{"id":131932,"date":"2026-01-13T18:54:32","date_gmt":"2026-01-13T16:54:32","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=131932"},"modified":"2026-01-14T10:10:03","modified_gmt":"2026-01-14T08:10:03","slug":"oud-onnie-wen-rsg-se-radiodramaskryfkompetisie-2","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/oud-onnie-wen-rsg-se-radiodramaskryfkompetisie-2\/","title":{"rendered":"Oud-onnie wen RSG se radiodramaskryfkompetisie"},"content":{"rendered":"<p>\u2018n Kaapse skrywer en oud-onderwyser, Adam Willemse (45), is die wenner van die 29ste RSG Radiodramaskryfkompetisie, aangebied in samewerking met die ATKV. Willemse het die kroon gespan met sy radiodrama, <em>Kalahari sterre<\/em>.<\/p>\n<p>Willemse ontvang R50\u00a0000 vir sy wendrama. Hy is \u2018n voltydse psigometris en \u2018n deeltydse opvoeder in sielkunde. Voorheen van Pretoria, woon hy al amper \u2018n dekade lank in Vishoek, Kaapstad.<\/p>\n<p>Die gehalte van verlede jaar se inskrywings was van so \u2018n hoogstaande gehalte dat die beoordelaars twee dramas met die gesamentlike tweede prys bekroon het. Hulle is Karin du Toit (45) met <em>Gebakte pere<\/em> en Ingrid Penzhorn (42) met <em>Suikerbek<\/em>. Beide ontvang elk R25\u00a0000 se prysgeld.<\/p>\n<p>Karin du Toit is haar lewe lank \u2018n boorling van Vanderbijlpark en werk al 22 jaar as oogkundige. In 2019 het sy die RSG radiodramaskryfkompetisie gewen met haar debuut-radiodrama, <em>Die lyk<\/em>.<\/p>\n<p>Ingrid Penzhorn is \u2018n patoloog van Kaapstad en het al drie keer vantevore aan die radiodramaskryfkompetisie deelgeneem. Sy was \u2019n finalis in 2010, jong skrywer wenner in 2012 met <em>Vlug<\/em>, en wenner in 2014 met <em>Ontnugter<\/em>.<\/p>\n<p>Jana Nortier (44), tans \u2018n Engels-onderwyser in Suid-Korea, ontvang die derde prys vir haar radiodrama, <em>Meeu-rus<\/em>. Sy is ook bekend as aktrise, skrywer, en storie \u2013 en \u2013 inhoudskepper. Sy is veral bekend as Sussie in die gewilde sepie <em>Villa Rosa<\/em> en as Mabel Beeslaer in die fliek <em>\u2018n Pawpaw Vir My Darling<\/em>. Nortier se prysgeld is R15\u00a0000.<\/p>\n<p>Die prys vir Jong Skrywer (jonger as 30 jaar) gaan aan J.J. Roberts (28) vir <em>Bloed van my<\/em>. Roberts, oorspronklik van Upington, is \u2018n skrywer en akteur, wat in die RSG vervolgverhaal van Leon van Nierop se <em>Op die oog af<\/em> gehoor is, en tans ook mede-regisseur van Kortom op RSG. Roberts het R15\u00a0000 gewen vir sy radiodrama.<\/p>\n<p>Morn\u00e9 Malan (50), \u2018n romanskrywer en tans senior taalpraktisyn en inhoudsbestuurder vir \u2019n internasionale tegnologiemaatskappy, ontvang die merieteprys vir <em>Tuimelduif<\/em>. Sy prysgeld beloop R10\u00a0000.<\/p>\n<p>Na die eerste ronde van beoordeling kon die finaliste in die kompetisie saam met \u2018n mentor-regisseur aan sy of haar inskrywing skaaf, voordat die tweede en finale ronde van beoordeling plaasgevind het. Daar was ook slypskole wat in beide Johannesburg en Kaapstad aangebied is om nuweling- en gesoute skrywers met die nodige radiodrama-vaardighede te bemagtig.<\/p>\n<p>Die ATKV as hoofborg van die kompetisie, het onder andere die slypskoolgeleenthede moontlik gemaak. Die slypskole het bygedra tot die kwaliteit van skryfwerk in vanjaar se kompetisie, asook talle nuwe stemme wat met nuwe radiodramas kon deelneem. Son\u00e9l Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW, s\u00ea \u201cDie ATKV is trots om as hoofborg betrokke te wees by die RSG-Radiodramaskryfkompetisie. Ons doelwit met hierdie projek was om vir skrywers die geleentheid van \u2019n leeftyd te bied en nuwe stemme in die Afrikaanse radiodrama-genre te bevorder. Omdat die ATKV weet hoe \u2019n groot rol radio steeds in baie Afrikaanssprekendes se lewens speel, is dit vir ons \u2019n reuse voorreg om op hierdie manier tot die uitbou en bewaring van ons pragtige taal by te dra. Ons wil graag elke deelnemer vir hul bydrae bedank en die wenners van harte gelukwens met hul uitsonderlike prestasies.\u201d<\/p>\n<p>Die 30ste RSG-Radiodramaskryfkompetisie skop op Dinsdag 20 Januarie af en beloof om \u2018n spesiale jaar met groter prysgeld ter viering van drie dekades te wees.<\/p>\n<p><strong><em>\u00a0<\/em><\/strong>Vir meer inligting besoek <a href=\"http:\/\/www.rsg.co.za\">rsg.co.za<\/a>, asook op Facebook, Instagram en WhatsApp.<\/p>\n<p>Die foto&#8217;s hieronder is vlnr: Adam Willemse, Ingrid Penzhorn, Karin du Toit, Jana Nortier, JJ Roberts en Morn\u00e9 Malan.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Oud-onnie wen RSG se radiodramaskryfkompetisie","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/IMG_1171.jpg","short-description":"Oud-onnie wen RSG se radiodramaskryfkompetisie","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/Adam-Willemse.jpeg","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/Ingrid-Penzhorn-1-scaled.jpg","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/Karin-du-Toit.jpg","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/Jana-Nortier.jpg","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/JJ-Roberts.jpg","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/Morne-Malan.jpeg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[422,414],"class_list":["post-131932","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-kompetisie","rsg-nou-kategorie-radioteater-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/131932","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=131932"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/131932\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=131932"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=131932"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}