{"id":169377,"date":"2026-09-14T14:59:49","date_gmt":"2026-09-14T12:59:49","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=169377"},"modified":"2026-09-14T14:59:52","modified_gmt":"2026-09-14T12:59:52","slug":"n-legendariese-stem-met-sielsdiepe-impak-magdaleen-kruger-groet-loof-die-here","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/n-legendariese-stem-met-sielsdiepe-impak-magdaleen-kruger-groet-loof-die-here\/","title":{"rendered":"\u2018n Legendariese stem met sielsdiepe impak: Magdaleen Kr\u00fcger groet Loof die Here"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">N\u00e1 jare agter die mikrofoon sal Magdaleen Kr\u00fcger op Sondag 27 September 2026 vir oulaas <em>Loof die Here<\/em> aanbied \u2013 die afsluiting van \u2018n besonderse hoofstuk in die loopbaan van een van RSG en die SAUK se mees gerespekteerde en geliefde radiostemme.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Di\u00e9 skuif volg nadat een van radio se mees bekroonde ystervroue die besluit geneem het om haar aftredejare volstoom te geniet deur te reis, by aktiwiteite betrokke te raak, te kuier en, in haar eie woorde \u201cvan tyd tot tyd sommer net niks te doen nie\u201d \u2013 dinge wat weeklikse spertye in die uitsaaiwese nie altyd toelaat nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir tallose RSG-luisteraars het Magdaleen Kr\u00fcger se stem oor die afgelope 7 jaar deel geword van die ritme van \u2019n Sondagoggend.<\/p>\n\n\n<div class=\"wp-block-image\">\n<figure class=\"aligncenter size-full is-resized\"><img fetchpriority=\"high\" decoding=\"async\" width=\"974\" height=\"984\" src=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Magdaleen-Kruger.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-169378\" style=\"aspect-ratio:0.9898584463889112;width:532px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Magdaleen-Kruger.jpg 974w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Magdaleen-Kruger-297x300.jpg 297w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Magdaleen-Kruger-148x150.jpg 148w, https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Magdaleen-Kruger-768x776.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 974px) 100vw, 974px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Magdaleen Kruger<\/figcaption><\/figure>\n<\/div>\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Loof die Here<\/em> was nooit bloot nog \u2019n musiekprogram nie. Dit was \u2019n uur van dieper konneksie, rustigheid, besinning en inspirasie. \u2019n Tuiste waar luisteraars die w\u00eareld vir \u2018n wyle buite kon laat wag, kon asemhaal, herlaai en hul week in \u2019n ander stemming begin.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As een van RSG se oudste en mees gewilde programme het <em>Loof die Here<\/em> reeds in 1972 begin uitsaai \u2013 eers as <em>Alle volke loof die Here<\/em> \u2013 met Fanie Smit wat dit vir sowat 44 jaar lank aangebied het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Magdaleen onthou dat Fanie destyds met 5 plate onder die arm na die ateljee toe is om die eerste program op te neem. Een van die plate was van Rudi Neitz en \u2018n ander een van die Stellenbosse Universiteitskoor onder leiding Philip McClachlan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wouter de Wet was daarna agter die mikrofoon van 2016 tot 2019, voordat Magdaleen die leisels oorgeneem het \u2013 eers saam met haar voltydse werk, en toe in vryskuthoedanigheid. Sy het albei haar voorgangers persoonlik geken, baie by hulle geleer en haar eie inslag bygevoeg \u2013 iets wat die program dinamies aanhou groei het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy was die geestelike genoot en anker wat met haar kenmerkende warmte, kennis van musiek en uitmuntende standaard van aanbieding die program se unieke en magnetiese karakter help vorm het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Haar afskeid van <em>Loof die Here<\/em> is egter veel meer as die einde van \u2019n aanbiedingspos. Dit is \u2019n oomblik om \u2019n werklik merkwaardige loopbaan in Afrikaanse radio te vier.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Magdaleen se loopbaan by die destydse SAUK het as nuusverslaggewer begin. Sy het onder meer as regisseur en redakteur van <em>Monitor<\/em> en <em>Spektrum<\/em> gewerk voordat sy haar ervaring verder in RSG se programme-afdeling uitgebou het. Haar loopbaan het haar deur nuus, sport, musiek, godsdiens, taal, boeke, dokument\u00eare programme en aanbieding geneem, voordat sy uiteindelik vir ongeveer 15 jaar as RSG se stasiebestuurder aan\u2019t stuur van SA se grootste Afrikaanse radiostasie gestaan het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Selfs n\u00e1 32 jaar se diens en haar aftrede as stasiebestuurder in 2021 het haar liefde vir die medium en haar passie vir inhoud wat lewens ten goede verander haar telkens agter die mikrofoon sien inskuif. Nie sommer net vir die vreugde van radio nie; <em>Loof die Here<\/em> was en is \u2018n hartsaak, \u2018n roeping \u2013 een wat sy enduit uitgeleef het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Haar impak strek ook veel verder as RSG. Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees het haar vereer vir haar lewensbydrae tot kuns en kultuur, terwyl die ATKV haar in 2025 met \u2019n Prestigetoekenning vereer het vir haar betekenisvolle bydrae tot die Afrikaanse taal en kultuur. En di\u00e9 is slegs etlike hoogtepunte uit \u2018n skitterblink rekord.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c<em>Loof die Here<\/em> is een van daardie programme wat van geslag tot geslag geluister word,\u201d s\u00ea Magdaleen, \u201cDit begin dikwels met kinders wat dit in hul ouerhuis oor die radio gehoor het en later ook hulle kinders daarna laat luister het, en so word dit \u2018n siklus, \u2018n sterk radio-tradisie wat bly voortbestaan. Dis nie tot \u2018n bepaalde ouderdomsgroep beperk nie\u2026 van jonk tot oud luister. Dit gaan oor die musiek, die atmosfeer, die bekende wysies, die gerusstelling, die gevoel van \u2018<em>it is well, it is well with my soul\u2019<\/em>.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDit was vir my &#8216;n heerlike, verkwikkende taak om elke week mooi musiek uit te soek, saam te stel en &#8216;n teks te skryf en aan te bied,\u201d s\u00ea Magdaleen. Die lekkerte was ook om soms die luisteraars aan iets nuuts bekend te stel, maar dit moes altyd &#8216;n mooi wysie h\u00ea, mooi op die oor val. Luisteraars het ook van hulle laat hoor en radiovriende geword. Wanneer ek in die publiek&nbsp;rondbeweeg het, gekuier het of funksies bygewoon het, was ek altyd verheug om te hoor hoe baie mense na die <em>Loof die Heer<\/em> luister, en hoe wyd daar na RSG geluister word. So, baie dankie aan RSG wat vir my nog n\u00e1 aftrede die kans gegee het om met musiek, &#8216;n groot liefde van my, te werk. Ek gaan dit beslis mis, maar ek sien ook uit na nuwe avonture. En ek gaan die luisteraars met wie ek &#8216;n baie mooi verhouding opgebou het, baie mis.\u201d&nbsp; &nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir RSG se huidige stasiehoof, Louise Jooste, is Magdaleen se afskeid \u2019n geleentheid om eer te betoon aan \u2018n uitsaaier wat oor baie jare heen \u2019n besonder ho\u00eb standaard gestel het:<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cMagdaleen, namens RSG wil ek jou opreg bedank vir jou jarelange toewyding, jou professionaliteit en veral die passie waarmee jy <em>Loof die Here<\/em> aangebied het. Jy het \u2019n uitstekende standaard gestel \u00e9n dit konsekwent gelewer, met respek vir die musiek, die program en die luisteraars. Ons wens jou net die beste toe vir die volgende hoofstuk, met die wete dat jy reeds meer as jou deel tot Suid-Afrika, Afrikaans en die uitsaaibedryf gelewer het. Jou bydrae sal altyd deel van RSG se geskiedenis bly.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Oktobermaand sal vervolgens ook \u2019n besonderse huldeblyk aan die ryke geskiedenis van <em>Loof die Here<\/em> wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">RSG sal \u2019n keur van hoogtepuntprogramme uitsaai wat oor die jare deur voormalige aanbieders Fanie Smit en Wouter de Wet aangebied is. Hierdie spesiale uitsendings vorm deel van RSG se viering van die program en sy kleurryke stemme, asook die viering van 90 jaar van die SAUK.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Op Sondag, 1 November 2026, sal die opwindende volgende hoofstuk vir <em>Loof Die Here<\/em> afskop, steeds met dieselfde hart, maar met \u2018n blinknuwe aanbieder wat binnekort bekend gemaak sal word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis \u2018n nuwe era vir <em>Loof Die Heer<\/em>, gebou op \u2018n hoeksteen van meer as 5 dekades diep, danksy mense soos Magdaleen Kruger. Iemand wat met trots \u2018n buiging kan maak met \u2018n merkwaardige 37 jaar-loopbaan in uitsaaiwese&#8230; en \u2018n hart, \u2018n stem, \u2018n werksetiket, passie en kragtige nalatenskap wat altyd deel sal bly van die verhaal van RSG en Afrikaanse radio.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Laai die nuwe <strong>RSG\u2011app<\/strong> af, volg die stasie op sosiale media, of besoek die webblad vir meer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>|EINDE<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>MEER OOR RSG:<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">RSG is Suid-Afrika se grootste Afrikaanse radiostasie en deel van die SABC. Die stasie bedien meer as \u2019n miljoen luisteraars daagliks met nuus, aktualiteit, kultuur, musiek, vermaak en bekroonde radiodramas. RSG is \u2019n tuiste vir Afrikaanse stories, klanke en gemeenskappe, en verbind luisteraars landwyd deur inhoud wat geloofwaardig, inspirerend en relevant is. Met \u2019n sterk digitale teenwoordigheid, potgooie, buiteluguitsendings en \u2019n diverse programaanbod, bly RSG \u2019n kernpilaar van die Afrikaanse medialandskap.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"\u2018n Legendariese stem met sielsdiepe impak: Magdaleen Kr\u00fcger groet Loof die Here","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/MK.jpg","short-description":"\u2018n Legendariese stem met sielsdiepe impak: Magdaleen Kr\u00fcger groet Loof die Here","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/Magdaleen-Kruger.jpg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[],"class_list":["post-169377","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/169377","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=169377"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/169377\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":169380,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/169377\/revisions\/169380"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=169377"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=169377"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}