{"id":161582,"date":"2026-09-29T08:40:00","date_gmt":"2026-09-29T06:40:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=161582"},"modified":"2026-10-01T14:41:40","modified_gmt":"2026-10-01T12:41:40","slug":"hoe-veilig-is-jou-voedsel","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/hoe-veilig-is-jou-voedsel\/","title":{"rendered":"Hoe veilig is jou voedsel? Hoe pak jy \u2018n gesonde en veilige kosblik?"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kos is iets wat ons elke dag koop, voorberei en deel met die mense vir wie ons lief is, maar hoeveel weet ons regtig van wat tussen die winkelrak en ons etenstafel gebeur? Ons kyk in hierdie reeks hoe klein veranderinge in ons kombuisgewoontes kan help om kos veiliger te maak, minder te vermors en selfs geld te spaar. Ons praat hieroor met Annelien Pienaar, \u2018n voedselwetenskapdosent, skrywer en iemand wat jare se wetenskaplike kennis omskep in praktiese raad vir die alledaagse kok. Sy s\u00ea voedselveiligheid begin nie eers wanneer jy by die huis kom nie, dit begin reeds wanneer jy jou inkopiemandjie stoot &#8211; van hoe jy produkte kies, tot die volgorde waarin jy jou inkopies doen. Klein besluite kan \u2019n groot verskil maak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Episode 1: Voedselveiligheid begin by die winkel<\/strong><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-wp-embed is-provider-omny-studio wp-block-embed-omny-studio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe class=\"wp-embedded-content\" sandbox=\"allow-scripts\" security=\"restricted\" title=\"Voedselveiligheid: Dit begin by die winkel\" src=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/intussen\/voedselveiligheid-dit-begin-by-die-winkel\/embed#?secret=dfYxGsJhu6\" data-secret=\"dfYxGsJhu6\" width=\"100%\" height=\"180\" frameborder=\"0\"><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Episode 2: Voedselveiligheid: Dis nie net vir restaurante en groot kombuise nie<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kos is iets wat ons elke dag koop, voorberei en deel met die mense vir wie ons lief is, maar hoeveel weet ons regtig van wat tussen die winkelrak en ons etenstafel gebeur? Ons kyk in hierdie reeks hoe klein veranderinge in ons kombuisgewoontes kan help om kos veiliger te maak, minder te vermors en selfs geld te spaar. Ons praat hieroor met Annelien Pienaar, \u2018n voedselwetenskapdosent, skrywer en iemand wat jare se wetenskaplike kennis omskep in praktiese raad vir die alledaagse kok. In die eerste gesprek stel ons die reeks bekend, en kyk ons na hoekom voedselveiligheid nie net iets vir restaurante en groot kombuise is nie, maar iets wat in elke huis begin, by die manier waarop ons koop, b\u00eare, voorberei en kos gebruik.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-wp-embed is-provider-omny-studio wp-block-embed-omny-studio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe class=\"wp-embedded-content\" sandbox=\"allow-scripts\" security=\"restricted\" title=\"Voedselveiligheid: Dis nie net vir restaurante en groot kombuise nie\" src=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/intussen\/voedselveiligheid-dis-nie-net-vir-restaurante-en-groot-kombuise-nie\/embed#?secret=TW5SV5ngpR\" data-secret=\"TW5SV5ngpR\" width=\"100%\" height=\"180\" frameborder=\"0\"><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Episode 3: Voedselveiligheid: Die koue hart van die kombuis<\/strong><br>Ons dink dikwels aan die yskas as net \u2018n plek waar kos koud gehou word, maar volgens voedselveiligheidskenners is dit een van die belangrikste wapens teen siektes in jou huis. Ons praat met Annelien Pienaar, \u2018n voedselveiligheidskenner, skrywer en konsultant, oor die regte manier om jou yskas te gebruik. \u2019n Yskas wat te warm is, verkeerd gepak is of nie gereeld skoongemaak word nie, kan veroorsaak dat jou kos vinniger bederf. Sy verduidelik waar kos in die yskas geplaas moet word, en watter eenvoudige veranderinge die kos langer kan laat hou.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-wp-embed is-provider-omny-studio wp-block-embed-omny-studio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe class=\"wp-embedded-content\" sandbox=\"allow-scripts\" security=\"restricted\" title=\"Voedselveiligheid: Die koue hart van die kombuis\" src=\"https:\/\/omny.fm\/shows\/intussen\/voedselveiligheid-die-koue-hart-van-die-kombuis\/embed#?secret=GC79t03nKb\" data-secret=\"GC79t03nKb\" width=\"100%\" height=\"180\" frameborder=\"0\"><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Episode 4 <a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooisnitte\/voedselveiligheid-vries-slim-ontdooi-veilig\/\">Voedselveiligheid: Vries slim, ontdooi veilig<\/a><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die vrieskas is baie mense se geheime wapen teen kosvermorsing. Daardie ekstra porsie kos, die vleis wat jy op uitverkoping gekoop het, of die brood wat jy nie betyds gaan gebruik nie \u2013 die vrieskas gee kos \u2019n tweede kans. Maar daar is ook re\u00ebls. Ons gesels met Annelien Pienaar, \u2018n skrywer en voedselveiligheidskonsultant, oor hoe om reg te vries, en veral hoe om veilig te ontdooi, want hoewel vries bakterie\u00eb se groei vertraag, beteken dit nie dat enige kos vir altyd veilig bly nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-wp-embed is-provider-rsg-fm wp-block-embed-rsg-fm\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"wp-embedded-content\" data-secret=\"1PxekIm4fS\"><a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooisnitte\/voedselveiligheid-vries-slim-ontdooi-veilig\/\">Voedselveiligheid: Vries slim, ontdooi veilig<\/a><\/blockquote><iframe class=\"wp-embedded-content\" sandbox=\"allow-scripts\" security=\"restricted\" style=\"position: absolute; visibility: hidden;\" title=\"\u201cVoedselveiligheid: Vries slim, ontdooi veilig\u201d \u2014 RSG FM\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooisnitte\/voedselveiligheid-vries-slim-ontdooi-veilig\/embed\/#?secret=Y0bQYSFueq#?secret=1PxekIm4fS\" data-secret=\"1PxekIm4fS\" width=\"500\" height=\"282\" frameborder=\"0\" marginwidth=\"0\" marginheight=\"0\" scrolling=\"no\"><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Episode 5 <a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooisnitte\/voedselveiligheid-kruisbesmetting\/\">Voedselveiligheid: Kruisbesmetting<\/a><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Een van die grootste voedselveiligheidsgevare in \u2019n kombuis is iets wat jy nie altyd kan sien nie. Kruisbesmetting gebeur wanneer bakterie\u00eb van een oppervlak, kossoort of hand na \u2019n ander beweeg. Ons praat met Annelien Pienaar, \u2018n voedselveiligheidskenner, skrywer en voedselveiligheidskonsultant, oor die klein kombuisgewoontes wat groot gevolge kan h\u00ea. Van dieselfde snyplank vir rou hoender en groente, tot \u2019n lap wat vir alles gebruik word \u2013 soms is dit juis ons alledaagse gewoontes wat ons kos onveilig maak.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-wp-embed is-provider-rsg-fm wp-block-embed-rsg-fm\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"wp-embedded-content\" data-secret=\"4vRMcTofAK\"><a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooisnitte\/voedselveiligheid-kruisbesmetting\/\">Voedselveiligheid: Kruisbesmetting<\/a><\/blockquote><iframe class=\"wp-embedded-content\" sandbox=\"allow-scripts\" security=\"restricted\" style=\"position: absolute; visibility: hidden;\" title=\"\u201cVoedselveiligheid: Kruisbesmetting\u201d \u2014 RSG FM\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooisnitte\/voedselveiligheid-kruisbesmetting\/embed\/#?secret=TCDMSXySr4#?secret=4vRMcTofAK\" data-secret=\"4vRMcTofAK\" width=\"500\" height=\"282\" frameborder=\"0\" marginwidth=\"0\" marginheight=\"0\" scrolling=\"no\"><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Episode 6 <a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooisnitte\/voedselveiligheid-vleisveiligheid\/\">Voedselveiligheid: Vleisveiligheid<\/a><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vleis, hoender en vis is deel van baie Suid-Afrikaanse huise se daaglikse etes, maar dit is ook kossoorte wat ekstra versigtig hanteer moet word. Ons praat met Annelien Pienaar, \u2018n voedselveiligheidskenner, skrywer en voedselveiligheidskonsultant, oor hoe om hierdie produkte veilig te koop, b\u00eare, voorberei en gaar te maak. Die manier waarop jy vleis hanteer voordat dit op die bord beland, speel \u2019n groot rol in jou gesin se voedselveiligheid.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-wp-embed is-provider-rsg-fm wp-block-embed-rsg-fm\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"wp-embedded-content\" data-secret=\"MxrkpT5NJJ\"><a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooisnitte\/voedselveiligheid-vleisveiligheid\/\">Voedselveiligheid: Vleisveiligheid<\/a><\/blockquote><iframe class=\"wp-embedded-content\" sandbox=\"allow-scripts\" security=\"restricted\" style=\"position: absolute; visibility: hidden;\" title=\"\u201cVoedselveiligheid: Vleisveiligheid\u201d \u2014 RSG FM\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooisnitte\/voedselveiligheid-vleisveiligheid\/embed\/#?secret=Kmu3zg8Su1#?secret=MxrkpT5NJJ\" data-secret=\"MxrkpT5NJJ\" width=\"500\" height=\"282\" frameborder=\"0\" marginwidth=\"0\" marginheight=\"0\" scrolling=\"no\"><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Episode 7. <a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooisnitte\/voedselveiligheid-temperature-waar-bakteriee-floreer\/\">Voedselveiligheid: Temperature waar bakterie\u00eb floreer<\/a><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar is \u2019n onsigbare w\u00eareld rondom ons, wat \u2019n groot invloed op ons kos het \u2013 bakterie\u00eb. Hoewel ons dit nie kan sien nie, kan temperatuur bepaal of hulle vermeerder of onder beheer bly. Ons praat met Annelien Pienaar, \u2018n voedselveiligheidskenner, skrywer en voedselveiligheidskonsultant, oor die gevaarsones waar bakterie\u00eb vinnig kan groei. Van \u2019n kosblik wat te lank in die son staan, tot kos wat stadig op die kombuistoonbank afkoel \u2013 temperatuur maak saak.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-wp-embed is-provider-rsg-fm wp-block-embed-rsg-fm\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"wp-embedded-content\" data-secret=\"3a604HLgyP\"><a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooisnitte\/voedselveiligheid-temperature-waar-bakteriee-floreer\/\">Voedselveiligheid: Temperature waar bakterie\u00eb floreer<\/a><\/blockquote><iframe class=\"wp-embedded-content\" sandbox=\"allow-scripts\" security=\"restricted\" style=\"position: absolute; visibility: hidden;\" title=\"\u201cVoedselveiligheid: Temperature waar bakterie\u00eb floreer\u201d \u2014 RSG FM\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooisnitte\/voedselveiligheid-temperature-waar-bakteriee-floreer\/embed\/#?secret=865OjoE9XQ#?secret=3a604HLgyP\" data-secret=\"3a604HLgyP\" width=\"500\" height=\"282\" frameborder=\"0\" marginwidth=\"0\" marginheight=\"0\" scrolling=\"no\"><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Episode 8: <a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooisnitte\/voedselveiligheid-hoe-lank-hou-oorskiet-werklik\/\">Voedselveiligheid: Hoe lank hou oorskiet werklik?<\/a><\/strong><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-wp-embed is-provider-rsg-fm wp-block-embed-rsg-fm\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"wp-embedded-content\" data-secret=\"Pp5AFOKmr4\"><a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooisnitte\/voedselveiligheid-hoe-lank-hou-oorskiet-werklik\/\">Voedselveiligheid: Hoe lank hou oorskiet werklik?<\/a><\/blockquote><iframe class=\"wp-embedded-content\" sandbox=\"allow-scripts\" security=\"restricted\" style=\"position: absolute; visibility: hidden;\" title=\"\u201cVoedselveiligheid: Hoe lank hou oorskiet werklik?\u201d \u2014 RSG FM\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooisnitte\/voedselveiligheid-hoe-lank-hou-oorskiet-werklik\/embed\/#?secret=Q0uS8Tf2ma#?secret=Pp5AFOKmr4\" data-secret=\"Pp5AFOKmr4\" width=\"500\" height=\"282\" frameborder=\"0\" marginwidth=\"0\" marginheight=\"0\" scrolling=\"no\"><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Episode 9: Hoe pak jy \u2018n veilige en gesonde kosblik?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-wp-embed is-provider-rsg-fm wp-block-embed-rsg-fm\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"wp-embedded-content\" data-secret=\"PpRx2BKJbG\"><a href=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooisnitte\/voedselveiligheid-kosblikveiligheid\/\">Voedselveiligheid: Kosblikveiligheid<\/a><\/blockquote><iframe class=\"wp-embedded-content\" sandbox=\"allow-scripts\" security=\"restricted\" style=\"position: absolute; visibility: hidden;\" title=\"\u201cVoedselveiligheid: Kosblikveiligheid\u201d \u2014 RSG FM\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/potgooisnitte\/voedselveiligheid-kosblikveiligheid\/embed\/#?secret=mt4t30SJk1#?secret=PpRx2BKJbG\" data-secret=\"PpRx2BKJbG\" width=\"500\" height=\"282\" frameborder=\"0\" marginwidth=\"0\" marginheight=\"0\" scrolling=\"no\"><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Skakel na Annelien se webtuiste:&nbsp;&nbsp;<a href=\"https:\/\/annelienpienaar.co.za\/rsg-week-1-voedsel-veiligheid-dit-begin-by-die-winkel\/\">https:\/\/annelienpienaar.co.za\/rsg-week-1-voedsel-veiligheid-dit-begin-by-die-winkel\/<\/a>&nbsp;= EPISODE 1&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Hoe lank hou jou oorskiet werklik?","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Annelien.jpg","short-description":"Hoe lank hou jou oorskiet werklik?","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Annelien.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[417],"class_list":["post-161582","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-intussen-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/161582","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=161582"}],"version-history":[{"count":7,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/161582\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":170454,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/161582\/revisions\/170454"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=161582"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=161582"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}