{"id":130612,"date":"2025-12-25T14:05:21","date_gmt":"2025-12-25T12:05:21","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=130612"},"modified":"2025-12-26T13:52:27","modified_gmt":"2025-12-26T11:52:27","slug":"n-wonderwerk-vir-kersfees-n-kreatiewe-kersverhaal","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/n-wonderwerk-vir-kersfees-n-kreatiewe-kersverhaal\/","title":{"rendered":"\u2018n Wonderwerk vir Kersfees &#8211; \u2018n kreatiewe Kersverhaal"},"content":{"rendered":"<p>Luister op Kersdag na<em> \u2018n Wonderwerk vir Kersfees<\/em> deur Riana Scheepers, met Joanie Combrink, Mariechen Vosloo, Anrich Herbst, Dean Balie en Rolanda Marais en Johan Rademan as die regisseur.<\/p>\n<p>Dis Oukersdag, \u2018n boom word versier, kerse word aangesteek, en \u2018n feesmaal word voorberei vir die klein Barnard gesin en Chrisjan.<\/p>\n<p>Die karakters wens elk vir hulle eie wonderwerk en dit is die katalisator wat \u2018n wonderwerk vir almal laat gebeur. Vir sommiges goed en vir ander minder goed. Al die elemente van die Kersverhaal is kreatief verweef in hierdie besondere storie, wat losweg gebaseer is op werklike gebeure.<\/p>\n<p>Die \u201cwonderwerk\u201d in hierdie drama is gebaseer op &#8216;n werklike gebeurtenis, wat die inspirasie vir die verhaal is. Dit het regtig so gebeur dat tannie Bettie Nysschen, &#8216;n bekende en geliefde figuur van buite Wildernis, haar huisdeur se sleutel gebruik het om haar bakkie oop te sluit en weg te ry nadat haar huis aan die brand geslaan het. (Egter nie tydens Kersfees nie.) Die res van die gebeure en karakters is fiktief.<\/p>\n<p><a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/radioteater\/n-wonderwerk-vir-kersfees-deur-riana-scheepers\">https:\/\/omny.fm\/shows\/radioteater\/n-wonderwerk-vir-kersfees-deur-riana-scheepers<\/a><\/p>\n<p><strong>Die storie<\/strong><br \/>\nTannie Sara (Joanie Combrink) is \u2018n weduwee en bedryf \u2018n padwinkel wat groente, vrugte, tuisgemaakte produkte, melk en eiers verkoop.<\/p>\n<p>Wilhelm (Dean Balie), haar seun, help haar op die plot. Sy ideaal is om eendag sy ma te ondersteun as sy moet rus. Wilhelm is begaafd en wil graag gaan studeer met die bietjie geld wat hy en sy ma bymekaar kon maak.<\/p>\n<p>Marie (Mariechen Vosloo) is Sara se dogter en hoog swanger.<\/p>\n<p>Wilhelm het nie een goeie woord vir sy suster en haar k\u00earel, Chrisjan (Anrich Herbst), nie. Chrisjan identifiseer homself as \u2018n profeet wat gedurig die Woord voorhou as sy morele kompas. Hy sien \u2018n eienaardige ooreenkoms tussen Marie se swangerskap en die van Maria met die geboorte van Jesus.<\/p>\n<p>Hy en Marie is nie getroud nie, maar onderneem om die kind groot te maak asof hy die Messias is.<\/p>\n<p>Chrisjan se bedoelings is vaag en daar kan gewonder word oor sy lojaliteit teenoor die Barnard gesin. Wilhelm begin dit agter kom, maar Sara probeer net die vrede bewaar ter wille van die gesin<\/p>\n<p>Kersdag om 15:00 op RSG of rsg.co.za en na afloop van die uitsending beskikbaar as potgooi of op Spotify.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Luister weer na '\u2018n Wonderwerk vir Kersfees'","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/potgooi-thumbnails-1.png","short-description":"\u2018n Wonderwerk vir Kersfees - \u2018n kreatiewe Kersverhaal","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/41822998001_5527881879001_5527880112001-vs.webp","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/Untitled-design-33.webp"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[414],"class_list":["post-130612","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-radioteater-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/130612","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=130612"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/130612\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=130612"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=130612"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}