{"id":131292,"date":"2025-12-31T08:57:11","date_gmt":"2025-12-31T06:57:11","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=131292"},"modified":"2025-12-31T08:57:11","modified_gmt":"2025-12-31T06:57:11","slug":"midas-musiek-raakpraat-gesprekke-en-rymklets-in-nuwe-jaar-op-rsg","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/midas-musiek-raakpraat-gesprekke-en-rymklets-in-nuwe-jaar-op-rsg\/","title":{"rendered":"Midas-musiek, raakpraat-gesprekke en rymklets in nuwe jaar op RSG"},"content":{"rendered":"<p>RSG lui die nuwe jaar in met \u2018n reeks boeiende reekse, wat insluit <em>Ons praat dit uit<\/em> met ds. PC Pretorius as die aanbieder, die sesde reeks van <em>Die Midas van Musiek<\/em> met Kobus Burger asook die bekroonde musikant en TV-aanbieder Frazer Barry wat die land gaan deurkruis in die vierde reeks van <em>Rymklets sonder grense<\/em>.<\/p>\n<p>In <em>Rymklets sonder grense<\/em>, Donderdag 1 Januarie weekliks om 20:30, gesels Barry met verskeie rymkletsers verskeie rymkletsers oor onder andere die impak van kunsmatige intelligensie op die rymkletskultuur en hoe dit deur produksieleiers benut word.<\/p>\n<p>Hy vra, hoekom gebruik talle van die jong rymkletsers deesdae meer en meer skoktegnieke om gehore te lok en hoe be\u00efnvloed tronk- en bendetaal die eietydse musiek? Terselfdertyd is daar \u2018n groot oplewing in Afrikaanse gospel-rymkletsmusiek, wat reeds groot aanhang geniet. Met die gehalte van rymklets wat met rasse skrede toegeneem het, gaan Barry RSG se luisteraars aan al die nuwe musiek, kunstenaars en tendense bekend stel.<\/p>\n<p><em>Kom ons praat dit uit<\/em>, vanaf Sondag 4 Januarie weekliks om 19:00, gaan gaan ds. PC Pretorius met Flip Loots as die regisseur, na onderwerpe soos selfbesering, verwerping, dwelms, geloofsonsekerhede, boeliegedrag, eensaamheid, liefdesprobleme en onbeheerbare gewelddadige gedrag kyk.<\/p>\n<p>Die TV-aanbieder en radio-omroeper Lyntjie Jaars gaan oor selfbesering praat en die skrywer Ivor Swartz laat val die kollig op boeliegedrag. Ander gaste sluit in dr. Gustav Gous, prof. Nico Koopman, ds. Ivor Jefferies, ds. Trevor Links en dr. Rodney Seale.<\/p>\n<p>Die sesde reeks van die gewilde\u00a0<em>Die Midas van Musiek<\/em>\u00a0begin op Sondag 4 Januarie om 14:00, met RSG se programbestuurder, Kobus Burger, wat weer agter die mikrofoon sal inskuif.<\/p>\n<p>In hierdie splinternuwe reeks van dertien episodes sal die goue treffers van kunstenaars soos die Goombay Dance Band, Marilyn Monroe, The Platters, Johnny Cash, The Pointer Sisters, David Kramer, Vicky Leandros, Diana Ross &amp; The Supremes asook die Gipsy Kings gehoor word.<\/p>\n<p>In die Griekse mitologie was Koning Midas gese\u00ebn met \u2018n besondere gawe \u2013 alles wat hy aangeraak het, het in goud verander.<\/p>\n<p>Die maatstaf vir sukses in die popmusiekbedryf is dikwels goue status vir albumverkope. En tog is daar sangers, liedjieskrywers en selfs produksieleiers wat met die Midas-aanraking kon spog sonder dat hulle noodwendig daardie miljoene kortspelers of albums verkoop het.<\/p>\n<p>Hierdie reeks stel n\u00f3g van hierdie Midas-musikante bekend en is \u2018n voortsetting van die eerste, gewilde reeks wat sewe jaar gelede op RSG gebore is.<\/p>\n<p>Volgens Kobus Burger sal daar suiwer nostalgie, verfrissende feite asook \u2018n paar verrassings wees.<\/p>\n<p>\u201cElke <em>Midas<\/em>-program is \u2019n \u2018storie\u2019 in die kleine. Dit verras my telkens as luisteraars my vir die stories, pleks van die meesleurende musiek en immergroen liedjies bedank,\u201d s\u00ea Kobus.<\/p>\n<p>\u201cDie samestelling van\u00a0<em>Die Midas van Musiek\u00a0<\/em>is gewoonlik \u2018n opwindende snuffeltog. Buiten die musiek \u2013 waarvan daar gewoonlik hopeloos te veel is om van te kies \u2013 is dit soos om vir \u2018n paar dae in die voetspore van \u2018n besonderse kunstenaar te loop en dan ietsie van daardie ontdekkingstog in klank te deel. Ek sien daarna uit om weer Sondae saam met die luisteraars te reis en hul luilekker middae met Midas se goud te omboor.\u201d<\/p>\n<p>Luister van Sondag 4 Januarie 2026, elke Sondagmiddag om 14:00, na <em>Die Midas van Musiek <\/em>met Kobus Burger.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Midas-musiek, raakpraat-gesprekke en rymklets in nuwe jaar op RSG","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/potgooi-thumbnails-1-2-1.png","short-description":"RSG lui die nuwe jaar in met \u2018n reeks boeiende reekse, wat insluit Ons praat dit uit met ds. PC Pretorius as die aanbieder, die sesde reeks van Die Midas van Musiek met Kobus Burger asook die bekroonde musikant en TV-aanbieder Frazer Barry wat die land gaan deurkruis in die vierde reeks van Rymklets sonder grense.","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/12\/Frazer-Barry.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[],"class_list":["post-131292","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/131292","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=131292"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/131292\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":131293,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/131292\/revisions\/131293"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=131292"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=131292"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}