{"id":145748,"date":"2026-08-04T10:17:13","date_gmt":"2026-08-04T08:17:13","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=145748"},"modified":"2026-08-04T10:17:14","modified_gmt":"2026-08-04T08:17:14","slug":"donderdagaand-dokumenter-die-gevaar-in-ons-groen-are","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/donderdagaand-dokumenter-die-gevaar-in-ons-groen-are\/","title":{"rendered":"Donderdagaand dokument\u00ear: &#8220;Die gevaar in ons groen are&#8221;"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Die Gevaar in Ons Groen Are deur Est<\/strong><strong>\u00e9<\/strong><strong> de Klerk<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong><em>\u201cBesoedelde riviere is nie net \u2018n omgewingsprobleem nie, dit is die sigbaarste bewys van staatsverval op plaaslike vlak. Die toestand van \u2018n rivier is uiteindelik \u2018n tragiese, tasbare maatstaf van die gehalte van die regering.\u201d &#8211; Professor Pieter Duvenhage, onafhanklike politieke ontleder<\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Sal besoelde riviere \u2018n kwessie wees wat jou stem kan swaai tydens die opkomende plaaslike regeringsverkiesing op 4 November?<br>Is dit iets waaroor jy ooit dink?<br>Hoe besoedel ons riviere is, wat dit veroorsaak, wie daarvoor verantwoordelik is, of daar dalk politieke wil of verantwoordbaarheid ontbreek, en hoekom daar nie daadwerklik aksie geneem word om \u2018n toenemende natuurramp te voorkom nie?<\/strong><\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" width=\"480\" height=\"360\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Besoedelde-stroom-Gauteng-5.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-145749\" srcset=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Besoedelde-stroom-Gauteng-5.jpg 480w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Besoedelde-stroom-Gauteng-5-300x225.jpg 300w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Besoedelde-stroom-Gauteng-5-150x113.jpg 150w\" sizes=\"(max-width: 480px) 100vw, 480px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Besoedelde stroom in Gauteng<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong><em>Die Gevaar in Ons Groen Are <\/em><\/strong>deur Est\u00e9 de Klerk, is nie \u2018n RSG-dokument\u00ear oor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November 2026 nie. Maar, dit is \u2018n dokument\u00ear oor \u2018n natuurkwessie met dieperliggende gevolge vir elkeen van ons &#8211; vir ons gesondheid, vir ons ekonomie, vir ons politieke stelsel, vir ons regering &#8211; op elke sfeer. En natuurlik vir Moeder Natuur.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cWanneer ons &#8216;n rivier vernietig, vernietig ons nie net &#8216;n ekosisteem nie. Ons beskadig ook die w\u00eareld waar binne ons eie bewussyn, ons gesondheid en gemeenskappe gevorm word. Daarom is &#8216;n besoedelde rivier tegelykertyd &#8216;n ekologiese, psigiese en politieke wond,\u201d s\u00ea professor Pieter Duvenhage, die onafhanklike politieke ontleder met wie Est\u00e9 in die dokument\u00ear gepraat het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hier is die feite volgens die waterbestuurkenner en mede-professor aan Unisa, professor Anja du Plessis:<br>\u201cSuid-Afrika produseer 50-duisend liter rou of gedeeltelike behandelde riool in ons riviere elke sekonde. Sowat 60% van die sowat 7-miljard miljard liter riool wat daagliks in Suid-Afrika geproduseer word, word direk in ons waterbronne ingestort. In Gauteng, s\u00ea hulle dat daar byna 90-miljoen liter&nbsp; riool in die riviere ingepomp word.\u201d<\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><img decoding=\"async\" width=\"360\" height=\"480\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Besoedelde-rivier-Gauteng-3.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-145751\" srcset=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Besoedelde-rivier-Gauteng-3.jpg 360w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Besoedelde-rivier-Gauteng-3-225x300.jpg 225w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Besoedelde-rivier-Gauteng-3-113x150.jpg 113w\" sizes=\"(max-width: 360px) 100vw, 360px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Besoedelde rivier in Gauteng<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Hoekom gebeur dit, vra jy?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Professor Anja du Plessis antwoord: \u201cOns afvalwater en -behandelingaanlegte wat in sommige gevalle&nbsp; glad nie werk nie, en in verslae word ges\u00ea dat 86% van ons afvalwateraanlegte nie op standaard is nie, hulle is sub-standaard en meeste van hulle riool is net gedeeltelik behandel, so dit het &#8216;n groot impak,&nbsp; nie net op Gauteng nie, maar ook in die land, want ons riviere is aanmekaar verbind.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die <em>Gevaar in Ons Groen Are <\/em>fokus hoofsaaklik op die besoedeling op die riviere in Gauteng, en dus op die munisipaliteite in Gauteng: 11 in totaal: 3 Metro\u2019s (Johannesburg, Tshwane, Ekurhuleni); 2 distriksmunisipaliteite (Sedibeng en Wesrand); en 6 Plaaslike munisipaliteite (Emfuleni, Lesedi, Midvaal, Merafong, Mogale, Rand Wes).<\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><img decoding=\"async\" width=\"480\" height=\"360\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Besoedelde-spruit-Gauteng-6.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-145752\" srcset=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Besoedelde-spruit-Gauteng-6.jpg 480w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Besoedelde-spruit-Gauteng-6-300x225.jpg 300w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Besoedelde-spruit-Gauteng-6-150x113.jpg 150w\" sizes=\"(max-width: 480px) 100vw, 480px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Besoedelde spruit in Gauteng<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Elke jaar ondersoek die Departement van Water- en Sanitasie hoe funksioneel munisipaliteite se afval-rioolwerke is deur middel van die Groendruppelverslag. Die jongste, wat op 31 Maart vrygestel is, skets \u2018n donker prentjie: 47% van die 848 rioolwerke &#8211; 396 in totaal &#8211; is in kritieke toestand, teenoor die 39-persent vier jaar gelede; en slegs 8% &#8211; of 14 uit die 848 &#8211; funsioneer goed.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDit dit wys vir jou dat die meerderheid van ons rioolaanlegte nie voldoen aan die minimum vereistes nie. As jy net kyk na &#8216;n nasionaal prentjie, is dit byna 3-miljard-miljard liter riool wat nie gesuiwer is nie wat elke dag in ons riviere gestort word. In Gauteng beteken dit dat ons riviere erg besoedel is,\u201d s\u00ea Julius Kleynhans, die uitvoerende bestuurder vir plaaslike regering by die Organisasie teen Belastingmisbruik (OUTA).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns sien jaar op jaar hoe rioolbesoedeling plaasvind waar rioolaanlegte nie onderhou word nie &#8211; waar daardie riool in ons riviere of damme gestort word. Maar, ook waar rioleringstelsels, soos jou rioolpype en pompstasies nie onderhou word nie, waar daar dan riool uitloop en in ons riviere ingaan sonder dat dit eers by die werke uitkom. Daar is nie nagevolge vir hierdie wanbestuur nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Professor Pieter Duvenhage s\u00ea besoedelde riviere is nie net \u2018n omgewingsprobleem nie, dit is die sigbaarste bewys van staatsverval op plaaslike vlak. \u201cDie toestand van \u2018n rivier is uiteindelik \u2018n tragiese, tasbare maatstaf van die gehalte van regering.\u201d<\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"768\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Unknown-1-1024x768.jpeg\" alt=\"\" class=\"wp-image-145759\" srcset=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Unknown-1-1024x768.jpeg 1024w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Unknown-1-300x225.jpeg 300w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Unknown-1-150x113.jpeg 150w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Unknown-1-768x576.jpeg 768w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Unknown-1.jpeg 1280w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tussen 1999 en 2011 het die ekologiese toestand van Suid-Afrika se hoofriviere met 500% agteruitgegaan en van hierdie riviere kan nie meer herstel word nie. Dit is die Departement van Water en Sanitasie se 2019-Meesterplan vervat, s\u00ea Mari\u00ebtte Liefferink, \u2018n suurmyn- en rioolafvalwaterkenner en die bestuurshoof van die Vereniging van die Volhoubare Omgewing.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In <em>Die Gevaar in Ons Groen Are<\/em> ontbloot Mari\u00ebtte Liefferink skokkende feite oor e-coli-tellings in ongesuiwerde water wat deur Rand Water en die Johannesburgse Metro beskikbaar gestel word, of die gebrek daaraan op die forums waarop sy dien.<\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"768\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Unknown-2-768x1024.jpeg\" alt=\"\" class=\"wp-image-145760\" srcset=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Unknown-2-768x1024.jpeg 768w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Unknown-2-225x300.jpeg 225w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Unknown-2-113x150.jpeg 113w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Unknown-2.jpeg 960w\" sizes=\"(max-width: 768px) 100vw, 768px\" \/><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar, daar is veranderinge wat moontlike boetes en vervolging vir besoedelaars kan bring.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Wysigingswetsontwerp op Waterdienste en die Wysigingswetsontwerp op die Nasionale Waterwet dien tans voor die Parlement.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Julius Kleynhans verduidelik: \u201cAs jy &#8216;n besoedeling laat plaasvind in &#8216;n natuurlike waterbron soos &#8216;n rivier of &#8216;n dam is, dit krimineel. Die wetgewing is baie duidelik. Indien die wetgewing goedgekeur word, is die strawwe wat opgel\u00ea kan word R1 miljoen tot R5 miljoen se boete of tot vyf jaar se tronkstraf vir &#8216;n eerste oortreding en dan vir &#8216;n tweede oortreding kan jy selfs tien jaar tronkstraf of R10 miljoen se boete kry. Wat ons ook nou sien met die nuwe direkteur-generaal van Water en Sanitasie, dr. Sean Phillips is dat hy die Blou Skerpioene weer aan die gang gekry het. Dit is &#8216;n spesialis ondersoekeenheid vir waterwetgewing en dan vir omgewingsake is die Groen Skerpioene ook weer in werking gestel. Die eenheid is voorheen ontbind. Daar is dus nou \u2018n daadwerklike pogings om munisipaliteite en owerhede verantwoordelik te hou.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kennisgewings en direktiewe is ook vanjaar deur die Departement van Water en Sanitasie uitgereik aan munisipaliteite wat nie aan die nodige standaarde voldoen nie, en sake is ook reeds aan die Nasionale Vervolgingsgesag en die Blou Skerpioene oorhandig vir ondersoek. <s><\/s><\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"360\" height=\"480\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Unknown-3.jpeg\" alt=\"\" class=\"wp-image-145761\" srcset=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Unknown-3.jpeg 360w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Unknown-3-225x300.jpeg 225w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Unknown-3-113x150.jpeg 113w\" sizes=\"(max-width: 360px) 100vw, 360px\" \/><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar hoe ver is die situasie van \u2018n volgehoue natuurramp, en kan dit steeds omgedraai word?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Luister Donderdagaand om 20:00 op RSG na die dokument\u00ear, <em>Die Gevaar in Ons Groen Are <\/em>deur Est\u00e9 de Klerk.<\/strong><\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Donderdagaand dokument\u00ear: \"Die gevaar in ons groen are\"","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Unknown-2.jpeg","short-description":"Donderdagaand dokument\u00ear: \"Die gevaar in ons groen are\"","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Unknown-3.jpeg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[403],"class_list":["post-145748","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-dokumentere"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/145748","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=145748"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/145748\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":145763,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/145748\/revisions\/145763"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=145748"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=145748"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}