{"id":138486,"date":"2026-04-01T12:19:23","date_gmt":"2026-04-01T10:19:23","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&p=138486"},"modified":"2026-04-10T12:27:24","modified_gmt":"2026-04-10T10:27:24","slug":"ons-2e-radiodramaseisoen-van-2026","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/ons-2e-radiodramaseisoen-van-2026\/","title":{"rendered":"Ons 2e radiodramaseisoen van 2026"},"content":{"rendered":"\n
RSG se eerste radioteaterseisoen van 2026 is \u2018n fees van eietydse en klassieke werk en sluit in \u2018n sonderlinge radioverwerking van sir Peter Shaffer se veelbekroonde Amadeus<\/em> met Andr\u00e9 Rossouw en Marthinus Basson in die hoofrolle.<\/p>\n\n\n\n
Sir Shaffer sou in Junie vanjaar sy 100ste verjaardag gevier het. Hy is die skepper van die Tony-bekroonde verhoogstuk Amadeus <\/em>(1979), wat ook verfilm is en \u2018n almintige agt Oscars ingepalm het. RSG sal wyle Nerina Ferreira se pragvertaling en -verwerking uitsaai.<\/p>\n\n\n\n
Luisteraars word egter vanuit die staanspoor bederf met die wendramas van 2025 se RSG en ATKV radiodramaskryfkompetisie.<\/p>\n\n\n\n
16 April: Suikerbek<\/em><\/strong>
Suikerbek <\/em>deur Ingrid Penzhorn wat ook met die tweede prys bekroon is, is te hore op Donderdag 16 April met Johan Rademan as regisseur.
Carolien is \u2019n mediese student wat finansieel noustrop trek. \u2019n Medestudent, Saskia, vertel haar hoe sy maklik geld kan verdien deur \u2019n gesellin vir \u2019n welgestelde man te wees. Die rolverdeling bestaan uit Minke Marais, Conradie van Heerden, Karli Heine, Deon Lotz en Andr\u00e9 Weidemann.<\/p>\n\n\n\n
23 April: Kalahari sterre<\/em><\/strong>
Die algehele wendrama van verlede jaar, Kalahari sterre<\/em> volg op Donderdag 23 April en is uit die pen van Adam Willemse.
Boeta (Dean Balie), Benji (Andr\u00e9 Samuels), Lulu (Wessel Pretorius) en Paul (Eben Genis) bied \u0149 vertoning aan wat dit waag om die ander sy van menswees uit te beeld vir \u0149 konserwatiewe, plattelandse gehoor. Kommer, sukses, vergifnis en herstel van verhoudings is waarmee die karakters gekonfronteer word in di\u00e9 radiostorie. Die ander spelers is Susanne Beyers en Royston Stoffels. Joanie Combrink het die regie behartig.<\/p>\n\n\n\n
30 April: Bloed van my<\/em><\/strong>
Die wenner van die prys vir Jong Skrywer (jonger as 30 jaar) is JJ Roberts met Bloed van my,<\/em> op Donderdag 30 April.
Broederlike liefde bots met \u2018n noodlottige verlies en Simeon en Meyer moet hulle pad deur di\u00e9 uitdaging vind. Casper Lourens, Wiandr\u00e9 du Plessis, Claudia Jones, Rico Immelman en Blyde Schoeman is die spelers onder spelleiding van Eddie de Jager.<\/p>\n\n\n\n
7 Mei: \u2018n Onverwagse Krismisboks<\/em><\/strong> (Argief)
\u2018n Onverwagse Krismisboks <\/em>uit die pen van Christo Davids op Donderdag 7 Mei is \u2018n roerende werk uit die argief en is in 2013 as deel van RSG se eerste kunstefees uitgesaai.
Margie is ‘n verpleegster by die Tygerberg-hospitaal, waar sy baie keer dubbelskof werk om te probeer voorsien vir haar twee kinders, Zelda en Zak. Margot Luyt het die regie behartig met Ivan Abrahams, Theresa Cloete, Dean Balie, Kim Cloete, Hein Poole, Sue Pyler-Slabbert, Johan Stassen en Deirdre Wolhuter in die rolverdeling.<\/p>\n\n\n\n
14 Mei: Tant Martjie<\/em><\/strong>
Op Donderdag 14 Mei kan daar ingeskakel word vir Groete van Tant Martjie <\/em>deur Paula Hartzenberg met Sean Brebnor, Rika Sennet, Anton Dekker, Bertha le Roux-Wahl, Mada Oosthuizen en Louise Eksteen in die rolverdeling.
\u2018n Vreemdeling klop aan Thomas se woonsteldeur en stel homself bekend as Bruwer Groenewald. Voordat Thomas dit regkry om die deur in sy gesig toe te druk, speel Bruwer nog sy troefkaart: \u201cJou tant Martjie stuur groete\u201d. Mari Snyman het die regie behartig.<\/p>\n\n\n\n
21 Mei: \u2018n Slang in die gras<\/em><\/strong> (Argief)
\u2018n Slang in die gras <\/em>op Donderdag 21 Mei deur Chris Majiedt was die tweede prys wenner van die 2013 RSG radiodramaskryfkompetisie.
Slang en sy groepie helpers versamel kosbaarhede, veral koper en aluminium, by die asgate om te verkoop. Hulle was almal in die tronk, en lede van die tronkbendes. En daar is min genade vir dislojaliteit. Met Chris Majiedt, Charlton George, Marlo Minnaar, Keenan Herman, Royston Stoffels en Andr\u00e9 Samuels in die rolverdeling en Eben Cruywagen as regisseur.<\/p>\n\n\n\n
28 Mei: Hartsake<\/em><\/strong>
Joe Kleinhans vertel in Hartsake<\/em> op Donderdag 28 Mei die storie van die akteur Joshua (Robbie Wessels) wat op die kruin van sy sepieloopbaan staan, maar \u2018n onverwagse wending ondergaan tydens \u2018n roetine-ondersoek.
Luan Jacobs het die regie behartig met Renske Jacobs, Kaz McFadden, Imarie Oberholzer, Antowan Nothling en Elzab\u00e9 Zietsman in die rolverdeling.<\/p>\n\n\n\n
4 Junie: 1,2,3 Blok myself<\/em><\/strong>
Die aktrise-sangeres Karen Wessels is terug met haar drama 1,2,3 Blok myself <\/em>op Donderdag 4 Junie.
Soos Monika (Natasja Jacobs) se werklikheid begin verbrokkel, word die luisteraar saamgeneem in \u2019n spanningsvolle onthulling van verborge geheime, skuldgevoel, en \u2019n verlede wat weier om begrawe te bly. Die rolverdeling word verder gevul deur Pierre Breytenbach, Amanda Strydom, Zane Meas, Pietie Beyers en Jakkie Groenewald.<\/p>\n\n\n\n
11 Junie: Amadeus<\/em><\/strong>
Sir Peter Shaffer sou in Junie vanjaar \u2018n 100 jaar oud geword het. Om di\u00e9 Britse ikoon en skrywer te vier, saai RSG die treffer, Amadeus,<\/em> op Donderdag 11 Junie om 20:00 uit. Die teks is spesiaal vir die radio deur Nerina Ferreira vertaal en verwerk. Wyle Margot Luyt het die regie meesterlik behartig.
Uit die vele samesweringsteorie\u00eb oor Wolfgang Amadeus Mozart se dood is die weergawe van die komponis, Antonio Salieri, seker die bekendste. Andr\u00e9 Rossouw vertolk Salieri en die gevierde verhoogregisseur Marthinus Basson Mozart. Ander spelers is Shirley Ellis, Dawid Minnaar, Herman Pretorius, Paul Malherbe, Pieter Cilliers, Dawie Ackerman, Johan Rademan, Jan Lombard en Pieter Bredenkamp.<\/p>\n\n\n\n
18 Junie: Potplant<\/em><\/strong>
Kabaret in radioteater is nie iets wat dikwels gehoor word nie. Karli Heine het haar kunstefeestreffer, Potplant<\/em>, vir die radio verwerk met oorspronklike musiek en toonsettings deur Grethe van der Merwe.
Op Donderdag 18 Junie debuteer die radio-akteur en sanger Dean Balie as regisseur met Eben Genis, Marion Holm, Ester von Waltsleben, Lochner de Kock, Karli Heine en Joanie Combrink in die rolverdeling. Kantoorpolitiek word gesien deur die oog van die potplante wat soms as alledaags beskou word. Maar wat is aan die gang as niemand kyk nie?<\/p>\n\n\n\n
25 Junie: Liesbet<\/em><\/strong>
Die seisoen word meesterlik op Donderdag 25 Junie afgesluit met \u2018n nuwe radiodrama deur Leon van Nierop.
2 April: Meeu-rus<\/em> deur Jana Nortier<\/strong>
Die seisoen begin op Donderdag 2 April met die derde plek wenner, Meeu-rus,<\/em> deur Jana Nortier. Christelle Webb-Joubert is die regisseur en Juanita de Villiers haar regterhand saam met die spelers Ryno Hattingh, Kim Cloete, De Waal Stemmet, Stephanie Baartman, Christine Voorendyk en Francois van Rensburg in die rolverdeling.
Meeu-rus <\/em>is die verhaal van Stefan wat die familieplaas erf na sy pa se afsterwe. Elna en Hein, Dawid se kinders uit sy huwelik, betwis die testament en roep die hulp van Landi Arendse in. Landi het egter \u2018n geheim van haar eie.
3 April: Die Herbergier <\/em>deur Esta Steyn<\/strong>
9 April: Gebakte pere deur Karen du Toit<\/strong>
Marnus se eerste dag op universiteit kon nie met \u2019n groter skok begin het nie. Emma daag n\u00e1 maande se stilswye skielik by die woonstelblok waarin hy sal tuisgaan op met die nuus dat hy die pa van \u2019n kind is. Sy laat die baba in die drie woonstelmaats se sorg, en s\u00ea sy het die fopspeen in haar motor vergeet. Sy kies die hasepad.<\/p>\n\n\n\n
Karen du Toit is as gesamentlike naaswenner aangewys in RSG se 2025 Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met ATKV. Die regisseur is Lelia Etsebeth, met Christopher van der Westhuizen, Dihan Keun, JJ Roberts, Izel Bezuidenhoud, Marina Coetzee en Gretha Brazelle in die rolverdeling.<\/p>\n\n\n\n
<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Ons 2e radiodramaseisoen van 2026","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/81HzuzfKYL._SY522_-copy.jpeg","short-description":"Ons 2e radiodramaseisoen van 2026","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/Christine-Voorendyk-Francois-van-Rensburg-Stephanie-Baartman-en-De-Waal-Stemmet.jpeg","https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/Screenshot-2026-04-02-at-10.26.37-copy.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[414],"class_list":["post-138486","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-radioteater-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/138486","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=138486"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/138486\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":138491,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/138486\/revisions\/138491"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=138486"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=138486"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}