{"id":140811,"date":"2026-05-20T09:55:19","date_gmt":"2026-05-20T07:55:19","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=140811"},"modified":"2026-05-20T09:55:20","modified_gmt":"2026-05-20T07:55:20","slug":"luister-saans-na-twa-die-tydloper","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/luister-saans-na-twa-die-tydloper\/","title":{"rendered":"Luister saans na &#8220;Twa, die Tydloper&#8221;"},"content":{"rendered":"\n<p>Twa, die Tydloper, deur Anoescka von Meck, is die verhaal van Twalie Albrecht, wat saam met haar pa Albert, Ma-Niggie en drie broers op \u2018n afgele\u00eb plaas in die verre Noordweste woon.&nbsp; Hulle is \u2019n geharde, eenkant gesin vol geheime. Twalie se pa verwerp haar en haar ma maak haar gedurig stil.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Dan red die Namavrou Letgoed haar uit \u2019n sandstorm en leer haar die geheime van Die Poort, wat tydens die heuningmaan \u2019n magiese plek word. Hier maak tyd soms \u2019n deur agtertoe oop \u2026 &nbsp;Letgoed s\u00ea vir Twalie &nbsp;\u201c\u2026 ons is nou te ver om gedane sake om te draai, maar as jy vandag hier met my saam-kom, moet jy weet daar gaan \u2019n geheim op jou skouers kom rus wat nie vir tj\u00eanners bedoel is nie.\u201d&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p>Die bynaam Twa is \u2018n Nama-woord vir \u2018n graspol, en verwys na haar hare. &nbsp;Von Meck maak ruim gebruik van streekstaal en Nama-woorde en dit dra by tot die gevoel van verlatenheid in die dorre omgewing waar die verhaal afspeel.&nbsp; Dis \u2018n verhaal van geheime, en wreedhede en miskenning, maar ook &nbsp;een mens se groei en sal &nbsp;luisteraars &nbsp;&nbsp;meevoer en met nuwe o\u00eb na die w\u00eareld om hulle&nbsp; laat kyk.<\/p>\n\n\n\n<p>Twa, die Tydloper deur Anoescka von Meck, word voorgelees deur Miche van Wyk, met regie deur Anrich Herbst.&nbsp; Dit word weeksaande om 21:10 op RSG uitgesaai.&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Luister saans na \"Twa, die Tydloper\"","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Twa1.jpg","short-description":"Luister saans na \"Twa, die Tydloper\"","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Twa1.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[434],"class_list":["post-140811","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-boeke-temas"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/140811","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=140811"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/140811\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":140813,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/140811\/revisions\/140813"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=140811"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=140811"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}