{"id":138066,"date":"2026-04-02T10:16:51","date_gmt":"2026-04-02T08:16:51","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=138066"},"modified":"2026-04-02T10:19:21","modified_gmt":"2026-04-02T08:19:21","slug":"konsert-kortverhaal-en-inspirasie-deel-van-rsg-se-paasprogram","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/konsert-kortverhaal-en-inspirasie-deel-van-rsg-se-paasprogram\/","title":{"rendered":"Ons spesiale Paasprogram"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Goeie Vrydag op RSG bevat vanjaar \u2018n omvattende spyskaart van musiek, konsertuitvoerings, \u2018n spesiale Paasdrama asook inspirasie en refleksie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Op Vrydag 3 April, net na <em>Monitor<\/em> om 06:00, sluit ons by Lizelle de Bruyn en <em>Binnekamer<\/em> aan wanneer sy vanaf 07:00 met dr. Stephan Joubert, Nico Koopman en Terblanche Jordaan gaan gesels oor die pad na Golgota. Luisteraars leer ook meer oor wie Jesus werklik was.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Magdaleen Kruger is die samesteller van<em> Loof die Here <\/em>(met \u2018n Paastema), wat om 08:00 uitgesaai word, gevolg deur die Paasdiens om 09:00.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sophia van Taak het haar deur die digkuns laat lei vir <em>Vers en klank<\/em> om 10:05. W.E.G. Louw het in 1944 \u2018n reeks van ses sonnette getiteld \u201cDie passie van ons Heer\u201d gepubliseer. Dit beskryf die gebeure van Goeie Vrydag chronologies en Van Taak vul dit aan met geestelike musiek van Tukkies se Camerata.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Om 10:30 in <em>Kortom<\/em> lees Blyde Schoeman die kortverhaal \u201cDie glinsterende glas\u201d deur J.J. Roberts voor. Dit handel oor \u2018n tienerdogter wat \u2018n middag in die kerk spandeer en peins oor die emosies en geloofsvrae wat die dominee se Paasfeespreek asook \u2018n kunswerk in die kerkgebou binne haar wakker gemaak het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>In die skadu van die kruis<\/em> om 11:00 ondersoek die karakter van Jesus en watter indruk dit vandag op ons laat. En die orrelis Zorada Temmingh gesels oor die rol wat musiek speel in die uitbeelding van die Kruisiging.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Om 12:00 volg <em>Stilte voor die Opstanding<\/em> \u2013 \u2018n spesiale gospelprogram waarin Jacqui January van rustige, klassieke gesange tot eietydse aanbiddingsliedere sal speel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Paasdrama, <em>Die herbergier<\/em>, is uit die pen van die gewilde skrywer, Esta Steyn, met onder andere Anrich Herbst, Bertha le Roux-Wahl, Cobus Visser, Martin Jansen, wyle Gigi Strydom, Francois van Rensburg en Esw\u00e9 Bruwer in die rolverdeling.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Helena Hugo is die regisseur van hierdie verhaal oor die herbergier van Bethlehem wat vir Maria en Josef skuiling gebied het, wat om 14:00 uitgesaai word. Hy woon nou egter in Jerusalem, 33 jaar later, wanneer Jesus gekruisig word. Midde die onvermydelike van Jesus se teregstelling is daar ook al die konflik en vrees wat dit aanwakker.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Alhoewel Joseph Haydn as die \u201cvader van die simfonie\u201d beskryf word, het hy ook talle geestelike werke, soos die mis gekomponeer. Onder hierdie versameling tel ook sy \u201cSkeppingsmis\u201d, asook sy \u201cKlein\u201d en \u201cGroot orrelmisse\u201d. Terrance April het \u2018n spesiale program, <em>Haydn se misse<\/em>, met van hierdie werke saamgestel en dit volg op Goeie Vrydag om 15:00.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Om 16:00 volg \u2018n RSG Konsertbederf en \u2018n opname van Rossini se <em>Stabat Mater<\/em> wat in die SAUK se M1-ouditorium met \u2018n koor, soliste en orkes uitgevoer en opgeneem is. Toe sy <em>Stabat Mater<\/em> in 1842 gedebuteer het, is dit as \u2018n triomf vir hierdie Italiaanse komponis bestempel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gustav Greyling is die gasheer met die Gautengse Filharmoniese Orkes onder leiding van Daniel Keet, die Ijadu-koort onder leiding van Thami Zungu, die sopraan Lisa Mostin van Vlaandere, die Suid-Afrikaanse mezzo-sopraan Thetible Khaile, die tenoor Petr Nekoranec van die Tsjeggiese Republiek en die Suid-Afrikaanse bariton Douwe Bijkersma.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Om 18:30 is daar \u2018n gespreksprogram met Vader Johan Strydom, prof. Christina Landman en dr. Jan Botha wat gaan gesels oor die rol van Maria, Jesus se moeder, in sy lewe en sterwe. <em>Mara, die ma van smarte<\/em> werp \u2018n blik op haar seun se pyn en lyding en hoe sy dit moes verwerk het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die res van RSG se Vrydagaand-programme, soos <em>Kompas<\/em> om 19:30 en <em>Oppiradio<\/em> om 20:00 met Haidee Muller-Isaacs, volg na 19:00. En Reggie Philander sal om 21:20 regskuif vir <em>Skud dit<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Konsert, kortverhaal en inspirasie deel van RSG se Paasprogram","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/7618-easter-meaning.jpg","short-description":"Konsert, kortverhaal en inspirasie deel van RSG se Paasprogram","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/easter-cross-background-wallpaper-1.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[],"class_list":["post-138066","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/138066","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=138066"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/138066\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=138066"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=138066"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}