{"id":130582,"date":"2025-12-17T10:36:43","date_gmt":"2025-12-17T08:36:43","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=130582"},"modified":"2025-12-19T12:24:20","modified_gmt":"2025-12-19T10:24:20","slug":"ikoniese-pendoring-edms-bpk-weer-op-rsg-uitgesaai","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/ikoniese-pendoring-edms-bpk-weer-op-rsg-uitgesaai\/","title":{"rendered":"Ikoniese &#8220;Pendoring Edms Bpk\u201d weer op RSG uitgesaai\u00a0\u00a0\u00a0"},"content":{"rendered":"<p>Luister Donderdagaand na<em> Pendoring (Edms) Beperk<\/em> deur Ampie van Straten.<\/p>\n<p>Dit skep \u2018n komiese blik op die beheptheid met korrekte taalgebruik. Baie relevant in die jaar wat Afrikaans 100 jaar vier.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/radioteater\/pendoring-edms-beperk-deur-ampie-van-straten\">https:\/\/omny.fm\/shows\/radioteater\/pendoring-edms-beperk-deur-ampie-van-straten<\/a><\/p>\n<p><em>Pendoring Eiendoms Beperk<\/em> het twee pryse gewen waaronder die SAUK-prys vir radio dramas en radio dokument\u00eare by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in 1977.<\/p>\n<p>Die radiodrama fokus op die eksentrieke kopieskrywer Gert Klopper, gespeel deur Matthys du Toit, wie se passie vir Afrikaans &#8211; wat hy liefderik beskryf as sy \u201cmeisie\u201d &#8211; bots met konvensionele taalre\u00ebls.<\/p>\n<p>Die relaas is sprankelend, vol woordspeling en taalhumor, en dit laat \u2018n mens dink oor hoe mense taal gebruik en soms misbruik.<\/p>\n<p>Katinka Heyns as Sarie, \u2019n jong vrou wat by Gert kom werk, is geboei deur sy ongekunstelde, avontuurlike taalgebruik en sy sjarmante uitlatings (oor sy taalliefde \u00e9n haar gemmerkoekies!). Hulle\u00a0 humoristiese en hartlike verhouding is die hooffokus van die verhaal.<\/p>\n<p>Die rolverdeling is<\/p>\n<p>Sarie &#8211; Katinka Heyns,<\/p>\n<p>Gert &#8211; Matthys du Toit,<\/p>\n<p>Arno Kotze, Martie Lee, Paul Eloff, Francois Nel, Hennie Oosthuizen, Will Bernard, Francois de Bruin, Willie Pretorius, en Allewyn Lee.<\/p>\n<p>Roelf Jacobs het die regie behartig en die klankbaan is opgeneem met \u2018n lewendige orkes onder leiding van Theo Erasmus.<\/p>\n<p>Na afloop van die uitsending sal die opname beskikbaar wees op potgooi en Spotify<\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong>Die radiodrama, Pendoring Eiendoms Beperk, deur Ampie van Straten is op 2 November 1975 die eerste keer uitgesaai. Dit is die jaar wat Afrikaans\u00a0 50 jaar \u2018n amptelike taal was, en dit was ook die inwyding van die Afrikaanse Taalmonument. In die jaar wat Afrikaans se eeufees as amptelike taal gevier is, is dit gepas om di\u00e9 radiodrama uit die argief op te diep.<\/p>\n<p>N\u00e1 Pendoring (Edms) Beperk het nog twee titels, Pendoring en Kie en Pendoring en Seun, gevolg om die Pendoring trilogie te voltooi. Ampie van Straten is met di\u00e9 radiodrama verewig as \u2018n invloedryke skrywer van sy tyd.<\/p>\n<p>Erika Terblanche se skrywe oor Ampie van Straten (1937-1997) op LitNet (2014) haal die volgende aan uit\u00a0 \u2018n 1988-onderhoud met Van Straten in die Kaapstadse Bibliotekaris, oor die inspirasie vir die Pendoring radiodramas: \u201cDit het ontstaan in my jare in die reklamewese. Ek het vroeg-vroeg agtergekom dat sekere ongesofistikeerdes ho\u00eb woorde gebruik om te kompenseer vir die gemisse wat hulle in hulself aanvoel. Hulle s\u00ea nie sommer net iets nie: hulle maak gewag daarvan, opper die feit, bring dit te berde, lug die opinie, is die mening toegedaan &#8230; dat dit baie warm is. Soos die rugbykommentator wat nooit s\u00ea Naas Botha skop van die kwartlyn nie; nee, hy neem die skop van die kwartlyn af waar. Soos die dame wat meen dis &#8216;plat&#8217; om te s\u00ea iets is te kry by alle goeie apteke. Jy moet s\u00ea dis verkrygbaar by alle goeie apteke.\u201d<\/p>\n<p><em>Pendoring (Edms) Beperk<\/em> deur Ampie van Straten word Donderdagaand 18 Desember om 20:00 op RSG uitgesaai. Dit kan ook aanlyn gehoor word op die webwerf rsg.co.za. Na afloop van die uitsending sal die opname beskikbaar wees as potgooi op rsg.co.za en op Spotify.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Luister weer na die koniese \"Pendoring Edms Bpk\u201d","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/Gymnosporia_buxifolia_thorn.jpg","short-description":"Ikoniese \"Pendoring Edms Bpk\u201d weer op RSG uitgesaai\u00a0\u00a0\u00a0","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/Gymnosporia_buxifolia_thorn.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[414],"class_list":["post-130582","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-radioteater-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/130582","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=130582"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/130582\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=130582"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=130582"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}