{"id":146597,"date":"2026-08-16T20:33:42","date_gmt":"2026-08-16T18:33:42","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=146597"},"modified":"2026-08-16T20:36:33","modified_gmt":"2026-08-16T18:36:33","slug":"lucia-prinsloo-se-laaste-roman-kry-n-nuwe-stem-op-rsg","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/lucia-prinsloo-se-laaste-roman-kry-n-nuwe-stem-op-rsg\/","title":{"rendered":"Lucia Prinsloo se laaste roman kry \u2019n nuwe stem op RSG"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">RSG nooi luisteraars om vanaf 18 Augustus soggens om 10:45 die w\u00eareld van die Kougaberge te betree met die nuwe boekvoorlesing, <em>Solank as die aarde<\/em>, deur Lucia Prinsloo. Die roman word deur Saskia Pocock voorgelees en staan onder regie van Eddie de Jager. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die voorlesing bied aan luisteraars die geleentheid om Prinsloo se laaste roman te beleef en bring terselfdertyd hulde aan \u2019n skrywer wat nie die verskyning van die boek kon meemaak nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Prinsloo is op 6 Februarie 2024 oorlede nadat sy aan \u2019n ernstige niersiekte gely het. <em>Solank as die aarde<\/em> het ongeveer \u2019n maand n\u00e1 haar dood verskyn. Dit is haar derde roman en volg op <em>Kwaheri my geliefde<\/em> en <em>Vegters.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-large is-resized\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" width=\"684\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Lucia-Prinsloo-2-684x1024.jpeg\" alt=\"\" class=\"wp-image-146599\" style=\"width:366px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Lucia-Prinsloo-2-684x1024.jpeg 684w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Lucia-Prinsloo-2-200x300.jpeg 200w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Lucia-Prinsloo-2-100x150.jpeg 100w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Lucia-Prinsloo-2-768x1151.jpeg 768w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Lucia-Prinsloo-2.jpeg 801w\" sizes=\"(max-width: 684px) 100vw, 684px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Lucia Prinsloo<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die verhaal speel af op die plaas Soetkloof in Opkoms, \u2019n werklike gebied agter Joubertina in die Kougaberge. Kleiner plase hier het oor geslagte vrugte gelewer totdat droogte en veranderende omstandighede die voortbestaan van die gemeenskap bedreig het. Die gebied vorm vandag deel van \u2019n natuurbewaringsgebied. Teen hierdie herkenbare agtergrond ontvou die fiktiewe verhaal van die Du Preez-gesin.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die roman begin by die begrafnis van De Viljee. Sy broer, Cornel, was by hom toe \u2019n noodlottige jagongeluk plaasgevind het. Die onsekerheid oor Cornel se aandeel in sy broer se dood plaas die gesin onder geweldige druk. Cornel se tweelingsuster, Ragel, moet terselfdertyd haar eie weg deur die verlies vind. Die voortbestaan van Soetkloof raak al moeiliker, terwyl \u2019n bewaringsinisiatief die sukkelende plase wil opkoop.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die verhaal vra wat dit beteken om aan grond te behoort wanneer daardie grond nie meer \u2019n lewe kan onderhou nie. Dit ondersoek die uitwerking van verlies op \u2019n gesin, en kyk ook na die mens se verantwoordelikheid teenoor die natuur. Tog bly daar deurgaans \u2019n sterk bewussyn van voortgang. Die titel verwys na Genesis 8 vers 22 en herinner daaraan dat die ritme van die aarde groter is as \u2019n enkele menselewe.<\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full\"><img decoding=\"async\" width=\"325\" height=\"500\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/9781779860026_325x500.webp\" alt=\"\" class=\"wp-image-146604\" srcset=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/9781779860026_325x500.webp 325w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/9781779860026_325x500-195x300.webp 195w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/9781779860026_325x500-98x150.webp 98w\" sizes=\"(max-width: 325px) 100vw, 325px\" \/><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In haar resensie op LitNet beskryf Heilna du Plooy die boek as \u2019n intense en weldeurdagte roman wat veel meer as \u2019n ligte verhaal bied. Volgens haar word \u2019n werklike stuk geskiedenis deur die ervarings van die karakters verpersoonlik. Die roman laat die leser nadink oor wat die gebeure vir die mense van Opkoms beteken. Hierdie dieper betekenis maak die boek besonder geskik vir \u2019n radiovertolking waarin elke woord gehoor en beleef kan word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-wp-embed is-provider-litnet wp-block-embed-litnet\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"wp-embedded-content\" data-secret=\"rlk59YuCam\"><a href=\"https:\/\/www.litnet.co.za\/solank-as-die-aarde-deur-lucia-prinsloo-n-resensie\/\">Solank as die aarde deur Lucia Prinsloo: \u2019n resensie<\/a><\/blockquote><iframe class=\"wp-embedded-content\" sandbox=\"allow-scripts\" security=\"restricted\" style=\"position: absolute; visibility: hidden;\" title=\"\u201c&lt;i&gt;Solank as die aarde&lt;\/i&gt; deur Lucia Prinsloo: \u2019n resensie\u201d \u2014 LitNet\" src=\"https:\/\/www.litnet.co.za\/solank-as-die-aarde-deur-lucia-prinsloo-n-resensie\/embed\/#?secret=zZ8Lvk9oQr#?secret=rlk59YuCam\" data-secret=\"rlk59YuCam\" width=\"500\" height=\"282\" frameborder=\"0\" marginwidth=\"0\" marginheight=\"0\" scrolling=\"no\"><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Lucia se suster, Elsa Winckler, beskryf haar as \u2019n vrye gees. Sy was volgens Winckler \u2019n dromer wat ook die moed gehad het om haar drome uit te leef. Haar lewe was vol stories wat sy uit haar eie leefw\u00eareld geput en neergeskryf het.<\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-large is-resized\"><img decoding=\"async\" width=\"768\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Lucia-Prinsloo-Elsa-Winckler-2-768x1024.jpeg\" alt=\"\" class=\"wp-image-146601\" style=\"width:320px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Lucia-Prinsloo-Elsa-Winckler-2-768x1024.jpeg 768w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Lucia-Prinsloo-Elsa-Winckler-2-225x300.jpeg 225w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Lucia-Prinsloo-Elsa-Winckler-2-113x150.jpeg 113w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Lucia-Prinsloo-Elsa-Winckler-2.jpeg 867w\" sizes=\"(max-width: 768px) 100vw, 768px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Lucia Prinsloo en Elsa Winckler<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Lucia het saam met haar man, Dappie, in Jeffreysbaai gewoon. Sy was die ma van vier volwasse kinders en die ouma van ses kleinkinders. Winckler onthou veral haar suster se ligte benadering tot die lewe. Haar kenmerkende lag en haar humorsin het mense om haar geraak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die natuur was \u2018n belangrike deel van Lucia se lewe. Sy het \u2019n besondere liefde vir die berge en die wye ruimtes van die woestyn gehad. Sy het saam met haar man en kinders gestap en gekamp. Hulle het ook van die hoogste pieke van die Drakensberge aangedurf.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die eerste saadjie vir <em>Solank as die aarde<\/em> is geplant toe Lucia saam met haar suster Friena, van Eden tot by Addo gestap het. Die roete was vierhonderd kilometer lank en het oor sewe bergreekse gestrek. Hulle het dit binne drie weke voltooi. Lucia se kennis van die Kougastreek en haar belangstelling in natuurbewaring vloei gevolglik op \u2019n natuurlike manier deur die roman.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die boek is opgedra aan Lucia se broer, wat \u2019n nier aan haar geskenk het. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Winckler skryf dat die verhaal uit Lucia se eie ervaring en belewenis ontstaan het. Die roman weerspie\u00ebl daarom nie net haar verbeelding nie. Dit dra ook iets van haar persoonlike reis en haar nadenke oor voortbestaan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir De Jager was dit van die begin af belangrik dat die voorlesing soos beelde voor die luisteraar se geestesoog moes afspeel. \u201cLucia Prinsloo het \u2019n storie geskryf wat met die aanhoor van elke woord soos \u2019n film in jou gedagtes afspeel,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die keuse van die regte voorleser was daarom van groot belang. Pocock moes die verhaal van Ragel en Cornel vertel, maar ook die ander mense wat hul pad kruis geloofwaardig vertolk. Volgens De Jager het sy reeds met die eerste sin daarin geslaag om Opkoms se w\u00eareld lewe te gee. Haar deeglike voorbereiding en aanvoeling vir karakteronderskeid laat elke karakter tot sy reg kom. \u201cOpkoms is \u2019n stukkie aarde wat \u2019n stem verdien,\u201d s\u00ea De Jager.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Solank as die aarde<\/em> beloof \u2019n intieme oggendluisterervaring waarin Lucia Prinsloo se laaste roman met respek voortleef. Skakel soggens om 10:45 in op RSG en hoor hoe die mense van Soetkloof deur Saskia Pocock se stem gestalte kry.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Lucia Prinsloo se laaste roman kry \u2019n nuwe stem op RSG","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Lucia-Prinsloo-1-copy.jpeg","short-description":"Lucia Prinsloo se laaste roman kry \u2019n nuwe stem op RSG","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Lucia-Prinsloo-1-copy.jpeg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[],"class_list":["post-146597","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/146597","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=146597"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/146597\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":146606,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/146597\/revisions\/146606"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=146597"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=146597"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}