{"id":169506,"date":"2026-09-16T10:27:22","date_gmt":"2026-09-16T08:27:22","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=169506"},"modified":"2026-09-16T10:36:22","modified_gmt":"2026-09-16T08:36:22","slug":"misdaadriller-rsg-se-nuwe-boekvoorlesing-vir-die-laataand","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/misdaadriller-rsg-se-nuwe-boekvoorlesing-vir-die-laataand\/","title":{"rendered":"Misdaadriller RSG se nuwe boekvoorlesing vir die laataand"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Op Donderdag 17 September begin \u2018n nuwe laataandboekvoorlesing op RSG met &nbsp;Susanne Beyers wat P.P. Fourie se jongste boek, <em>Die dood van Rachel April<\/em> voorlees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is Fourie se tweede misdaadriller n\u00e1 <em>Ons Skulde<\/em> wat in 2023 verskyn het. Sy eerste roman, <em>\u2019n Hart is so groot soos \u2019n vuis<\/em> (2021) is as nommer 83 op <em>Rapport<\/em> se lys van die 100 beste boeke in Afrikaans aangewys.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Die dood van Rachel April<\/em> is \u2019n verhaal wat \u2019n mens reeds in die eerste hoofstuk met sy intrige aangryp en jou end-uit laat saam wonder waarom Rachel April, \u2019n joernalis en meestersgraadstudent in Bloemfontein, se lewe kortgeknip is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Rachel se lyk word gevind met \u2019n eienaardige steekwond in haar hart. Haar vriendin en medestudent Lesea du Plessis belowe Rachel se dogtertjie dat sy sal uitvind wie haar ma vermoor het. Lesea begin dus op haar eie ondersoek instel, en raak gou verstrengel in \u2019n historiese raaisel wat ook h\u00e1\u00e1r lewe in gevaar stel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die boek slaag beslis as misdaadroman. Maar die skrywer sluit ook allerlei ander temas by die boeiende storielyn in: daar is fassinerende brokkies Vryheidsoorlog-geskiedenis, verlore Van Gogh-skilderye, \u2019n speurtog deur Europa \u00e9n die vraag na waar \u2019n mens nou eintlik in die huidige Suid-Afrika hoort as jou velkleur en kulturele agtergrond nie heeltemal strook nie. \u00a0Lesea is \u2019n bruin vrou wat in \u2019n wit gesin grootgeword het, en haar hele lewe lank onseker is oor waar sy inpas. Uiteindelik \u00a0poog Lesea om meer as net Rachel se moord op te los \u2013 sy probeer die geheim oor haar eie herkoms ontrafel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">P.P. Fourie se deeglike navorsing en meesterlike vermo\u00eb om werklike historiese gegewens met fiksie te verweef sorg vir \u2019n uiters geloofwaardige en meesleurende vertelling. Hierdie boek herinner \u2018n mens daaraan dat die koloniale gebeure van 125 jaar gelede, sowel as die Apartheidsera, steeds \u2019n impak op die hede het. En ook dat elke familie die wandade in sy eie verlede probeer draagliker maak deur die manier waarop di\u00e9 verhale deur generasies heen oorvertel word \u2013 soms deur die sondes van die vaders te versag, of dit selfs te verswyg. &nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Fourie is \u2019n dosent in Politieke Wetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Skakel vanaf 17 September op weeksaande net n\u00e1 die 21:00-nuus in vir die nuwe laataandboekvoorlesing op RSG. Geen potgooie is beskikbaar nie.\u00a0<br><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit blyk dat Rachel tydens \u2019n internskap by die Anglo-Boereoorlogmuseum iets belangriks ontdek het. Maar wat kan dit wees?<br>Gou raak dit duidelik iemand wil keer dat Lesea en haar aanneemboetie die waarheid oor Rachel se moord ontbloot. En nou is hulle self in doodsgevaar.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Misdaadriller RSG se nuwe boekvoorlesing vir die laataand","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/103314.png","short-description":"Misdaadriller RSG se nuwe boekvoorlesing vir die laataand","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/103314.png"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[434],"class_list":["post-169506","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-boeke-temas"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/169506","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=169506"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/169506\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":169535,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/169506\/revisions\/169535"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=169506"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=169506"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}