waarheid?<\/p>\n<p><strong>Die skrywer<\/strong><\/p>\n<p>Die skrywer, Ronel Mostert s\u00ea sy het die idee\u00a0 vir die storie gekry toe sy en haar man in 2017 met vakansie in Vi\u00ebtnam was. \u201cTydens ons ekskursies, die ontmoetings met nuwe mense en die ontdekking van onbekende plekke, het ek besef dat Vi\u00ebtnam se unieke atmosfeer en verhale \u2019n ryk agtergrond sou bied vir \u2019n radioteater.<\/p>\n<p>Hierdie indrukke het die saad geplant waaruit die verhaal van Vlugvoos begin groei het \u2013 \u2019n storie waarin die misterie en geheime van mense se lewens verweef word met die kleurvolle w\u00eareld en vele fasette van Vi\u00ebtnam.\u201d<\/p>\n<p>Ronel het al verskeie radiodramas vir RSG geskryf, en haar debuutmiddagvervolgverhaal, <em>Die spoke van Duinebult,<\/em> is in 2022 uitgesaai.\u00a0 Sy het ook verskeie tydskrifverhale en \u2018n roman op haar kerfstok.<\/p>\n<p><em>Vlugvoos<\/em>, deur Ronel Mostert word op 4 Desember om 20:00 in Radioteater op RSG en rsg.co.za uitgesaai en beskikbaar as potgooi en op Spotify na afloop van die uitsending. Die regisseur is Ina Strydom.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Luister weer na 'Vlugvoos'","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/WhatsApp-Image-2025-11-25-at-14.46.05-copy-2-scaled.jpeg","short-description":"Kom soek Donderdagaand saam die moordenaar op 'Vlugvoos'. In RSG Radioteater op 4 Desember word daar na \u2018n moordenaar gesoek \u2013 en die logiese verdagte is die jong weduwee.\u00a0 Maar in Vlugvoos, deur Ronel Mostert, is alles nie soos wat dit op die oog af lyk nie.","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/IMG-20250923-WA0021-copy-3-scaled.jpeg","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/WhatsApp-Image-2025-11-25-at-14.46.05-copy-2-scaled.jpeg","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/WhatsApp-Image-2025-11-25-at-14.46.04-copy-scaled.jpeg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[414],"class_list":["post-129622","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-radioteater-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/129622","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=129622"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/129622\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=129622"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=129622"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}