{"id":131851,"date":"2026-01-08T16:37:38","date_gmt":"2026-01-08T14:37:38","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=131851"},"modified":"2026-03-09T21:53:09","modified_gmt":"2026-03-09T19:53:09","slug":"terugblik-2","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/terugblik-2\/","title":{"rendered":"Terugblik 2"},"content":{"rendered":"<div class=\"elementor-element elementor-element-4161e094 elementor-widget-mobile__width-inherit elementor-widget elementor-widget-theme-post-content\" data-id=\"4161e094\" data-element_type=\"widget\" data-widget_type=\"theme-post-content.default\">\n<div class=\"elementor-widget-container\">\n<p>Ons kyk terug op programme wat in 2025 baie luisteraarsreaksie uitgelok het.<\/p>\n<h2>Ozempic\/diabetes<\/h2>\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-38381\" src=\"https:\/\/diegoeiedokter.org\/wp-content\/uploads\/2020\/10\/fatcat-1024x576.jpg\" alt=\"\" width=\"1024\" height=\"576\" \/><\/figure>\n<p>Vetsug is nou \u2018n siekte op sy eie, en dit kan jou doodmaak, s\u00ea die w\u00eareld se voorste metaboliese en vetsugkenners. Hoekom kyk kenners nou na vetsug as \u2018n aparte siekte? En hoe kan dit pasi\u00ebnte help?<br \/>\n<a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-22-januarie-2025\">https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-22-januarie-2025<\/a><\/p>\n<figure class=\"wp-block-audio\"><\/figure>\n<p>Die feit dat vetsug nou as \u2018n aparte siekte beskou word, hou voordele vir pasi\u00ebnte in, aangesien mediese fondse nou vir die behandeling van vetsug sal betaal. Dit kan di\u00e9 fondse geld spaar omdat skraler mense waarskynlik minder tipe 2 diabetes, hartaanvalle en verskeie ander obesiteitverwante siektes kan kry.<\/p>\n<p>Ons kyk ook na Tik-Tokkers wat swartmark Ozempic bemark.<br \/>\n<a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-29-januarie-2025\">https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-29-januarie-2025<\/a><\/p>\n<figure class=\"wp-block-audio\"><\/figure>\n<h2 class=\"wp-block-heading\">*Kanker<\/h2>\n<p><a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-17-desember-2025\" data-type=\"link\" data-id=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-17-desember-2025\">Kate Borthwick se reis met aggressiewe mi\u00ebloom\u00a0<\/a>was nie maklik nie. Sy kon nou, danksy skarefinansiering, met uiters duur, nuwe immunoterepaie begin. Sy ontsnap van haar kankergedagtes deur haar musiek. Sy vertel meer oor haar kanker, haar behandeling en haar musiek aan Mar\u00ed Hudson.<\/p>\n<figure class=\"wp-block-audio\"><\/figure>\n<p>Die eerlike en onstellende vertelling van \u2018n borskankerpasi\u00ebnt l\u00ea bloot hoe \u2018n algemene praktisyn en ginekoloog se gebrekkige insig in genetika haar ontneem het om borskanker te keer. Mar\u00ed Hudson gesels met \u2018n borskankerpasi\u00ebnt, \u2018n onkoloog en genetiese raadgewer in die finale episode van die kort reeks oor borskanker en gene.<\/p>\n<p>Het die oorlewingsyfer van kanker verbeter? Watter kankers is nou meer behandelbaar, en watter reageer swak op behandeling? \u2018n Chirurg wat met kankerpasi\u00ebnte werk, en vier pasi\u00ebnte, vertel van hulle reis met kanker.\u00a0<a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-5-februarie-2025\">https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-5-februarie-2025<\/a><\/p>\n<figure class=\"wp-block-audio\"><\/figure>\n<p>\u2018n Vrou wat in April 2024 met verspreide longkanker gediagnoseer is, was drie maande later sonder \u2018n teken van kanker. Sy is met geteikende medikasie behandel. Hoe werk dit? En waar pas nuwe kankerbehandelings en bestaande chemoterapie en bestraling in?<a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-12-februarie-2025\">https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-12-februarie-2025<\/a><\/p>\n<p>Geteikende kankerterapie kan vir sekere kankers, selfs gevorderde en verspreide kanker, in bedwang bring. Dit word saam met immunoterapie as die kankerbehandeling van die toekoms gereken. Het geteikende kankerbehandeling newe-effekte? Moet \u2018n pasi\u00ebnt dit vir altyd gebruik? Dek jou mediese fonds die nuutste kankertoetse en -behandeling?\u00a0<a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-19-februarie-2025\">https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-19-februarie-2025<\/a><\/p>\n<h2 class=\"wp-block-heading\">* Radiologie<\/h2>\n<p>Watter soort skandering kan die vet en spiere in jou liggaam meet? En hoe werk al die ander soorte skanderings soos X-strale, CT- en MR-skaderings? Ons kyk ook na fibromialgie, en hoe baie ander probleme uitgeskakel moet word v\u00f3\u00f3r \u2018n diagnose van di\u00e9 pynsindroom gemaak kan word.\u00a0<a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-12-maart-2025\">https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-12-maart-2025<\/a><\/p>\n<p>Wat sien \u2018n radioloog op \u2018n breinskandering wat aandui dat die pasi\u00ebnt \u2018n breinbloeding het, en nie \u2018n gewas nie? Hoe lyk lintwurmeiers in die brein anders as malkoeisiekte? \u2018n Neuro-radioloog verduidelik hoe hy ontleed wat \u2018n breinskandering verklap.<br \/>\n<a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-22-oktober-2025\">https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-22-oktober-2025<\/a><\/p>\n<h2 class=\"wp-block-heading\">* Artritis<\/h2>\n<p>Fibromialgie k\u00e1n behandel word. \u2018n Reumatoloog verduidelik hoe, en gee ook \u2018n oorsig oor die verskillende reumatologiese siektes, soos reumato\u00efede artritis, lupus en nog meer.\u00a0<a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-26-maart-2025\">https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-26-maart-2025<\/a><\/p>\n<figure class=\"wp-block-audio\"><\/figure>\n<p>Daar is die afgelope 30 jaar soveel vordering gemaak in die behandeling van reumato\u00efede artritis dat dokters nou min gevalle sien waar pasi\u00ebnte in rolstoele is. Wat is reumato\u00efede artritis, hoe word dit gediagnoseer en hoe kan dit nou met middels beheer word?\u00a0<a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-16-april-2025\">https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-16-april-2025<\/a><\/p>\n<figure class=\"wp-block-audio\"><\/figure>\n<p>Hoe diagnoseer reumatolo\u00eb spondolo-artritis, lupus en psoriatiese artritis? Kan die agteruitgang en skade wat met di\u00e9 reumatologiese siektes gepaard gaan, gekeer word?\u00a0<a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-30-april-2025\">https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-30-april-2025<\/a><\/p>\n<figure class=\"wp-block-audio\"><\/figure>\n<p>Jig is een van die mees algemene soort artritissiekte wat \u2018n mens kan tref. Sommige bloeddrukmiddels kan die risiko vir uriensuurkristalle in die gewrigte verhoog, en alkohol, vleiskosse en fruktosevrugtedranke ook.\u00a0<a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-18-junie-2025\">https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-18-junie-2025<\/a><\/p>\n<figure class=\"wp-block-audio\"><\/figure>\n<p>Hoe word chroniese jig behandel? En wat is Polimialgie Reumatica, wat erge spierpyne veroorsaak (erger as die spierpyne met griep), en selfs skade aan \u2018n slagaar in jou slape kan aanrig?\u00a0<a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-25-junie-2025\">https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-25-junie-2025<\/a><\/p>\n<p>Eerstens kyk ons na die kortisoonbehandeling van polimialgie. Tweedens kyk ons na die tipiese eienskappe van \u2018n bedrie\u00ebr of swendelaar, wat ook die eienskappe van \u2018n psigopaat, sosiopaat en narsis is.\u00a0<a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-9-julie-2025\">https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-9-julie-2025<\/a><\/p>\n<p>Kan natuurlike middels help teen artritissiektes? Kan \u2018n virus \u2018n outo-immuunsiekte aanskakel? Is daar \u2018n verband tussen artritis en Crohn-siekte? Prof. Helmuth Reuter beantwoord di\u00e9 en ander luisteraarsvrae oor artritissiektes.\u00a0<a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-30-julie-2025\">https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-30-julie-2025<\/a><\/p>\n<figure class=\"wp-block-audio\"><\/figure>\n<p>Sekere artritismidels kan gebruik word in die behandeling van akute Covid. Hoe werk dit? Ons sluit die reeks oor artritis af, en begin die gesprek oor demensie.\u00a0<a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-6-augustus-2025\">https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-6-augustus-2025<\/a><\/p>\n<figure class=\"wp-block-audio\"><\/figure>\n<h2 class=\"wp-block-heading\">Demensie<\/h2>\n<p>Sekere artritismidels kan gebruik word in die behandeling van akute Covid. Hoe werk dit? Ons sluit die reeks oor artritis af, en begin die gesprek oor demensie.\u00a0<a href=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-6-augustus-2025\">https:\/\/omny.fm\/shows\/gesondheid\/gesondheid-6-augustus-2025<\/a><\/p>\n<figure class=\"wp-block-audio\"><\/figure>\n<p>Vir die eerste keer is \u2018n middel om Alzheimer-siekte te behandel, en selfs om te keer, in die vooruitsig. \u2018n Neuroloog praat oor Alzheimer-siekte en ander voms van demensie.<\/p>\n<figure class=\"wp-block-audio\"><\/figure>\n<h2 class=\"wp-block-heading\">TIK<\/h2>\n<p>Die gebruik van Tik is \u2018n allemintige en groeiende probleem in Suid-Afrika. Ons kyk na die probleem van beide kante: die straatstorie en die mediese storie. Wat gebeur met iemand wat Tik gebruik, en wat gebeur in sy brein? Tik maak die gebruiker letterlik \u2018mal\u2019. Hierdie episode is die eerste in \u2018n kort reeks oor Tik.<\/p>\n<figure class=\"wp-block-audio\"><\/figure>\n<p>Met Tik-gebruik word massas dopamien in die brein vrygestel en die senuselle beskadig. Dit lei tot parano\u00efese skisofrenie, wat tydelik of permanent kan wees. Ons kyk na dieTik-probleem van beide kante: die straatstorie en die mediese storie. Hierdie is die tweede episode in \u2018n kort reeks oor Tik.<\/p>\n<figure class=\"wp-block-audio\"><\/figure>\n<p>In die derde aflewering in ons reeks oor Tik, fokus ons op rehabilitasie, en op waarnemings wat tydens die ondersoek aan die lig gekom het.<\/p>\n<figure class=\"wp-block-audio\"><\/figure>\n<\/div>\n<\/div>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Terugblik 2","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/vetkat2.jpg","short-description":"Terugblik 2","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/Vet-kat-1.jpg"],"featured":"true","comment-feature":"false","main-featured":"true"},"rsg-nou-kategorie":[390],"class_list":["post-131851","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-gesondheidoprsg"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/131851","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=131851"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/131851\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":135907,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/131851\/revisions\/135907"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=131851"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=131851"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}