{"id":143285,"date":"2026-06-29T10:05:27","date_gmt":"2026-06-29T08:05:27","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=143285"},"modified":"2026-06-29T10:45:51","modified_gmt":"2026-06-29T08:45:51","slug":"ons-nuwe-dokumentere-seisoen-die-kaalvoetlegende-gif-in-ons-hande-die-waarheid-van-heldersiendes-slegs-op-rsg","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/ons-nuwe-dokumentere-seisoen-die-kaalvoetlegende-gif-in-ons-hande-die-waarheid-van-heldersiendes-slegs-op-rsg\/","title":{"rendered":"Ons nuwe dokument\u00eare seisoen: Die kaalvoetlegende, \u2018gif\u2019 in ons hande &amp; die waarheid van heldersiendes, slegs op RSG"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Bestaan daar regtig mense wat met die sogenaamde helm gebore is? Wat is die \u201cgif\u201d wat ons daagliks in ons hande vashou en waarvan daar glad nie ontslae geraak kan word nie?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat hou die bedreiging van paddas vir ons land se &nbsp;varswaterbronne in? Wat het geword van ons kaalvoet-atletieklegende Zola Budd en die liewe tannie Magda van TV se <em>Wielie Walie<\/em>?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie is slegs \u2018n handjievol van die vrae wat in RSG se tweede dokument\u00ear-seisoen van 2026 gevra word en waarvoor die programmakers wyd en syd na antwoorde gaan soek het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Luisteraars ontmoet ook die Papier-familie wat al vir \u2018n eeu lank musiek maak, en die Britse koning Charles ontmoet het tydens hul konserte in Engeland. Op lug leer ken ons die vragmotorbestuurders wat \u2018n lewensaar vir Suid-Afrikaners geword het nadat die spoorbedryf ineengestort het. Daar is \u2018n kykie agter die skerms van die gewilde TV-sepie <em>Kelders van geheime<\/em> en daar word kop gekrap oor waarom vroue meer ernstig beseer word in motorongelukke in vergelyking met mans.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kobus Rudolph skop die dokkie-seisoen af met <em>\u2018n Padda is \u2018n ding wat spring&#8230; of nie?<\/em> waarin hy di\u00e9 spesie se deurslaggewende rol in die ekostelsel bekyk, terwyl sowat 41% van alle paddaspesies tans bedreig word. Luister op Donderdag 2 Julie om 20:00.<\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-large is-resized\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"506\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Paddas-copy-1024x506.jpeg\" alt=\"\" class=\"wp-image-143284\" style=\"aspect-ratio:2.023749745538441;width:530px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Paddas-copy-1024x506.jpeg 1024w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Paddas-copy-300x148.jpeg 300w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Paddas-copy-150x74.jpeg 150w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Paddas-copy-768x379.jpeg 768w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Paddas-copy.jpeg 1190w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2018n Week later reis Carla MacKenzie na Franschhoek om die Papier Langarmorkes te ontmoet wat tydens die Chelsea-blommeskou opgetree en opslae gemaak het. Hoe kry hulle dit reg om vir dekades lank soveel van die ouer Kaapse dans- en volksmusiekstyle te bewaar en te laat weerklink; nou ook w\u00eareldwyd.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In <em>Met die helm gebore <\/em>op Donderdag 16 Julie kyk dr. Flip Loots na die mediese, kulturele en spirituele perspektiewe op wat in die volksmond bekend staan as mense wat \u201cmet die helm gebore\u201d is. Wat is die mites en tradisies; en bestaan hierdie heldersiende mense regtig?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar is \u2018n \u201cgeslagsdatagaping\u201d wat veroorsaak dat vroue meer vatbaar is vir nek-, bors-, buik- en talle ledemaatbeserings tydens motorongelukke, rapporteer Martelize Brink in <em>As vroue voet innie hoek sit&#8230; <\/em>Di\u00e9 dokkie word op Donderdag 23 Julie uitgesaai en fokus ook op nuwe ontwikkelinge in die motorbedryf, soos die gebruik van meer lewensgetroue vroulike botstoetspoppe.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In <em>Lang pad<\/em> op Donderdag 30 Julie reis Ettienne Ludick saam met die vragmotorbestuurders wat dag en nag Suid-Afrika deurkruis om kosbare vragte af te lewer, desondanks gevaar, misdaad en selfs ekstreme weersomstandighede.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die dokkiemaker Est\u00e9 de Klerk kyk in <em>Die gevaar in ons groen longe<\/em> na die Gautengse riviere soos die Jukskei- en Klipriviere waarin daar daagliks rou riool en ander industri\u00eble afval gestort word. Die besoedeling het reeds skokkende afmetings aangeneem en beide die inwoners en die omgewing is tans in lewensgevaar.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In <em>Siekefonds of skynveiligheid? Die waarheid oor jou dekking<\/em> laat val Mari Hudson van die RSG program <em>Gesondheid<\/em>, die kollig op die werklike beskerming wat mediese dekking bied, veral as pasi\u00ebnte dit die nodigste het. Wat is hierdie kraaines van wagtydperke, skielike uitsluitings en ander onverwagte kostes waarvoor daar nie voorsiening gemaak is nie? Boonop neem lidmaatskap toe en kan \u2018n mens tereg vra: word ek enigsins beskerm deur my dekking? Luister op Donderdag 13 Augustus om 20:00.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die aktrise en geliefde TV-aanbieder Magda van Biljon het onlangs haar tagtigste verjaardag gevier. Wat het van die geliefde tannie Wielie Walie geword en ook die aktrise vir radio, teater, televisie en die silwerdoek? Ina Strydom het by haar gaan inloer en dit word op Donderdag 20 Augustus uitgesaai.<\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><img decoding=\"async\" width=\"365\" height=\"547\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Magda-van-Biljon.jpeg\" alt=\"\" class=\"wp-image-143304\" srcset=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Magda-van-Biljon.jpeg 365w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Magda-van-Biljon-200x300.jpeg 200w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Magda-van-Biljon-100x150.jpeg 100w\" sizes=\"(max-width: 365px) 100vw, 365px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Magda van Biljon<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Die gif in jou hande: Die onsigbare prys van \u2018e-rommel\u2019<\/em> is \u2018n blik op die sogenaamde begraafplase waar ou rekenaars, selfone en ander tegnologietoestelle eindig. Hoeveel word daar werklik herwin? En watter impak het dit op die omgewing en ons gesondheid? Lizelle de Bruin skuif op Donderdag 27 Augustus agter die mikrofoon in vir hierdie priemende ondersoek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Afrikaanse sepie <em>Kelders van geheime<\/em> was vanuit die staanspoor \u2018n suksesverhaal met soveel as twee miljoen kykers en ongekende advertensie-inkomste. Maar di\u00e9 gewilde reeks kom in Augustus ten einde en Haidee Muller-Isaacs het gaan ondersoek instel na die sukses en uitdagings van die sepie wat op \u2018n plaas in die Wes-Kaap verfilm en vervaardig word. Skakel in op Donderdag 3 September om 20:00.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Suid-Afrikaanse middelafstandatleet Zola Budd het internasionaal bekendheid verwerf, maar haar loopbaan was in omstredenheid gedompel weens sportpolitiek, \u2018n onverkwiklike voorval en gesprekke rondom haar nasionaliteit. Al het sy kaalvoet gehardloop, ontdek Jody Hendricks veel, veel meer in sy dokkie, <em>Zola Budd: Spoor van \u2018n kaalvoetlegende<\/em>, op Donderdag 10 September.<\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><img decoding=\"async\" width=\"400\" height=\"565\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/ghnw20140925-095515-353.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-143307\" srcset=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/ghnw20140925-095515-353.jpg 400w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/ghnw20140925-095515-353-212x300.jpg 212w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/ghnw20140925-095515-353-106x150.jpg 106w\" sizes=\"(max-width: 400px) 100vw, 400px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Zola Budd<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Jacqui January het na die Richtersveld gereis vir <em>Gestroop van die aarde: Vetplante en die swartmark<\/em> vir haar dokument\u00ear oor vetplantstropery van skaars en endemiese plante wat deel vorm van internasionale en naatloos georganiseerde misdaadsindikate wat nie net die plante nie, maar ook plaaslike inwoners se lewens bedreig. Dit word op Donderdag 17 September uitgesaai.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die seisoen word afgesluit met <em>Plektrum<\/em>, \u2018n dokument\u00ear oor die lewe en loopbaan van die kitaarspeler, komponis en veelsydige musikant Mauritz Lotz. Lotz se loopbaan word dikwels gereduseer tot sessie- of agtergrondmusikant, maar hy spog met meer as 4\u00a0000 opnames, het homself as tiener geleer kitaar speel en hy spog met Grammy-pryse op sy kaggelrak. Sy komposisies wissel van veelbekroonde teaterproduksies tot rolprentklankbane, ballet en eietydse musiekteater waarvoor hy die kreatiewe lewensaar was. Wat word van hierdie kunstenaars wat dikwels in die skadu van ander staan? Hierdie uur lange dokument\u00ear kan op Donderdag 24 September (op Erfenisdag) op RSG gehoor word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir meer inligting besoek rsg.co.za of laai RSG se nuwe app af om die dokument\u00eare programme regstreeks te stroom.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Ons nuwe dokument\u00eare seisoen: Die kaalvoetlegende, \u2018gif\u2019 in ons hande &amp; die waarheid van heldersiendes, slegs op RSG","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Paddas-copy.jpeg","short-description":"Ons nuwe dokument\u00eare seisoen: Die kaalvoetlegende, \u2018gif\u2019 in ons hande & die waarheid van heldersiendes, slegs op RSG","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Paddas-copy.jpeg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[403],"class_list":["post-143285","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-dokumentere"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/143285","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=143285"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/143285\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":143308,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/143285\/revisions\/143308"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=143285"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=143285"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}