{"id":167543,"date":"2026-08-26T08:47:46","date_gmt":"2026-08-26T06:47:46","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=167543"},"modified":"2026-08-26T08:50:28","modified_gmt":"2026-08-26T06:50:28","slug":"donderdagaand-dokumenter-oor-die-onsigbare-prys-van-e-rommel","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/donderdagaand-dokumenter-oor-die-onsigbare-prys-van-e-rommel\/","title":{"rendered":"Donderdagaand: Dokument\u00ear oor die onsigbare prys van e-rommel"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Die gif in jou hande: Die onsigbare prys van \u2018e-rommel\u2019<\/em> is \u2018n blik op die sogenaamde begraafplase waar ou rekenaars, selfone en ander tegnologietoestelle eindig. Hoeveel word daar werklik herwin? En watter impak het dit op die omgewing en ons gesondheid? <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Lizelle de Bruin skuif op Donderdag 27 Augustus agter die mikrofoon in vir hierdie priemende ondersoek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons almal het daardie laai vol ou selfone, kabels en toestelle wat ons lankal nie meer gebruik nie en niemand weet wat daarmee gebeur as jy dit weggooi nie. Lizelle de Bruin en Niel Roux het besluit om hulle eie kantoor skoon te maak en met \u2019n klomp ou elektroniese toestelle na \u2019n afvalfasiliteit te ry om self te gaan uitvind. In <strong>Die gif in jou hand \u2013 die onsigbare prys van e-rommel<\/strong> vra Lizelle die moeilike vrae oor hoe Suid-Afrika met elektroniese afval omgaan. En n\u00e1 vanaand se dokument\u00ear gaan jy dalk twee keer dink voordat jy daardie ou selfoon sommer in die asblik gooi.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>Het jy geweet:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>W\u00eareldwyd (en in SA) is e-rommel die afval-stroom wat die vinnigste groei<\/li>\n\n\n\n<li>In SA: omtrent 360 000 ton per jaar (party bronne reken dis nader aan 500 000)<\/li>\n\n\n\n<li>Asi\u00eb genereer die meeste e-afval (meer as 18 miljoen ton per jaar) maar herwin slegs 15% daarvan.<\/li>\n\n\n\n<li>Suid-Afrika is goed met die herwinning van papier (52%) en blikkies (63%), maar nie met e-afval nie.\u00a0<\/li>\n\n\n\n<li>Gevaarlik indien hierdie tipe afval op ashope beland, want daar kan giftige stowwe soos lood, kwik, en cadmium in die grond en grondwater beland. Informele herwinnaars stuur giftige stowwe in die lug wanneer hulle e-afval brand of met suur behandel om by die waardevolle materiale te kom<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Donderdagaand: Dokument\u00ear oor die onsigbare prys van e-rommel","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Ewaste.jpeg","short-description":"Donderdagaand: Dokument\u00ear oor die onsigbare prys van e-rommel","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Ewaste.jpeg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[403],"class_list":["post-167543","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-dokumentere"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/167543","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=167543"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/167543\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":167547,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/167543\/revisions\/167547"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=167543"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=167543"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}