{"id":130610,"date":"2025-12-17T13:24:22","date_gmt":"2025-12-17T11:24:22","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=130610"},"modified":"2025-12-17T13:24:22","modified_gmt":"2025-12-17T11:24:22","slug":"vrolike-en-vurige-gerf-feestydprogramme-op-rsg","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/vrolike-en-vurige-gerf-feestydprogramme-op-rsg\/","title":{"rendered":"Vrolike en vurige gerf feestydprogramme op RSG"},"content":{"rendered":"<p>Feestyd word vanjaar luisterryk op RSG gevier met regstreekse opnames van Jak de Priester se <em>Glasiewynfontein<\/em> tydens vanjaar se Woordfees, braaityd-kuierprogramme met Ettienne Ludick en \u2018n spesiale keur van gewilde programme asook gewilde reekse wat herhaal word.<\/p>\n<p>Programme soos <em>Op en Wakker <\/em>geniet vanaf Maandag 22 Desember tot Vrydag 2 Januarie \u2018n welkome blaaskans, maar luisteraars kan uitsien na \u2018n keur van RSG se programbestuurder Kobus Burger se <em>Midas van Musiek<\/em>-reeks. Kunstenaars soos Phil Collins, Cher, Tracy Chapman, Neil Diamond, Laurika Rauch en die James Bond-klankbaankomponis John Barry se grootste treffers sal elke weekoggend net na 07:00 gehoor word. Die vyfde reeks van <em>Midas van Musiek<\/em> het vroe\u00ebr vanjaar op RSG gedebuteer en belig die musiek en talent van kunstenaars wat soos die mitologiese koning Midas die gawe het of gehad het om dit wat hulle aanraak, in goud te laat verander.<\/p>\n<p>Net na 08:00 gaan \u2018n keur van Eloise Cupido se gewilde <em>Goue Oues<\/em>-programme gehoor word met saamsing-treffers van die jare 80 en 90.<\/p>\n<p>Van Maandag 22 Desember tot Vrydag 26 Desember om 12:00 \u2013 maar nie op Kersdag nie \u2013 word \u2018n paar gewilde en bekroonde radiodramas soos Hendie Grobbelaar se <em>Leniesgif <\/em>uitgesaai. Die ander dramas sluit in <em>Ontruim, Ons gaan huis toe<\/em> en <em>Die somer van 56<\/em>.<\/p>\n<p><em>RSG Sport<\/em> gaan ook vir twee weke lank rus en daarom word daar op Saterdag 27 Desember om 17:00 \u2018n spesiale opname van Jak de Priester se <em>Glasiewynfontein <\/em>uitgesaai. Hierdie keer gesels hy met Hentie de Wet van Hentie\u2019s Juices oor Desembervakansies, dansliedjies, liefdesliedjies asook sy allergunsteling.<\/p>\n<p>\u2018n Uur later gaan Ettienne Ludick die braaivleisvure aansteek met die beste partytjiemusiek. Luisteraars kan via WhatsApp-stemnota\u2019s hul gunstelinge versoek.<\/p>\n<p>Van Maandag 29 Desember tot Vrydag 2 Januarie om 12:00 word \u2018n reeks gewilde dokument\u00eare programme oor onder andere Anton Goosen, Taco Kamstra, Laurika Rauch en die Bergklub van Suid-Afrika uitgesaai. Tharien Oosthuizen se uurlange dokument\u00ear, <em>Die kleur van lakens<\/em>, wat vroe\u00ebr vir \u2018n gesogte Telkom SA Radioprys benoem is, word op Vrydag 2 Januarie om 12:00 uitgesaai.<\/p>\n<p>Een van 2025 se heel gewildste programme en reekse was <em>Allan se stories<\/em> waarin Sue Pyler-Slabbert saam met die akteur, stemkunstenaar en w\u00eareldreisiger Allan Dyssel deur sy lewe en ervarings gereis het aan die hand van spesiale musiekkeuses. Reeds sedert die eerste uitsending is RSG oorval met versoeke vir \u2018n herhaling. <em>Allan se stories<\/em> sal van Maandag 22 Desember tot Vrydag 2 Januarie om 18:00 uitgesaai word. Luisteraars sal vroegaand na twee episodes op \u2018n slag kan luister.<\/p>\n<p>Op Saterdag 3 Januarie om 17:00 is Jak de Priester terug met nog \u2018n opname van <em>Glasiewynfontein <\/em>en hierdie keer kuier hy saam met die befaamde kunstenaar Portchie, wat vanjaar sy 35ste jaar in die kunstew\u00eareld vier. Portchie, wat deesdae op Stellenbosch woon, deel sy stories en musiek. Net daarna sal Ettienne Ludick weer die vure en deuntjies laat knetter met sy spesiale braaiprogram.<\/p>\n<p>Van Maandag 22 Desember tot Vrydag 2 Januarie sal<em> Spektrum, Brandpunt<\/em> asook <em>Geldsake<\/em> met Ryk van Niekerk \u2018n blaaskans geniet, maar alle programme en die gewone RSG programskedule word vanaf Maandag 5 Januarie hervat.<\/p>\n<p>Vir meer inligting besoek RSG se webblad by rsg.co.za.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Vrolike en vurige gerf feestydprogramme op RSG","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/christmas-carols-e1322586509796-610x400-1.jpg","short-description":"Vrolike en vurige gerf feestydprogramme op RSG","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/christmas-tree.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[172],"class_list":["post-130610","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/130610","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=130610"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/130610\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":130611,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/130610\/revisions\/130611"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=130610"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=130610"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}