{"id":130077,"date":"2025-12-09T13:20:49","date_gmt":"2025-12-09T11:20:49","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=130077"},"modified":"2025-12-09T13:20:49","modified_gmt":"2025-12-09T11:20:49","slug":"donderdag-misverstand-is-vol-konkel-en-uiteindelik-verrassings","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/donderdag-misverstand-is-vol-konkel-en-uiteindelik-verrassings\/","title":{"rendered":"Donderdag: Misverstand is vol konkel en uiteindelik verrassings"},"content":{"rendered":"<p>Luister Donderdagaand na <em>Misverstand<\/em> deur Anene Loots. Dis \u2018n radiodrama is vol knoei en konkel en uiteindelik verrassings.<\/p>\n<p>Die spelers is Joanie Combrinck, Albert Maritz, Nic de Jager en An\u00e9 Fourie. Thomas van Niekerk debuteer as radiodrama regisseur.<\/p>\n<p><strong>\u00a0Die storie<\/strong><\/p>\n<p>In <em>Misverstand<\/em> re\u00ebl Elna vir haar man \u2018n verrassingspartytjie om sy 60ste te vier, en hul wankelrige huwelik te probeer red. Maar Bert, haar man, het planne van sy eie. Hy raak agterdogtig en kom tot sy eie gevolgtrekkings.<\/p>\n<p>Bert (Albert Maritz) vier oor \u2018n paar dae sy sestigste verjaarsdag. Sy vrou, Elna (Joanie Combrink), is bekommerd oor hulle huwelik wat sy vonk verloor het.<\/p>\n<p>\u2018n Jarelange vriend en wewenaar, Willem (Nic de Jager), oortuig Elna om \u2018n verrassingspartytjie vir Bert te re\u00ebl. Elna besluit om vir Valerie (An\u00e9 Fourie), \u2018n junior ouditeur by Bert se maatskappy, te vra om haar daarmee te help.<\/p>\n<p>Bert begin vermoed dat Elna en Willem \u2018n verhouding het omdat hulle skielik WhatsApp- boodskappe vir mekaar stuur. Bert bekom \u2018n dwelmmiddel deur Valerie om Elna se bloeddrukpille te vervang.<\/p>\n<p>Die aand voor sy verjaarsdag en die oggend van sy verrassingspartytjie, gee hy van die dwelmmiddel vir Elna in. Sy raak onstabiel en gaan in \u2018n beswyming in. \u2018n Smoordronk Bert maak die deur vir die gaste oop en besef dit was als \u2018n misverstand.<\/p>\n<p><strong>Van die skrywer \u2013 Anene Loots<\/strong><\/p>\n<p>Anene het in die sestiger- en sewentigerjare grootgeword en radio was deel van hulle daaglikse lewe.<\/p>\n<p>\u201cEk was van kleins-af lief vir lees en stories maak en het elke middag die vervolgverhale geluister. Sondae middae, wanneer ons stil in ons kamers moes wees, het ek stories gemaak, die stories se verskillende karakters gespeel, myself met \u2018n bandopname opgeneem en dan die kasset teruggespeel, \u201dvertel Loots.<\/p>\n<p>Dit was haar droom om in radiodramas \u2018te speel\u2019. Anene het inderdaad die droom bewaarheid toe sy haar debuut as speler gemaak die in die radiodrama \u2018Leniesgif\u2019(2025).<\/p>\n<p><strong>Van die regisseur \u2013 Thomas van Niekerk<\/strong><\/p>\n<p>\u201cDie hele opname en alles wat daarmee gepaardgaan was vir my \u2018n voorreg en ek is RSG en almal betrokke baie dankbaar vir die geleentheid.\u201d<\/p>\n<p>Om met sulke groot name in die bedryf te werk was vir Thomas ook \u2018n heerlike ervaring. Hulle het hulle insigte en talente ook na die tafel gebring en dit was wonderlik om dit te sien.<\/p>\n<p>Dit was ook heerlik om die vryheid te h\u00ea om musiek en byklanke te kies wat by die teks pas.<\/p>\n<p>Die post-produksie was vir hom die grootste leerskool, veral met die keuses van musiek. Thomas vertel hy het geleer om eerder meer as minder te h\u00ea, want in jou kop het jy dalk iets in gedagte, maar na die opname werk die musiek wat jy in gedagte het dalk nie.<\/p>\n<p><em>Misverstand, deur Anene Loots, Donderdagaand 11 Desember in Radioteater om 8 uur op RSG of rsg.co.za en beskikbaar as potgooi en op Spotify na afloop van die uitsending<\/em>.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Donderdagaand: Misverstand is vol knoei en konkel en uiteindelik verrassings","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/Thomas-van-Niekerk-Ane-Fourie-Nic-de-Jage-r-Joanie-Combrink-en-Albert-Maritz-1-copy.jpeg","short-description":"Misverstand deur Anene Loots is vol knoei en konkel en uiteindelik verrassings.\r\n\r\n\r\n","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/Thomas-van-Niekerk-Ane-Fourie-Nic-de-Jage-r-Joanie-Combrink-en-Albert-Maritz-1.jpg","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/Albert-Maritz-en-Nic-de-Jager.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[414],"class_list":["post-130077","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-radioteater-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/130077","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=130077"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/130077\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":130081,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/130077\/revisions\/130081"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=130077"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=130077"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}