{"id":144903,"date":"2026-07-27T16:42:06","date_gmt":"2026-07-27T14:42:06","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=144903"},"modified":"2026-07-27T16:42:07","modified_gmt":"2026-07-27T14:42:07","slug":"rsg-en-virseker-se-kultuurkaravaan-op-soek-na-afrikaans-se-kosbaarste-skatte","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/rsg-en-virseker-se-kultuurkaravaan-op-soek-na-afrikaans-se-kosbaarste-skatte\/","title":{"rendered":"RSG en Virseker se Kultuurkaravaan op soek na Afrikaans se kosbaarste skatte"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Johannesburg, 27 Julie, 2026 \u2013 RSG, Virseker en die ATKV gaan di\u00e9 lente die land ekstra kleur gee wanneer die heel eerste RSG en Virseker Kultuurkaravaan Suid-Afrika gaan deurkruis op soek na die mense, stories, kos, kultuur en skeppendheid wat harte warmer laat klop.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Di\u00e9 veldtog wat in September afskop, is \u2018n opwindende viering van Afrikaans, sy mense en die uniekheid wat ons hartsplekke so spesiaal maak. Dit is \u2019n landswye reis met RSG se karavaan, omroepers en borge wat die kleurryke tapyt gaan betree wat ons kultuur so bekoorlik en ons Suid-Afrikaanse dorpe en sy kultuurdraers so sonderling maak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Miskien is dit die padstal waar niemand kan verbyry sonder om iets te koop nie, die tannie wat almal se verjaarsdae onthou, die kerkkoor wat die mooiste melodie\u00eb sing, die ou met \u2018n ongewone talent, die groep wat dans dat die stof so staan of selfs die bekende wat hul wortels in die dorp het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wys vir ons die kultuurdraers, smake en talente wat jou dorp, gemeenskap, voorstad of selfs woonbuurt uniek maak en die RSG en Virseker Kultuurkaravaan kan dalk in jou dorp kom parkeer en dit saam met jou verken en ervaar.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Di\u00e9 veldtog is op Maandag 27 Julie tydens \u2018n regsteekse uitsending op die Seepunt-promenade met die aanbieders Renske Jacobs, Gustav Greyling en Martelize Brink bekend gestel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Luisteraars wat hul dorpe, buurte, gemeenskappe of voorstede benoem, staan die kans om \u2018n <strong>midweekwegbreek by enige ATKV\u2011oord te wen<\/strong>. <strong>Elke gekose dorp ontvang \u2018n RSG-kuier met \u2019n regstreekse <em>Op en Wakker<\/em>\u2011uitsending saam met Renske Jacobs, Gustav Greyling<\/strong> en <strong>Blaine Jones<\/strong>. Sowel as <strong>prysaktiwiteite<\/strong> saam met Virseker, \u2019n <strong>ATKV Boektrommel ter waarde van R8 000<\/strong> vir \u2019n plaaslike skool en \u2018n allemintige <strong>R300 000 se RSG\u2011lugtyd<\/strong> om plaaslike toerisme te bevorder<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Verder is daar <strong>Kiek die Karavaan<\/strong> waar luisteraars foto\u2019s kan neem wanneer hulle die karavaan op die pad bespeur om kontantpryse van Virseker te wen.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2018n <strong>Kultuurkapsule<\/strong> reis ook saam met die span en word by elke dorp aangevul met iets wat die kultuur of identiteit van die gemeenskap verteenwoordig. Die kapsule word by die finale uitsending oopgemaak en verken as \u2018n terugblik op Afrikaans, sy stories sy dorpe en sy mense.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Inskrywings is eenvoudig: luisteraars besoek kultuurkaravaan.co.za en vertel vir RSG wie die <strong>koshelde<\/strong>, <strong>skeppendes<\/strong>, <strong>sportsterre<\/strong>, <strong>omgee\u2011engele<\/strong>, <strong>skoolhelde<\/strong> en <strong>verborge skatte<\/strong> van hul dorp is. Hulle stel ook \u2019n voorgestelde dagroete saam vir die RSG\u2011span en motiveer hoekom hul dorp of blyplek die hart van Afrikaans verteenwoordig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Inskrywings sluit op Vrydag 14 Augustus 2026 om 17:00 en die 2026 Kultuurkaravaan skop amptelik in September af.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Louise Jooste, RSG se sakebestuurder<\/strong>, s\u00ea, \u201cDie Kultuurkaravaan is Afrikaans se kleurrykste, mooiste en lekkerste padvat. Dis \u2019n viering van wie ons is. Afrikaans is nie net \u2019n taal nie, maar \u2019n lewende kultuur wat in elke dorp, straat en gemeenskap wortel skiet, groei en l\u00e9\u00e9f. Ons wil die gesigte en name agter hierdie kultuur ontmoet, by hulle kuier, saam met hulle ontdek en die taal en menswees wat ons saambind saam met hulle vier.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cVirseker is trots om deel te wees van \u2019n veldtog wat die mense, stories en tradisies vier wat Afrikaans laat leef. Ons gemeenskappe se kosbaarste skatte is juis di\u00e9 dinge wat nie altyd in geld gemeet kan word nie &#8211; hul karakter, omgee, talent en trots. Deur die Kultuurkaravaan wil ons help om hierdie besonderse stories raak te sien, te beskerm en met die res van Suid-Afrika te deel,\u201d voeg Morn\u00e9 van Emmenes, Senior Bestuurder by Virseker, by.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie ATKV is \u2019n organisasie vir en deur mense. Ons ondersteun graag hierdie RSG-inisiatief omdat die betrokkenheid van ATKV-taklede landwyd ons wys hoe verskilmakers hul gemeenskappe laat groei, Afrikaans laat leef, en waardes van omgee en diens elke dag sigbaar maak,\u201d s\u00ea Gerrie Lemmer, ATKV se uitvoerende hoof: Kultuur.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die geliefde RSG Bakgat-beskuitkompetisie neem \u2019n welverdiende blaaskans, terwyl die Kultuurkaravaan die kollig steel. Bakgat het oor die jare \u2019n merkwaardige nalatenskap opgebou en was die geboorteplek vir verskeie entrepreneurs, waaronder vorige wenners, Marthl\u00e9 Smith en Magda Janse van Vuuren, wat vandag elk hul eie suksesvolle sake-ondernemings, KRAAK! en Magda Beskuit, besit. Hul besighede is \u2018n konkrete bewys van hoe Bakgat talent ontgin, kreatiwiteit aanwakker en kleinskaalse bakkers kan help om GROOT loopbane te bou. Bakgat sal wel op lug terugkeer \u2013 groter, beter en liplek-lekkerder as ooit.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Laai die nuwe <strong>RSG\u2011app<\/strong> af, volg die stasie op sosiale media, of besoek die webblad vir meer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>MEER OOR RSG:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">RSG is Suid-Afrika se grootste Afrikaanse radiostasie en deel van die SABC. Die stasie bedien meer as \u2019n miljoen luisteraars daagliks met nuus, aktualiteit, kultuur, musiek, vermaak en bekroonde radiodramas. RSG is \u2019n tuiste vir Afrikaanse stories, klanke en gemeenskappe, en verbind luisteraars landwyd deur inhoud wat geloofwaardig, inspirerend en relevant is. Met \u2019n sterk digitale teenwoordigheid, potgooie, buiteluguitsendings en \u2019n diverse programaanbod, bly RSG \u2019n kernpilaar van die Afrikaanse medialandskap.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"RSG en Virseker se Kultuurkaravaan op soek na Afrikaans se kosbaarste skatte","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/RSG-Nou-copy.jpg","short-description":"RSG en Virseker se Kultuurkaravaan op soek na Afrikaans se kosbaarste skatte","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/RSG-Nou-copy.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[480],"class_list":["post-144903","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-projekte-temas"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/144903","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=144903"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/144903\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":144905,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/144903\/revisions\/144905"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=144903"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=144903"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}