{"id":135897,"date":"2026-03-09T21:38:09","date_gmt":"2026-03-09T19:38:09","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=135897"},"modified":"2026-03-17T12:55:43","modified_gmt":"2026-03-17T10:55:43","slug":"o-vloek-om-te-swets-of-nie","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/o-vloek-om-te-swets-of-nie\/","title":{"rendered":"Luister weer: O Vloek! Om te swets of nie"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><br>Vloek perfeksioniste meer as mense vir wie die lewe maar net altyd \u2018n lied is? Vloek mans meer as vroue? Gebruik sommige mense vloekwoorde as \u2018n manier om sosiaal aanvaarbaar te wees, en ander dit onbewustelik om tameletjies in die lewe beter te probeer hanteer? Wat presies gebeur in ons breine wanneer ons vloek? Kan vloek pyn- en stresverligting bring &#8211; maar m\u00e9\u00e9r so vir mense wat nie gereeld vloek nie? Hoekom is vloek so taboe? En is daar ook kragwoorde in Die Bybel? <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Is jy \u2018n chroniese vloeker? Vloek jy n\u00e9t wanneer jy tussen jou vriende is, en glad nie wanneer jy by jou ma is nie? Swets jy meestal in Afrikaans, of in Engels? Wat bewys die navorsing hieroor? Wat is die kraswoord wat Suid-Afrikaners die meeste gebruik? Gebruik mense vloekwoorde in verskillende sosiale omstandighede om \u2018n identiteit aan te neem? Wat presies gebeur in jou brein wanneer jy \u2018n vloekwoord uiter? Was daar kraswoorde in die Bybel, wat oor die jare uitvertaal is? En kan die s\u00ea van \u2018n vloekwoord jou pyn verlig? <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Est\u00e9 de Klerk krap so klein bietjie dieper. Sy praat met \u2018n taalkundige, \u2018n sielkundige, \u2018n afgetrede dominee, \u2018n skrywer, en iemand wat, nou ja, toevallig bekend geword het omdat sy \u2018n vloekwoord ges\u00ea het. WAARSKUWING: Daar is inhoud in di\u00e9 dokument\u00ear wat sensitiewe luisteraars kan ontstel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">O Vloek! Om te swets of nie? DOKUMENT\u00caR 12 Maart 2026 DEUR: Est\u00e9 de Klerk<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-wp-embed is-provider-omny-studio wp-block-embed-omny-studio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe class=\"wp-embedded-content\" sandbox=\"allow-scripts\" security=\"restricted\" title=\"O, VLOEK! OM TE SWETS OF NIE? deur Est\u00e9 de Klerk\" src=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/rsg-dokument-r\/o-vloek-om-te-swets-of-nie-deur-est-de-klerk\/embed#?secret=ywMMD9HLjo\" data-secret=\"ywMMD9HLjo\" width=\"100%\" height=\"180\" frameborder=\"0\"><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-large is-resized\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Heidi-Marelize-Horn-1024x1024.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-135900\" style=\"width:416px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Heidi-Marelize-Horn-1024x1024.jpg 1024w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Heidi-Marelize-Horn-300x300.jpg 300w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Heidi-Marelize-Horn-150x150.jpg 150w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Heidi-Marelize-Horn-768x768.jpg 768w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Heidi-Marelize-Horn-500x500.jpg 500w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Heidi-Marelize-Horn.jpg 1440w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Marelize en Heidi Horn<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cIemand het eendag ges\u00ea \u2018n vloekwoord is \u2018n plekhouer vir iets wat jy nie \u2018n beskrywing voor het nie en ek dink dit het baie te doen met daai absolute: \u2018Wat s\u00ea ek?\u2019\u201d S\u00f3 s\u00ea die Namibi\u00ebr, Heidi Horn, wat ses jaar gelede saam met haar dogter, Marelize, oornag \u2018n internet-sensasie geword het omdat sy een vloekword ges\u00ea het wat op \u2018n skreeusnaakse video vasgel\u00ea is wat soos \u2018n warrelwind in Namibi\u00eb en Suid-Afrika versprei het.<\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><img decoding=\"async\" width=\"300\" height=\"400\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Deon-Meyer.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-135898\" srcset=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Deon-Meyer.jpg 300w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Deon-Meyer-225x300.jpg 225w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Deon-Meyer-113x150.jpg 113w\" sizes=\"(max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Deon Meyer<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die skrywer, Deon Meyer, s\u00ea mense het op di\u00e9 manier met Heidi ge\u00efdentifiseer omdat dit so eg menslik was. \u201cOns het almal sulke oomblikke, ons het almal sulke mense in ons lewens, ons het almal sulke kinders wat iets aanvang wat jy niks anders kan s\u00ea nie, want verdomp gaan net nie in daardie oomblik die ding doen nie, gaan net nie die emosie weergee nie, gaan net nie die berisping wees wat jy nodig het vir daai oomblik nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vloek jy soms, nooit, of is jy \u2018n chroniese vloeker? Vloek jy n\u00e9t wanneer jy tussen sekere mense is, met ander woorde, jy neem die konteks en omstandighede waarin jy verkeer in ag? Of rol daardie kraswoorde sommer so van jou tong af en jy dink: ag basta met die mense wat aanstoot neem met hoe jy praat? Is dit vir jou lekker om te vloek en het jy al opgelet hoe dit jou laat <em>voel <\/em>wanneer jy daardie kraswoord losgelaat het?<\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-large is-resized\"><img decoding=\"async\" width=\"1015\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/ELMARIE-CLAASSENS-copy-1015x1024.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-135899\" style=\"width:427px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/ELMARIE-CLAASSENS-copy-1015x1024.jpg 1015w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/ELMARIE-CLAASSENS-copy-297x300.jpg 297w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/ELMARIE-CLAASSENS-copy-150x150.jpg 150w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/ELMARIE-CLAASSENS-copy-768x775.jpg 768w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/ELMARIE-CLAASSENS-copy.jpg 1178w\" sizes=\"(max-width: 1015px) 100vw, 1015px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Elmarie Claassens<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vloek vervul verskillende funksies en kan wel \u2018n katarsis by ons ontketen wanneer ons wel die dag \u2018n kraswoord s\u00ea &#8211; dit kan verligting bring. Die rede? Dit is omdat vloekwoorde anders as gewone woorde in die brein geprosesseer word, verduidelik die kliniese sielkundige, Elmarie Claassens. \u201cVloekwoorde is soos \u2018n alarmknoppie in die brein &#8211; jy druk dit en die hele stelsel skrik wakker. Gewone taal is meer soos \u2018n rustige epos &#8211; jy het tyd om dit te redigeer en jy kan dink of jy nou vir iemand dit wil s\u00ea of dat wil s\u00ea, en jy kan teruggaan soontoe. Maar vloekwoorde is meer soos \u2018n whatsapp boodskap in hoofletters met rooi uitroeptekens. Die vloekwoord glip uit soos \u2018n werknemer wat in die kantoor instorm en s\u00ea: \u2018Ek kan nie meer nie!\u2019 Dit glip uit en daar is juis nie tyd nie &#8211; omdat dit so vinnig gebeur &#8211; is daar nie tyd om verskriklik te dink daaroor nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit kan dus stresverligting bring, en ook pynverligting bring &#8211; maar hier is wel perke, soos wat navorsing bewys het en ons bespreek dit in di\u00e9 dokument\u00ear. Nie \u00e1lle vloekers gaan pynverligting ervaar nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">En dan is daar ook die vraag of daar wel kraswoorde in die Bybel was? En in \u2018n vinnig veranderende tegnologiese w\u00eareld is daar ook die vraag of ons sal wil h\u00ea ons Kunsmatige Intelligensie Assistente moet wel kan vloek of ons verstaan wanneer ons op hulle vloek?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In die dokument\u00ear <em>O Vloek! Om te swets of nie? <\/em>gaan krap Est\u00e9 de Klerk so klein bietjie dieper na hoekom mense vloek, wat daardie kraswoorde kan ontlont, in watter taal ons eerder swets, of dit enigsins verligting kan bring en hoekom mense so maklik oordeel. Hierdie is \u2018n dokument\u00ear waarin jy \u00f3f heerlik gaan saamlag, \u00f3f waarin jy gaan oordeel. Dit hang seker maar af vanuit watter bril jy die lewe bekyk!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In <em><strong>O Vloek! Om te swets of nie<\/strong>,<\/em>&nbsp; gaan krap Este de Klerk op Donderdag 12 Maart om 20:00 so klein bietjie dieper. Sy praat met \u2018n taalkundige, \u2018n sielkundige, \u2018n afgetrede dominee, \u2018n skrywer, en iemand wat, nou ja, toevallig bekend geword het omdat sy \u2018n vloekwoord ges\u00ea het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"O Vloek! Om te swets of nie","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Swearing.original-copy.jpeg","short-description":"O Vloek! Om te swets of nie","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/swearing.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[403],"class_list":["post-135897","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-dokumentere"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/135897","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=135897"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/135897\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=135897"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=135897"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}