{"id":139457,"date":"2026-04-27T01:58:22","date_gmt":"2026-04-26T23:58:22","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=139457"},"modified":"2026-04-27T02:00:02","modified_gmt":"2026-04-27T00:00:02","slug":"donderdagaand-jong-skrywer-wendrama-bloed-van-my","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/donderdagaand-jong-skrywer-wendrama-bloed-van-my\/","title":{"rendered":"Donderdagaand: Jong Skrywer wendrama &#8220;Bloed van my&#8221;"},"content":{"rendered":"\n<p>Die prys vir Jong Skrywer (jonger as 30 jaar) van die 2025 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV is JJ Roberts met <em>Bloed van my,<\/em> wat op Donderdag 30 April uitsaai. <\/p>\n\n\n\n<p>Broederlike liefde bots met \u2018n noodlottige verlies en Simeon en Meyer moet hulle pad deur di\u00e9 uitdaging vind.\u00a0Dis \u2018n storie met \u2018n diep persoonlike oortuiging. Die skrywer het deur \u2018n soortgelyke ervaring gegaan.<\/p>\n\n\n\n<p>Casper Lourens, Wiandr\u00e9 du Plessis, Claudia Jones, Rico Immelman en Blyde Schoeman is die spelers onder spelleiding van Eddie de Jager.<\/p>\n\n\n\n<p>Luister na <em>Bloed van my<\/em>, deur JJ Roberts, Donderdagaand 30 April in Radioteater om 8 uur op RSG of rsg.co.za en beskikbaar as potgooi en op Spotify na afloop van die uitsending.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Die storie<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Meyer is Simeon se ouer broer. 18 Maande tevore is hul ouers in \u2019n motorongeluk dood en Meyer moes sy studies staak en as Simeon se voog optree terwyl hy sy laaste twee jaar op skool voltooi. <\/p>\n\n\n\n<p>Simeon worstel met \u2019n skuldgevoel omdat hy n\u00e1 \u2019n partytjie gearresteer is en sy ouers hom by die polisiestasie moes gaan haal, maar onderweg daarheen het hulle verongeluk. Dit lei tot allerlei probleme tussen die twee broers, totdat hulle openlik oor hulle ouers se dood praat en hulle verhouding herstel word.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Oor die skrywer \u2013 JJ Roberts<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Roberts is gebore en geto\u00eb in Upington. Hy voltooi \u2018n graad in onderwys by die NWU Potchefstroom en verhuis na Pretoria in 2021. Daar voltooi hy \u2018n kursus in drama en word \u2018n voltydse vryskut kunstenaar in die vermaaklikheidsbedryf.<\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-large is-resized\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" width=\"768\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/JJ-Roberts-Photo-768x1024.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-132149\" style=\"width:316px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/JJ-Roberts-Photo-768x1024.jpg 768w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/JJ-Roberts-Photo-225x300.jpg 225w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/JJ-Roberts-Photo-113x150.jpg 113w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/JJ-Roberts-Photo-1152x1536.jpg 1152w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/01\/JJ-Roberts-Photo.jpg 1500w\" sizes=\"(max-width: 768px) 100vw, 768px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">JJ Roberts<\/figcaption><\/figure><\/div>\n\n\n<p> JJ was al te sien in verskeie musiekblyspele en te hore in radiodramas, vervolgverhale asook die vervaardiger en aanbieder van Kortom op RSG. As skrywer het \u2018n paar teaterstukke en kortverhale al uit sy pen gevloei.<\/p>\n\n\n\n<p>\u201cIetsie interessant van my is ek is tans besig om \u2018n persoonlike argief op te bou van teaterstukke, veral Afrikaanse teaterstukke. Ek vind hulle is uniek en die moeite werd om te bewaar. Ek bou ook \u2018n persoonlike argief op bestaande uit potgooie van beide Afrikaanse en Engelse radiodrama \u2019s. Dit is vir my \u2018n besonderse interessante medium wat grensverskuiwend is met klank en die verbeeldingsw\u00eareld wat saam met dit kom,&#8221; vertel JJ.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Nota van die regisseur<\/strong><br><br>Eddie de Jager het die drama opgeneem en het so getrou as moontlik die teks benader, veral met die gebruik van musiek en byklanke wat die leefw\u00eareld en emosies van die storie vasvat. <\/p>\n\n\n\n<p>\u201cDie drama volg \u2018n duidelik struktuur wat die reis van elke karakter tot \u2018n gevolgtrekking bring wat die luisteraar in staat sal stel om self afleidings te maak. Die universele temas soos verlies, volwassenheid en liefde laat jou met genoeg stof tot nadenke verweef in \u2018n vermaaklike en opvoedkundige storie om dit \u2018n wenteks te maak.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Die spelers <\/strong><br><br>Casper Lourens, Wiandr\u00e9 du Plessis, Claudia Jones, Rico Immelman en Blyde Schoeman is die spelers onder spelleiding van Eddie de Jager.<\/p>\n\n\n\n<p><\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Donderdagaand: Jong Skrywer wendrama \"Bloed van my\"","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/broers.jpeg","short-description":"Donderdagaand: Jong skrywer wendrama \"Bloed van my\"","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/broers.jpeg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[414],"class_list":["post-139457","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-radioteater-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/139457","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=139457"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/139457\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":139463,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/139457\/revisions\/139463"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=139457"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=139457"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}