{"id":169809,"date":"2026-09-21T15:35:39","date_gmt":"2026-09-21T13:35:39","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=rsg-nou&#038;p=169809"},"modified":"2026-09-21T16:00:34","modified_gmt":"2026-09-21T14:00:34","slug":"1e-drama-van-ons-nuwe-seisoen-joshlin-smith-radiodrama-konfronteer-kinderverdwyning-kollektiewe-gewete-en-verantwoordelikheid-op-rsg","status":"publish","type":"rsg-nou","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nou\/1e-drama-van-ons-nuwe-seisoen-joshlin-smith-radiodrama-konfronteer-kinderverdwyning-kollektiewe-gewete-en-verantwoordelikheid-op-rsg\/","title":{"rendered":"1e Drama van ons nuwe seisoen: Joshlin Smith radiodrama konfronteer kinderverdwyning, kollektiewe gewete en verantwoordelikheid op RSG"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Missing Children SA verdwyn een kind elke vyf uur in Suid-Afrika. 77% van kinders wat as vermis aangemeld word, word gekry, maar 23% word \u00f2f nooit gevind nie, \u00f2f in kinderhandel gebruik, \u00f2f sterf.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die verdwyning van Joshlin Smith het die land diep geruk &#8211; nie net oor die misterie nie, maar oor die skokkende moontlikheid dat \u2019n kind deur diegene wat haar moes beskerm, verraai kan word. Hierdie werklikheid vorm die hartklop van RSG se nuwe radiodrama, <em>Joshlin \u2013 meer as \u2019n naam<\/em>, wat op 1 Oktober om 20:00 begin.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die drama, geskryf deur Herschelle Benjamin en vir radio verwerk deur Henri\u00ebtta Gryffenberg, kyk verder as die opslae. Dit vra die vraag wat elke Suid-Afrikaner moet beantwoord: \u201c<em>Wat doen ons om die kind in ons straat veilig te hou?\u201d<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>In&nbsp;Joshlin \u2013 meer as \u2019n naam<\/em>&nbsp;word \u2019n ma, Kendra Jacobs, gekonfronteer met die verdwyning van haar elfjarige seun, Isaac tydens \u2018n hofsaak wat in die kollektiewe gewete aangehoor word. In hierdie vreemde hofsaal van publieke opinie en oordeel is daar \u2019n groep kinders wat soos \u2019n&nbsp;spookagtige koor uit \u2019n tussenw\u00eareld&nbsp;die verrigtinge bywoon. Joshlin se opspraakwekkende verhaal dreig egter om die verrigtinge te ontspoor, want almal wil steeds weet wat van Joshlin geword het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Teen die agtergrond van \u2019n gemeenskap wat vinnig oordeel, word die verhaal ook \u2019n ondersoek na die vele vorme van kinderuitbuiting en mensehandel, en na hoe maklik \u2019n vermiste kind se verhaal deur sensasie en openbare verontwaardiging oorgeneem kan word.&nbsp;<em>Joshlin \u2013 meer as \u2019n naam<\/em>&nbsp;is uiteindelik \u2019n verhaal oor kinders wat verdwyn, die mense wat na hulle soek, en die vraag hoeveel van ons almal verantwoordelikheid dra vir die veiligheid van \u2019n kind.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Regisseur Johan Rademan beskryf hierdie werk as deel van \u2019n kreatiewe nalatenskap wat terugstrek na sy werk met ikoniese tekste soos <em>Die kind is nie dood<\/em> en <em>Kanna hy k\u00f4 hystoe<\/em>. Hy s\u00ea die drama sluit aan by \u2019n generasie kunstenaars wat deur dekades heen die stemme van kinders, gemarginaliseerde mense en uitgelewerde gemeenskappe op die luggolwe laat leef. Vir hom is Joshlin \u2019n voortsetting van daardie stryd, \u2019n herinnering dat die veiligheid van \u2019n kind nooit net \u2019n privaat saak is nie, maar \u2019n kollektiewe verantwoordelikheid.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Rademan beklemtoon dat Herschelle Benjamin se teks \u201cfyn en slim gestruktureer\u201d is, en dat Henri\u00ebtta Gryffenberg se verwerking vir radio die stuk \u2019n aangrypende nuwe dimensie gee. Sy benut die medium se intimiteit en skep \u2019n magiese realisme waarin Ingrid Jonker se <em>Die kind<\/em> soos mis oor die Weskus deur die verhaal verweef word &#8211; \u2019n po\u00ebtiese, maar skerp herinnering aan die kwesbaarheid van kinders. Die kinderkoor, die klankw\u00eareld en die spel skep saam \u2019n atmosfeer waarin die luisteraar nie kan wegkyk nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir Rademan is die drama \u2019n direkte oproep tot aanspreeklikheid: \u2018n konfrontasie met die vraag hoeveel ons werklik doen om kinders te beskerm. \u201cJoshlin is meer as \u2019n naam,\u201d s\u00ea hy. \u201cSy is elke kind, en elke kind verdien \u2019n gemeenskap wat nie wegkyk nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat akteurs betref, vra <em>Joshlin<\/em> iets anders, die humor van \u2018n ou Tantetjie, Zenobia Kloppers. Die slegtes en goeies in n gemeenskap, vertolk deur verhoog en sepiesterre, Dean Balie, Denver Vraagom, Veronique Jephtas, Miche van Wyk en Kay Smith.\u00a0<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Kendra<\/em> en die 4 kinders moet inskakel by gesoute radiospelers met hul vuurdoop debute by die mikrofoon in \u2018n radiodrama-ateljee.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Baie spesiale aspek van hierdie produksie is dat verskeie spelers hul oorsprong het in die Proscenium\u2011program, \u2019n internasionaal-erkende ontwikkelingsplatform vir jong akteurs. In di\u00e9 drama word hulle \u00earens langs die pad kinders wat jou uitdaag, konfronteer en emosioneel geroer agterlaat.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Adri-Jo Waterboer se spel, waaraan \u2018n groot gedeelte van <em>Joshlin \u2013 meer as \u2018n naam<\/em> se sukses hang, lewer voortreflike en treffende werk. Bronwyn Damon, Bronwynne Neer, Chriswill Kotze en Leighmen Marshall se skole en tersi\u00ebre inrigtings moet hulle in watte toedraai. Hulle begryp, verstaan en vertolk uitmuntend.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2018n Drama soos di\u00e9 vereis ook \u2018n klankbaan met weldeurdagte emosie en gravitas. Louis van Rensburg het sy deel met Kanna gedoen, maar wie sou opstaan vir Joshlin en al die verlore kinders van die wereld? Niemand anders as Frazer Barry, wat ook musiek in die verhoogproduksie beskikbaar gestel het. Hy haak die knoop deur en lewer n skitterklankbaan, plek-plek ondersteun deur Jolyn Phillips, wat jou koue rillings sal gee.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Rademan s\u00ea dat min dramas s\u00f3 diep aangrypend is, selfs vanuit die regisseurstoel: \u201cJy kom gekneus, gewond en amper geestelik afgetakel aan die ander kant uit, met een van die kragtigste relevante en toepaslikste dramas van ons tyd in Afrikaans.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Joshlin \u2013 meer as \u2019n naam<\/em> word op Donderdag 1 Oktober 2026 om 20:00 op RSG uitgesaai.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","meta":{"_acf_changed":false,"title":"Joshlin Smith radiodrama konfronteer kinderverdwyning, kollektiewe gewete en verantwoordelikheid op RSG","cover-image":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/missing.jpeg","short-description":"Joshlin Smith radiodrama konfronteer kinderverdwyning, kollektiewe gewete en verantwoordelikheid op RSG","image-gallery":["https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-content\/uploads\/2026\/09\/kindstapweg.jpeg"],"featured":"false","comment-feature":"false","main-featured":"false"},"rsg-nou-kategorie":[414],"class_list":["post-169809","rsg-nou","type-rsg-nou","status-publish","hentry","rsg-nou-kategorie-radioteater-programme"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/169809","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/rsg-nou"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=169809"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/169809\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":169821,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou\/169809\/revisions\/169821"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=169809"}],"wp:term":[{"taxonomy":"rsg-nou-kategorie","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/rsg-nou-kategorie?post=169809"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}