{"id":131213,"date":"2026-01-08T06:00:02","date_gmt":"2026-01-08T04:00:02","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=131213"},"modified":"2026-03-09T21:53:41","modified_gmt":"2026-03-09T19:53:41","slug":"n-aksiebelaaide-middagvervolgverhaal-vir-2026","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/n-aksiebelaaide-middagvervolgverhaal-vir-2026\/","title":{"rendered":"\u2018n Aksiebelaaide middagvervolgverhaal vir 2026"},"content":{"rendered":"<p>RSG begin die nuwe jaar met \u2018n nuwe middagvervolgverhaal,<strong> Faksie<\/strong>, deur Ilne Fourie, wat vanaf 5 Januarie elke weeksdag om 14:45 uitgesaai word.<\/p>\n<p>Fourie is geen vreemdeling vir aanhangers van radioteater nie, en is bekend vir haar spitsvondige komiese dialoog.<\/p>\n<p>In <em>Faksie<\/em> het Ilne \u2018n spannende, aksiebelaaide storie geskep.<\/p>\n<p>Die ervare regisseur, Joanie Combrink gee die storie lewe.<\/p>\n<p>Van die akteurs wat gehoor kan word is \u00a0Deon Lotz, Jacques Bessenger, Stefan Vermaak, Wilhelm van der Walt, Roeline Daneel, Conradie van Heerden, Marinda Botha, De Klerk Oelofse, Ilne Fourie, Rene Cloete en Andr\u00e9 Samuels.<\/p>\n<p>Luister hier na Phil Loots se onderhjoud met Ilne Fourie:<a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/driesestig-1\/ilne-fourie-se-faksie-op-rsg\"> https:\/\/omny.fm\/shows\/driesestig-1\/ilne-fourie-se-faksie-op-rsg<\/a><\/p>\n<p><strong>Ontmoet Du Preez-familie van Fortuna Trans<\/strong><\/p>\n<p><em>Faksie<\/em> nooi die luisteraar in die sakew\u00eareld en milieu van die Du Preez-familieonderneming, Fortuna Trans BPK, in.\u00a0 Die Engelse gesegde lui nie verniet: \u201cIt\u2019s a dog eat dog world&#8230;\u201d nie.\u00a0 Hierdie familie is net so koud en blink van buite soos die chroom-en-staalgebou van waaruit hulle hul sakeryk regeer. Die storie speel af in die hartjie van Johannesburg, die Stad van Goud. Dit is hier waar die slagtande tussen drie broers begin wys, en waar bloed nie dikker as water is nie.<\/p>\n<p>Cor (Wilhelm van der Walt) is die aangenome seun van Laurinda (Marinda Botha) en Piet (Deon Lotz) du Preez. In \u2018n gesin waar \u2018n stiefbroer die derde lid van die \u00a0driemanskap van broers uitmaak, \u00a0is wedywering onafwendbaar. Stefan (Jacques Bessenger) en Rian (Stefan Vermaak) is Cor se stiefbroers. Elke broer vervul \u2018n spesifieke rol in Fortuna Trans, en hulle is \u2018n gedugte span. \u00a0Met hulle pa, Piet, aan die stuur van sake kan niks kwansuis skeefloop nie. Elke broer is egter van meet af aan besig met sy eie gekonkel binne die strukture van die besigheid &#8211; met verreikende gevolge.<\/p>\n<p>Piet het \u2018n swakheid vir die skoner geslag en dit kan hom duur te staan kom as hy nie versigtig\u00a0 is nie. Maureen de Lange (Ilne Fourie) was 24 toe Piet haar aangestel het by Fortuna Trans. Sy werk al 31 jaar vir die maatskappy en het \u2018n besondere sagte plek vir Cor. Anika (Karle Briedenhann) is die oorywerige jong sekretaresse wat vir Piet iets vir die oog verskaf, alhoewel sy haar visier op Cor het.<\/p>\n<p>Soos enige familieryk moet daar \u2018n erfgenaam wees om die leisels oor te neem. Norman (Conradie van Heerden) is Stefan en Janine (Roeline Daneel) se enigste seun en Piet en Laurinda se kleinseun. Norman is in sy matriekjaar en moet besluit wat hy met die res van sy lewe wil doen. Hy kry \u2018n vakansiewerkie in Fortuna Trans as sy oupa se selfaangestelde inligtingstegnologiebeampte wat hom in kontak bring met iemand wat hom nie goedgesind is nie.<\/p>\n<p>Shorty (De Klerk Oelofse) is Fortuna Trans se hoofwerktuigkundige en dryweropsigter. Die regte\u00a0 kanale is nie gevolg met Shorty se aanstelling nie. Cor en Shorty was saam op skool en so het Cor hom met vervalste kwalifikasies deur die proses gedruk. Di\u00e9 twee verdien ekstra inkomste met oorgrenssmokkelary. Met elke sending word die pap dikker aangemaak.<\/p>\n<p>Arend Fillis (Heinrich Franse) begin as vakleerling onder Shorty werk en ontdek ongerymdhede wat oor \u2018n lang tyd strek. Hy wys dit uit, en verwys dit na senior lede van die personeel.<\/p>\n<p>Sandra Jacobs (Rene Cloete) is die vurige menslikehulpbronbeampte wat Arend beskerm en onverskrokke die waarheid nastreef.<\/p>\n<p>\u2018n Smokkelsending ontvou met lewensgevaarlike oomblikke wat vir sommiges goed uitwerk, en vir ander die einde beteken. Sersant Allister Fortuin (Andr\u00e9 Samuels) moet die saak ondersoek om agter die kap van die byl te kom.<\/p>\n<p><em>Faksie<\/em> beloof om luisteraars vasgenael te hou tot die laaste episode.<\/p>\n<p><em>Faksie<\/em>, \u00a0deur Ilne Fourie, word vanaf 5 Januarie weeksdae om 14:45 op RSG uitgesaai.\u00a0 Dit word ook aanlyn uitgesaai op die webwerf, \u00a0rsg.co.za en SABC PLUS. Elke episode is na afloop van die uitsending ook op potgooi beskikbaar op rsg.co.za en op Spotify.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"\u2018n Aksiebelaaide middagvervolgverhaal vir 2026","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/potgooi-thumbnails-1-1.png","short-description":"2026 deur \u2018n aksiebelaaide vervolgverhaal ingelui op RSG\r\n\r\nRSG begin die nuwe jaar met \u2018n nuwe middagvervolgverhaal, Faksie, deur Ilne Fourie, wat vanaf 5 Januarie elke weeksdag om 14:45 uitgesaai word. Fourie is geen vreemdeling vir aanhangers van radioteater nie, en is bekend vir haar spitsvondige komiese dialoog. \u00a0In Faksie \u00a0het \u2018n spannende, aksiebelaaide storie geskep. \u00a0Die ervare regisseur, Joanie Combrink gee die storie lewe.\u00a0 Van die akteurs wat gehoor kan word is \u00a0Deon Lotz, Jacques Bessenger, Stefan Vermaak, Wilhelm van der Walt, Roeline Daneel, Conradie van Heerden, Marinda Botha, De Klerk Oelofse, Ilne Fourie, Rene Cloete en Andr\u00e9 Samuels.","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/WhatsApp-Image-2025-12-01-at-10.24.51-AM.jpeg","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/WhatsApp-Image-2025-11-11-at-12.49.00-PM.jpeg","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/images-1.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[506,402],"class_list":["post-131213","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-potgooi","rsg-nou-kategorie-vervolgverhale-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/131213","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=131213"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/131213\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=131213"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=131213"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}