{"id":137979,"date":"2026-04-01T10:32:08","date_gmt":"2026-04-01T08:32:08","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=137979"},"modified":"2026-04-01T10:32:09","modified_gmt":"2026-04-01T08:32:09","slug":"n-lyk-in-n-dam-is-die-sneller-vir-ons-nuwe-middagstorie-die-eerste-wingerd","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/n-lyk-in-n-dam-is-die-sneller-vir-ons-nuwe-middagstorie-die-eerste-wingerd\/","title":{"rendered":"\u2018n Lyk in \u2018n dam is die sneller vir ons nuwe middagstorie, &#8220;Die eerste wingerd&#8221;"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die akteurs Pedro Camara en Antoinette Louw, bekend om hul rolle in die TV-sepie <em>7de Laan<\/em>, is deel van \u2018n sterbelaaide rolverdeling in RSG se nuwe middag-vervolgverhaal.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Die eerste wingerd<\/em> deur Anton Treurnich is \u2018n splinternuwe reeks van sestig episodes en begin op Woensdag 1 April om 14:45 op RSG. Anton is \u2018n ou bekende &nbsp;by radioteater as sowel speler en skrywer. Di\u00e9 jongste verhaal uit sy pen is een van vele stories wat hy sedert 2009 vir RSG geskryf het. Hierdie keer is daar weer geen gebrek aan dramatiese wendings en verrassings nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Die storie <\/strong><br>Die storie wentel om die mense van Rooiberg, \u2018n vallei vol wynplase naby Robertson.&nbsp; Die grootste en oudste plaas in die Rooiberg vallei is <em>Die eerste wingerd<\/em>. Die groot draaipunt in die storie kom wanneer \u2018n kind n\u00e1 \u2018n stormvloed verdwyn. Leidrade lei Sersant Bart Voster (Pierre Nelson) se soektog na \u2018n dam. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tussen die slik op die bodem vind hulle \u2018n lyk. Die oorblyfsels van \u2018n persoon wat \u2018n baie belangrike rol op die plaas gespeel het. Die ontdekking gaan die mense van <em>Die eerste wingerd<\/em> se lewens vir ewig verander.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Regardt Bonnet (Pedro Camara) is die eienaar van <em>Die eerste wingerd<\/em>. Sy familie boer al vir vyf geslagte op die plaas. Al Regardt se aandag is gefokus op die verkoop van jong druiwelote aan kopers in die buiteland. Dus het wynproduksie op die plaas agteruit gegaan. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die meeste druiwe word direk aan die plaaslike ko\u00f6perasie verskaf.&nbsp; David Meyer (Conradie van Heerden), \u2018n wynmaker, daag eendag skielik by die plaas op om n\u00e1 twee dekades weer wyn op <em>Die eerste wingerd<\/em> te maak. Almal is onkant gevang deur die nuwe man op die plaas. David is die vorige plaasbestuurder se seun, wat jare gelede deur Regardt se pa van die plaas af weggejaag is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Delia Davids (Kay Smith) is die nuwe juffrou by die plaasskool, al die pad van Kaapstad, om die kinders op die platteland te kom \u201dred\u201d. Sy bly by Shereen Kannemeyer (Zenobia Kloppers), die bemoeisieke tannievan die distrik. Meneer Fred Smith (Royston Stoffels) is die skoolhoof wat die voortbestaan van die plaasskool moet verseker. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dan is daar Lucian Bantjes (Cole Wessels) wat baie lief is vir die platteland en die leefstyl. Alles waarvan Delia niks hou nie. Om die waarheid te s\u00ea Delia en Lucian kan mekaar nie verdra nie. Tog vind hulle mekaar se geselskap interessant en sonder dat hulle dit sal erken dink hulle baie aan mekaar.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wolfgang Roux (Johann Nel), die hotelbestuurder en Anna Mclean (Antoinette Louw), die kunstediva, sorg vir allerhande interessante kinkels in die kabel. Hulle ken ook die geskiedenis van die Bonnets en weet van die groot familietwis tussen die Bonnets en die Meyers. Amanda Roux (Kara du Toit), Wolfgang se susterskind, soek haar oom op en raak vinnig bevriend met David en Amelia. Sy is gretig om \u2018n hand by te sit om <em>Die eerste wingerd <\/em>te bemark.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Om sake nog meer te kompliseer, daag Amelia Bonnet (Karli Heine), Regardt se jongste suster, onverwags op. Daar is dadelik \u2018n vonk tussen haar en David wat haar broer baie ongemaklik maak. Lisa Bonnet (Zolie Markey), Regardt en Amelia se ma, besluit om te vlug na die Bonnets se vakansiehuis, om van al drama weg te kom. Amelia spring sommer dadelik weg en begin om <em>Die eerste wingerd<\/em> oop te stel vir die publiek en die Rooivallei te bemark.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Net wanneer dit lyk of daar oplossings vir almal se uitdagings is, daag die ontwikkelaar Robert Peck (Marcel van Heerden) en sy metgesel Cindy Pietersen op om die Rooivallei goed op horings te neem.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Die skrywer vertel<\/strong><br>Anton vertel, \u201cDie goue draad van die storie volg die eerste korrels wat begin ryp word tot die bottels wyn wat reg staan om geproe te word. Maar die sentrale tema is liefde. Liefde vir die grond, liefde vir die gemeenskap. Liefde vir die produk wat gelewer word en die belangrikste: romantiese liefde (nuwe verliefdheid en ou liefde wat weer gevind word).\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Van die regisseur <\/strong><br>Amor Tredoux het gesorg vir boeiende regie. \u201cAs \u2018n kreatiewe span saam hul beste gee vir \u2018n projek gebeur daar \u2018n wonderlike ding. \u2018n Goue kring ontwikkel om hulle. Van liefde en die vreugde van heen en weer gee. Dis wat ek as regisseur ervaar het met <em>Die eerste wingerd<\/em>. Dis wat ek hoop ons luisteraars sal ervaar,\u201d s\u00ea Amor.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Die spelers <\/strong><br>Spelers soos Antoinette Louw, Kay Smith, Zolie Markey en Kara du Toit word gehoor saam met bekendes soos Royston Stoffels, Zenobia Kloppers, Cole Wessels, Marcel van Heerden, Johann Nel, Conradie van Heerden, Pierre Nelson, Pedro Camara en Karli Heine.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"\u2018n Lyk in \u2018n dam is die sneller vir ons nuwe middagstorie, \"Die eerste wingerd\"","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/wingerd3-copy.jpeg","short-description":"\u2018n Lyk in \u2018n dam is die sneller vir ons nuwe middagstorie, \"Die eerste wingerd\"","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/Stellenbosch-Vineyards-copy-2.jpeg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[402],"class_list":["post-137979","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-vervolgverhale-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/137979","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=137979"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/137979\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=137979"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=137979"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}