{"id":132543,"date":"2026-01-20T09:00:11","date_gmt":"2026-01-20T07:00:11","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=132543"},"modified":"2026-01-23T16:19:08","modified_gmt":"2026-01-23T14:19:08","slug":"meer-wenners-meer-prysgeld-rsg-atkv-kondig-30ste-radiodrama-skryfkompetisie-aan","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/meer-wenners-meer-prysgeld-rsg-atkv-kondig-30ste-radiodrama-skryfkompetisie-aan\/","title":{"rendered":"M\u00e9\u00e9r wenners, m\u00e9\u00e9r prysgeld \u2013  RSG &#038; ATKV kondig 30ste radiodrama-skryfkompetisie aan"},"content":{"rendered":"<p>RSG en die ATKV vier vanjaar met trots die dertigste radiodramaskryfkompetisie. En om hierdie mylpaal te gedenk, gaan daar in die 2026-kompetisie meer prysgeld \u00e9n wenners wees.<\/p>\n<p>Die kompetisie is een van die oudste en mees langslewende skryfkompetisies, asook die enigste wat steeds radiodrama in Afrikaans bevorder.<\/p>\n<p>Van die land se bekendste skrywers, soos Chris Barnard, was al voorheen wenners, terwyl dit deur die jare \u2018n nuwe geslag en jonger skrywers bekend gestel het.<\/p>\n<p>Van die wendramas is al as gewilde verhoogdramas en selfs rolprente verwerk. Die akteur Marcel van Heerden se wen-radiodrama, <em>Vryslag<\/em>, was byvoorbeeld later \u2018n veelbekroonde kortprent.<\/p>\n<p>Vanjaar is die totale prysgeld R135\u00a0000 en pleks van een merieteprys sal daar ter viering van die dertigste verjaardag nou \u2018n totaal van drie merietepryse wees.<\/p>\n<p>Die wendrama ontvang R50\u00a0000, die tweede prys is R25\u00a0000 met die wenner in die derde plek wat R15\u00a0000 sal ontvang. Daar is ook R15\u00a0000 vir die Jong Skrywer (jonger as dertig jaar). En om die kroon te span, sal drie deelnemers \u2018n merieteprys ter waarde van R10\u00a0000 elk ontvang.<\/p>\n<p>Die groot eer vir elke jaarlikse wenner is dat sy of haar radiodrama opgeneem en dan ook op RSG uitgesaai word.<\/p>\n<p>Danksy die ATKV-vennootskap kry tientalle voornemende skrywers en deelnemers ook die kans om \u2018n gratis dag lange slypskool in Kaapstad of Johannesburg te kan bywoon.<\/p>\n<p>Kobus Burger, RSG se programbestuurder, sal die slypskool op Saterdag 28 Februarie in Johannesburg aanbied en dan is daar op Saterdag 14 Maart \u2018n slypskool by die SAUK-ateljees in Seepunt, Kaapstad.<\/p>\n<p>Die sessies sluit ook \u2018n besoek aan die radiodrama-ateljee in waartydens \u2018n kort radiodrama opgevoer en opgeneem sal word.<\/p>\n<p>Hier sal deelnemers regisseurs soos Leon van Nierop en gedugte radio-akteurs in aksie kan sien. Slegs beperkte plek is beskikbaar en kan deur RSG se webblad bespreek word.<\/p>\n<p>Inskrywings vir die kompetisie sluit op Dinsdag 30 Junie om 13:00. Na die eerste ronde van beoordeling sal \u2018n groep finaliste die kans gebied word om hul tekste met die hulp van \u2018n mentor en skrywer of regisseur te slyp, voordat die eindronde van beoordeling plaasvind.<\/p>\n<p>Die wenners sal op Maandag 30 November op \u2018n luisterryke wyse tydens <em>Spitstyd <\/em>op RSG bekend gemaak word.<\/p>\n<p>\u201cRadiodrama gee aan enigiemand se verbeelding vrye teuels,\u201d s\u00ea Kobus Burger, RSG se programbestuurder.<\/p>\n<p>\u201cKlank bied eindelose moontlikhede en daarom is dit ook verblydend om te sien hoe al hoe meer jonger skrywers die medium van radiodrama omarm. Ons sien uit na die nuwe stories wat die kompetisie se dertigste feesjaar gaan oplewer.\u201d<\/p>\n<p>\u201cDit is vir die ATKV \u2019n reuse voorreg om betrokke te kan wees by die RSG-Radiodramaskryfkompetisie. N\u00e1 drie luisterryke dekades dra hierdie projek steeds noemenswaardig tot die Afrikaanse storieskatkis by,\u201d s\u00ea Son\u00e9l Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW.<\/p>\n<p>\u201cDie radiodramaslypskole wat die sluitingsdatum voorafgaan is \u2019n besondere geleentheid vir elke deelnemer om in hulself te bel\u00ea, en die kreatiewe landskap van Afrikaans word onmeetbaar verruim deur die bemagtiging wat hierdie opleiding bied.\u201d<\/p>\n<p>Die kompetisie se handleiding, inskryfvorm, kompetisiere\u00ebls asook die inskryfvorm vir die gratis slypskole is op RSG se webblad beskikbaar.<\/p>\n<div class=\"elementToProof\"><strong>Die skakels na die inskrywingsvorms:<\/strong><\/div>\n<ul data-editing-info=\"{&quot;applyListStyleFromLevel&quot;:false,&quot;unorderedStyleType&quot;:2}\">\n<li>\n<div class=\"elementToProof\" role=\"presentation\"><a href=\"https:\/\/docs.google.com\/forms\/d\/e\/1FAIpQLSfZh9IltK5GhVAahw8eEvmYbX1YTkUBcqW_lkMVGnha-skX_Q\/viewform?usp=header\">2026 Inskrywingsvorm<\/a> <a id=\"OWA433de1d2-9598-7c4a-6a10-474e428e03c8\" class=\"OWAAutoLink\" href=\"https:\/\/docs.google.com\/forms\/d\/e\/1FAIpQLSfZh9IltK5GhVAahw8eEvmYbX1YTkUBcqW_lkMVGnha-skX_Q\/viewform?usp=header\"><\/a><\/div>\n<\/li>\n<li>\n<div class=\"elementToProof\" role=\"presentation\">2026 Slypskole inskrywingsvorms:<br \/>\n<a href=\"https:\/\/docs.google.com\/forms\/d\/e\/1FAIpQLSd-FXO2ccEkum7Gra2DM9z-wJS1p6gk7KnEmCw5Q_H5a1QwhA\/viewform?usp=header\">Kaapstad<\/a><br \/>\n<a href=\"https:\/\/docs.google.com\/forms\/d\/e\/1FAIpQLSeiNuKvy4s7JFiwaz_qo8KDvNGXyaSQQytlOI7HeIDX1VRFYw\/viewform?usp=header\">Johannesburg<\/a><\/div>\n<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"M\u00e9\u00e9r wenners, m\u00e9\u00e9r prysgeld \u2013  RSG &amp; ATKV kondig 30ste radiodrama-skryfkompetisie aan","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/Social-Square-2.png","short-description":"M\u00e9\u00e9r wenners, m\u00e9\u00e9r prysgeld \u2013 RSG & ATKV kondig 30ste radiodrama-skryfkompetisie aan","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/2.-Makro-Radiodramaskryfkompetisie-2026.pdf","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/3.-2026-Skryfwenke-1.pdf","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/RSG-Radiodramahandleiding-2026-new.pdf","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/Social-Square-1.png","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/Wat-Gebeur.png"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[422,414],"class_list":["post-132543","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-kompetisie","rsg-nou-kategorie-radioteater-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/132543","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=132543"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/132543\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":132546,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/132543\/revisions\/132546"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=132543"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=132543"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}